BRIL LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Similar documents
Teks van die Week: Psalm 77: 8 10, 12 13

Inhoudsopgawe. Met God in pas. Leef in God se liefde. Jesus se laaste opdrag. Bewerker van wonderdade. In donker tye. n Tyd vir stilword

Vier seisoene kind (Afrikaans Edition)

I bruise easily, So be gentle when you re handle me

BASIC EMOTIONS IN TSHIVENDA: A COGNITIVE SEMANTIC ANALYSIS MATODZI REBECCA RAPHALALANI

Konsepvraestel Sample Paper

Ondersoek vier verskillende style in musiek *

THE HARMONISCHE SEELENLUST (1733) BY G.F. KAUFFMANN ( ): A CRITICAL STUDY OF HIS ORGAN REGISTRATION INDICATIONS. by Theodore Justin van Wyk

Improvisation through Dalcrozeinspired activities in beginner student jazz ensembles: A hermeneutic phenomenology

AB BLOKFLUIT / RECORDER

Trying to conform? Livestock conditions a key world issue, says FAO. Men s Fashion. Women s Fashion

Woordfees 2018 Skrywersfees

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 DRAMATIC ARTS

EKSAMENAFBAKENING GRAAD 4 - NOVEMBER x Tafels. Kwartaal 4

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Category 5: Speech and Drama

AP - ORKESTE / ORCHESTRAS

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT

O'REILLY. hulle het die fasiliteite om die band weer skoon te maak. We sent the tapes with regard to which no significant

AP - ORKESTE / ORCHESTRAS

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

Wiskunde Geletterdheid Graad 11 Vraestelle En Memo

1988: 170). Die narratiewe verklaring verduidelik dan "hoekom" 'n situasie of 161).

Navorsings- en oorsigartikels / Research and review articles

Die Eiland: 'n Distopiese Jeugroman (Eilandserie Book 1) (Afrikaans Edition) By Jen Minkman

GRAAD 12 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

GRADE 12 LEARNER SUPPORT PROGRAMME

GRAAD 4 TWEEDE KWARTAAL TOETSREEKS DINSDAG, 28 MEI - WOENSDAG 12 JUNIE 2013

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DIE ROL VAN DIE TAALWETENSKAP IN DIE ONTWIKKELING VAN DIE LITERATUURWETENSKAP

Die impak van mise-en-shot op die interpretasie van oudiobeskryfde film

INSTRUMENTAAL AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

HIDDEN MARKOV MODELS FOR TOOL WEAR MONITORING IN TURNING OPERATIONS

KEHS : GRADE 8 TEXT BOOKS 2017 NAME OF CHILD SUBJECT TEXT BOOK PRICE QTY AMOUNT INCLUDED

AN RFBAND-WIOTH SWITCH FOR MULTIMEDIA TRANSMISSION

Editors Note. Xoxo Jessica

LAERSKOOL KOOS SADIE PRIMARY SCHOOL DEMARCATION / WERKSAFBAKENING JUNE / JUNIE 2018 EXAM / EKSAMEN GRADE / GRAAD 5 NST / NWT

Igo Graad 10 Vraestelle

EXAMINATION BOOKLET JUNE 2018

Theological Bibliography

Abraham Lincoln het gesê: Op die ou einde is dit nie die jare in jou lewe wat tel nie, maar die lewe in jou jare.

SUBNUUS CHANG CHRONICLES THE CHANGES IN CHINA SINCE 1929 CULTURAL REVOLUTION, VISITS HER MOTHER CHANG WITH NOTEBOOK BACK IN THE

Taal as ingang tot die wêreld: reis, verbeelding, herinnering en identiteit na aanleiding van Breytenbach se A Veil of Footsteps

6 tenses. 6 tijden mix. Present Simple Past Simple Present Continuous Past Continuous Present Perfect Past Perfect

