Redaksioneel Wat woorde beteken: n Voorwoord

Similar documents
Teks van die Week: Psalm 77: 8 10, 12 13

Vier seisoene kind (Afrikaans Edition)

BASIC EMOTIONS IN TSHIVENDA: A COGNITIVE SEMANTIC ANALYSIS MATODZI REBECCA RAPHALALANI

Taal as ingang tot die wêreld: reis, verbeelding, herinnering en identiteit na aanleiding van Breytenbach se A Veil of Footsteps

Vlae tussen woorde as poëtikale spilpunte in nege landskappe van ons tye bemaak aan n beminde en die windvanger van Breyten Breytenbach

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Ondersoek vier verskillende style in musiek *

Trying to conform? Livestock conditions a key world issue, says FAO. Men s Fashion. Women s Fashion

Inhoudsopgawe. Met God in pas. Leef in God se liefde. Jesus se laaste opdrag. Bewerker van wonderdade. In donker tye. n Tyd vir stilword

AB BLOKFLUIT / RECORDER

Konsepvraestel Sample Paper

Die Eiland: 'n Distopiese Jeugroman (Eilandserie Book 1) (Afrikaans Edition) By Jen Minkman

Die taal asyn aan die lippe : n oorsig van Breyten Breytenbach se poësie-oeuvre

AP - ORKESTE / ORCHESTRAS

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over

Die leser in Breyten Breytenbach se tronkpoësie

DIE ROL VAN DIE TAALWETENSKAP IN DIE ONTWIKKELING VAN DIE LITERATUURWETENSKAP

AP - ORKESTE / ORCHESTRAS

Die desentralisasie van die subjek : 'n post- strukturalistiese beskouing van Breyten Breytenbach se die ysterkoei moet sweet en ("YK").

In Verkenning van postmodernisme en In ekskurs op Daniel 7-12

Theological Bibliography

Travelling towards an Identity as skeppende beginsel in die nuwe Breytenbach-tekste

BRIL LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Die Eiland: 'n Distopiese Jeugroman (Eilandserie Book 1) (Afrikaans Edition) By Jen Minkman

I bruise easily, So be gentle when you re handle me

Om saam te vat: dit is 'n bundel wat opgebou is rondom 'n ek, 'n ek wat in verskillende gedaantes en houdinge skuilgaan. En in die meeste gedigte is

Category 5: Speech and Drama

mimesis as voorwaarde vir betrokkenheid in die poësie van Antjie Krog

THE HARMONISCHE SEELENLUST (1733) BY G.F. KAUFFMANN ( ): A CRITICAL STUDY OF HIS ORGAN REGISTRATION INDICATIONS. by Theodore Justin van Wyk

O'REILLY. hulle het die fasiliteite om die band weer skoon te maak. We sent the tapes with regard to which no significant

Navorsings- en oorsigartikels / Research and review articles

EKSAMENAFBAKENING GRAAD 4 - NOVEMBER x Tafels. Kwartaal 4

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 DRAMATIC ARTS

Improvisation through Dalcrozeinspired activities in beginner student jazz ensembles: A hermeneutic phenomenology

LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT

Die impak van mise-en-shot op die interpretasie van oudiobeskryfde film

DIE INTERPRETASIE VAN CHARLES E. IVES SE CONCORD SONATE VOLGENS SY ESSAYS BEFORE A SONATA

Departement Filosofie Universiteit van die Vrystaat Bloemfontein

n Ondersoek na die kunstenaarskap in Die swye van Mario Salviati binne die konteks van die magiese realisme

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Membraan, dialoog, Ians - Bakhtin/Venter

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

Kabaret in Suid-Afrika: Kabarett of Cabaret?

DEUR DIE SLEUTELGAT. 'N ONDERSOEK NA DIE VOYEURISTIESE ELEMENTE IN DIE POESIE VAN JOHANN DE LANGE CHRISTIAAN THEODORUS KEMP

Marilet Sienaert n Aspek van intertekstualiteit in die poësie van Breytenbach: Francois Villon en die Middeleeuse Franse literêre tradisie.

2 TONALITEIT AS RELATIEWE BEGRIP. 2.1 Inleiding

6 tenses. 6 tijden mix. Present Simple Past Simple Present Continuous Past Continuous Present Perfect Past Perfect

GRADE 12 LEARNER SUPPORT PROGRAMME

GRAAD 12 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Woordfees 2018 Skrywersfees

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

KABARET AS SOSIALE EN POLITIEKE KOMMENTAAR: N ONTLEDING VAN DIE AANWENDING VAN DIE KOMIESE, SATIRE EN PARODIE

Oor die Estetika van Kos en die Kookkuns 1

INSTRUMENTAAL AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

University of Cape Town

Die karnavalisering van geskiedskrywing in die roman Sirkusboere. Marsha Bernely Luané Barnes BRNMAR063

vragen en ontkenningen

Filosofie en die skrifkultuur 1

HOOFSTUK 4 DIE IMPLEMENTERING VAN DIE KARIKATUUR IN DIE LITERATUUR

LAAT-STYL BY J. S. BACH EN BEETHOVEN AAN DIE HAND VAN DIE GOLDBERG EN DIABELLI VARIASIES ANNE FRANÇOISE LAMONT

1988: 170). Die narratiewe verklaring verduidelik dan "hoekom" 'n situasie of 161).