Die elemente van drama in sosiale en kulturele gebeurtenisse ondersoek

Humor in kinderverhale in die tersiêre en intermediêre fases van taalonderwys

GRAAD 12 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

KABARET AS SOSIALE EN POLITIEKE KOMMENTAAR: N ONTLEDING VAN DIE AANWENDING VAN DIE KOMIESE, SATIRE EN PARODIE

GRADE 12 SEPTEMBER 2014 DANCE STUDIES

PSALM-LIKE TEXTS IN AFRICAN CULTURE : A PEDI PERSPECTIVE

VOORBEELDE VAN FORMELE ASSESSERINGSTAKE

Laat waai met jou gawes

Departement Filosofie Universiteit van die Vrystaat Bloemfontein

HARVEST CHRISTIAN SCHOOL TERM AND ASSESSMENT PLAN 2019 TERM 1 GRADE 5

flying free Palissander 25-year celebration gala concerts 16 September 19:30 17 September 15:00 8 October 15:00

Musiek kan my teken : klanke, voëlgeluide en musiek in die digkuns van Lina Spies

DIE INTERPRETASIE VAN CHARLES E. IVES SE CONCORD SONATE VOLGENS SY ESSAYS BEFORE A SONATA

5,1. Spreekbeurt door een scholier 1600 woorden 27 december keer beoordeeld. Introduction

Vlak2 Hoe toetsonsvirdsk s in Christene?

vragen en ontkenningen

In Verkenning van postmodernisme en In ekskurs op Daniel 7-12

Die Eiland: 'n Distopiese Jeugroman (Eilandserie Book 1) (Afrikaans Edition) By Jen Minkman

Die interpretasie en uitvoering van Stefans Grove se Afrika Hymnus 11

Anderbereddering: Met Adorno by die hartslag van die postmoderne intellek

University of Pretoria Yearbook Total credits 480 Contact Prof AF Johnson +27 (0)

Oor die Estetika van Kos en die Kookkuns 1

This Month at Christison Rare Books. Newsletter 145. Afrikaans

Samenvatting door Sietske 3062 woorden 4 augustus keer beoordeeld. 3A The world of work

Membraan, dialoog, Ians - Bakhtin/Venter

INSTRUMENTAAL AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

THE ROLE OF MUSIC, PERFORMING ARTISTS AND COMPOSERS IN GERMAN-CONTROLLED CONCENTRATION CAMPS AND GHETTOS DURING WORLD WAR II WILLEM ANDRE TOERIEN

INSTRUCTIONS TO AUTHORS:ACTA THEOLOGICA. 1. Acta Theologica is an accredited South African journal publishing independently refereed

Manifesto for Agile Software Development

Stars FILE 7 STARS KGT 2

* The comprehensive nature of the material which tends to make such courses too

DIE VERBAND TUSSEN AGGRESSIE EN HOUDING TEENOOR VERSKILLENDE MUSIEKGENRES BY STUDENTE. deur. Mianda Erasmus

Analysing Ranking Algorithms and Publication Trends on Scholarly Citation Networks

Filosofie en die skrifkultuur 1

WATTS. (drukwerk / hardcopy courtesy ZS6BAQ)

JUNE 2018 Helderberg Branch YOUR COMMITTEE FOR 2018

Redaksioneel Wat woorde beteken: n Voorwoord

South African Theological Bibliography Suid-Afrikaanse Teologiese Bibliografie

n Kritiese ondersoek na die funksie van biomusikologiese gegewens in Wilken Calitz se 2092: God van Klank

LAAT-STYL BY J. S. BACH EN BEETHOVEN AAN DIE HAND VAN DIE GOLDBERG EN DIABELLI VARIASIES ANNE FRANÇOISE LAMONT

EVERS LEAVE A TRAIL EVERS LAAT N SPOOR NA

SASMT Tygerberg presents. The. Hubert van der Spuy. National Music Competition. Entry Form September Hugo Lambrechts Music Centre

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

OSM Openingskonsert 2016 met Stefan Temmingh (blokfluit), Erik Dippenaar (klavesimbel) & die OSM Camerata olv Xavier Cloete ODEION 18 Maart :30

THE AUTONOMY OF CULTURE: A CULTURAL- PHILOSOPHICAL ANALYSIS

Term 2: Analysis of Famous Paintings Term 3: Sculpture :- Introduction to sculpture, - 5 sculptures*

A performance basedresearch

Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over

Kabaret in Suid-Afrika: Kabarett of Cabaret?

Die Wit Boesman (Afrikaans Edition) By Peter Stark

Hoërskool Brackenfell High School Gr. 9 Studiegids/Study Guide November 2016

Afrikaans Handbook And Study Guide Free Download

Die onderrig van millenniërs in die Afrikaans-klaskamer: Humormateriaal as onderrigstrategie

Transcription:

BRIL LEIERSGIDS Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel: 082 838 3298 E-pos: emmausinfo@mweb.co.za Webtuiste: www.emmaussentrum.co.za Finale Redakteurs Anriëtte de Ridder, Elzanne van der Westhuizen Ontwerp en uitleg Gerda van Zyl www.creativesquare.co.za

1 BRIL LEIERSGIDS INHOUDSOPGAWE Samestelling van Programme 2 Program 1 3 5 Program 2 6 9 Program 3 10 12 Program 4 13 15 Program 5 16 19 Program 6 20 23

2 SAMESTELLING VAN PROGRAMME LOGIN Aanknopingsvraag om kleingroepsbespreking aan die gang te sit. AANLYN Vrae vir verdere kleingroepsbespreking oor die onderwerp. NEUTEDOP Opsomming van die kernidee van die program. WOORD EN VRAE Ekstra tekste en vrae rakende die onderwerp. Hierdie tekste kan deel uitmaak van die kleingroepbyeenkoms of by die huis deurgewerk word in stiltetyd. @HOME Iets vir die tieners om by die huis te doen. BUITE DIE BOKS n Uitdaging vir die week. SOEKENJIN Ekstra inligting vanuit ander bronne, bv. boeke en die web. Hierdie inligting kan ook tydens die kleingroepbyeenkoms of by die huis in stiltetyd gebruik word. MY SPACE In hierdie spasie kan tieners die geestelike dissipline van joernaal-skryf inoefen. Afhangende van die les, kan dit ook tydens die kleingroepbyeenkoms of by die huis gebruik word. GEBED n Gebed vir gebruik tydens die kleingroepbyeenkoms of by die huis. GRENSLOOS Ander media, bv. films en musiek, wat kan gebruik word as verdere vaslegging van die tema.

3 LEIERSGIDS BRIL PROGRAM 1 N NUWE BRIL TEMA EN DOEL VAN PROGRAM Hierdie reeks is geskoei op die NGK se Seisoen van menswaardigheid se fokusse, naamlik Respek, Luister, Liefde en Omarming. Die eerste program is n instelling van ons oë om met hierdie waardes te begin kyk na ander mense. Hierdie program se kernfokus is rassisme en alle ander ismes waarmee ons ander mense in n negatiewe lig plaas. LOGIN Watter woord dink jy sal mense gebruik om jou mee te beskryf? AANLYN Met watter bril kyk ons na mense, m.a.w. hoe oordeel ons mense? Bv. Rasse, rykdom, gelowe, persoonlikhede, seksuele oriëntasie, ouderdom, geslag, musieksmaak, kultuur, ens. Noem voorbeelde. Hoe dink jy voel mense of groepe wat ge- label word? Hoekom is dit verkeerd om mense te label? Stuur die gesprek na die feit dat ons onsself hoër ag as die mense wat ons label en daarom voel ons ons het die reg om dit te doen. Lees en bespreek 1 Samuel 16:7 Hoe verwag God moet ons na mense kyk? Wat maak dit moeilik? Wat maak dit moontlik? Lees en bespreek Johannes 4:1-14 (veral vers 9), 27-30, 40-42 Hoekom was die vrou verbaas dat Jesus met haar gesels? Watter vooroordele het bestaan teenoor vroue en Samaritane? Hoe behandel Jesus die vrou? Watter grense steek Hy oor om met haar te gesels? Watter grense bestaan vandag? As Jesus niemand veroordeel het of ander mense in boksies gesit het nie hoekom doen ons dit? Hoe dink jy oor mense wat anders is as jy? Watter bril dra jy? Wat moet jy verander? NEUTEDOP Ons sien selde ons eie bril van vooroordele raak, in n wêreld waar rassisme, klassisme, seksisme en homofobie baie keer aanvaarbaar en selfs die norm is, word ons uitgedaag om anders te kyk soos Jesus en aan alle mense ewe veel liefde te bewys. SOEKENJIN Web: Google: racism en lees Handelinge 10:1-36

4 Google: Samaritan woman at the well Youtube: woman at the well lalaland481 Youtube: Kleurblind Bouwer Bosch Youtube: God glasses Youtube: Coca-Cola Rainbow Nation Boeke: Who are We to Judge? Dave Swavely BUITE DIE BOKS Die beste manier om vooroordele te oorkom is om mense persoonlik te leer ken uit daardie groep waarteen jy diskrimineer. Gesels hierdie week met iemand uit n ander agtergrond, ras of kultuur, of iemand wat anders dink of glo. Stel belang en probeer doelbewus om met n Jesus-bril na hulle te kyk. @HOME Gaan maak n lysie by die huis van mense wat jy al voorheen ge- judge het. Kyk of jy iets goeds van elkeen kan skryf. Probeer hierdie week daardie eienskappe in hulle raaksien, of selfs nuwe goeie eienskappe wat daardie persone mag hê, te ontdek. WOORD EN VRAE Handelinge 10:1-35 (veral verse 28, 34-35) Hoe sal jy hierdie verhaal op jou lewe van toepassing kan maak? Is daar mense teenoor wie jy jou houding moet verander? Romeine 3:9-12 Is mense regtig gelyk? In watter opsig is alle mense gelyk volgens hierdie verse? Hoe raak dit jou? 1 Samuel 16:1-13 Lees die hele verhaal van Dawid se salwing as koning. Wat vertel dit vir jou oor jou eie vooroordele? Wat sê dit vir jou oor hoe God oor JOU dink? MY SPACE Ek moet my houding teenoor ander mense verander en n nuwe bril opsit. Wat is die grootste verandering wat in myself moet plaasvind? Maak n akroniem vir die woord Bril wat jou herinner om anders na mense te kyk: B R I L GEBED Vra die Here vir n nuwe bril

5 Om jou te help om ander mense deur God se oë te sien. Vra God om jou te wys wat Hy in hulle sien. Vra God om jou te wys wat ander in jou raaksien. GRENSLOOS Hoor jy die Volke Folgende Hoor jy die volke juig van n Man Hy t sonde verslaan en sy heiligheid skyn Tot in die donkerste plekke van nood Waar ons Hom sal volg en sy Naam sal getuig Kom nou sy kinders, vloei na sy troon Ons Vader is hier en sy liefde oorstroom Tot in ons strate die duisternis in Waar hartseer en pyn in sy vryheid sal sing U het U Seun gestuur en ons vrygemaak U het opgestaan, opgestaan vir ons Dan sal ek juig my God Met my hele hart en siel Sal ek leef vir U, leef vir U alleen Kan jy jou verbeel hoe die hemel gaan lyk waar alle volke, rasse, tale, ouderdomme die Here saam loof? Hoe kan jy die hemel aarde toe bring deur jou dade? Me, Earl and the Dying Girl Greg se ma dwing hom om vriende te maak met n meisie wat hy op n tyd geken het. Sy is pas met leukemia gediagnoseer en Greg word uitgedaag om met nuwe oë na haar en haar siekte te kyk. Hoe kyk jy na ander mense wat anders is as jy? Kan jy dink aan n geleentheid toe jy iemand beter leer ken het wat daartoe gelei het dat jou siening oor hulle heeltemal verander het?