HIDDEN MARKOV MODELS FOR TOOL WEAR MONITORING IN TURNING OPERATIONS

EXAMINATION BOOKLET JUNE 2018

THE ROLE OF MUSIC, PERFORMING ARTISTS AND COMPOSERS IN GERMAN-CONTROLLED CONCENTRATION CAMPS AND GHETTOS DURING WORLD WAR II WILLEM ANDRE TOERIEN

Die laaste skrywer binne die estetiese reaksie teen modemiteit waarby ek stilstaan, is die Franse

André P. Brink (29/5/1935-6/2/2015)

PARADIGMATIESE VERSKUIWINGS IN DIE SUID-AFRIKAANSE KUNSGESKIEDSKRYWING

Wiskunde Geletterdheid Graad 11 Vraestelle En Memo

Musiek kan my teken : klanke, voëlgeluide en musiek in die digkuns van Lina Spies

KONFERENSIEVERSLAG : "TEN DENSE VAN TAGTIG; TEORIEE EN PRAKTYKE IN DIE KUNSGESKIEDENIS" (RGN, 7 OKTOBER 1989)

Humor in kinderverhale in die tersiêre en intermediêre fases van taalonderwys

PSALM-LIKE TEXTS IN AFRICAN CULTURE : A PEDI PERSPECTIVE

n Kritiese ondersoek na die funksie van biomusikologiese gegewens in Wilken Calitz se 2092: God van Klank

INSTRUCTIONS TO AUTHORS:ACTA THEOLOGICA. 1. Acta Theologica is an accredited South African journal publishing independently refereed

South African Theological Bibliography Suid-Afrikaanse Teologiese Bibliografie

n Eksistensiële lees en interpretasie van gekose kunswerke van Reinhardt, Klein en Portway I Venter

Anderbereddering: Met Adorno by die hartslag van die postmoderne intellek

Mimesis soos beredeneer deur Philippe Lacoue- Labarthe: Horrelpoot (2006) deur Eben Venter as herskrywing van Joseph Conrad se Heart of darkness

GRAAD 12 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

This Month at Christison Rare Books. Newsletter 145. Afrikaans

DIE VERBAND TUSSEN AGGRESSIE EN HOUDING TEENOOR VERSKILLENDE MUSIEKGENRES BY STUDENTE. deur. Mianda Erasmus

te n sk a p. B e to g in g s v ir en te e n n C h r is te lik e s ie n in g v a n k u n s g e - sk ied e n is*

COLLABORATION IN SOUTH AFRICAN ENGINEERING RESEARCH. R. Sooryamoorthy

Die ontwikkeling van die vroee klaviertrio met spesifieke verwysing na die rol van die klavier

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA /ES (GAUTENG AFDELING. PRETORIA)

Die transgressiewe karnavaleske: n Fenomeen in die kabarettekste uit n Gelyke kans van Jeanne Goosen

Die interpretasie en uitvoering van Stefans Grove se Afrika Hymnus 11

Om n deeglike aanmaning van sterflikheid te kry: katabasis, relasionaliteit en retrovisie in Die benederyk van Ingrid Winterbach

SUBNUUS CHANG CHRONICLES THE CHANGES IN CHINA SINCE 1929 CULTURAL REVOLUTION, VISITS HER MOTHER CHANG WITH NOTEBOOK BACK IN THE

WATTS. (drukwerk / hardcopy courtesy ZS6BAQ)

HARVEST CHRISTIAN SCHOOL TERM AND ASSESSMENT PLAN 2019 TERM 1 GRADE 5

Inhoud EP Hellberg 1

OORWEGINGS BY DIE REALISERING EN DOKUMENTERING VAN N DUET- OF DUO- ORRELTRANSKRIPSIE VAN FAURÉ SE REQUIEM (OP. 48)

Waardepeilings van die digkuns van C.M. van den Heever

Ensuring coherence: two solutions to organising poetic language 1

INSTRUMENTAAL AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

KEHS : GRADE 8 TEXT BOOKS 2017 NAME OF CHILD SUBJECT TEXT BOOK PRICE QTY AMOUNT INCLUDED

SOSIO-POLITIEKE VERSET IN DIE AFRIKAANSE DRAMA

Reflections on a Christian view of human communication

Transcription:

Ampie Coetzee Ampie Coetzee is professor-emeritus en was voorheen verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Wes-Kaapland, Bellville. Hy is die skrywer en redakteur van verskeie Breytenbach-studies. E-pos: ampiec@mweb.co.za. Redaksioneel Wat woorde beteken: n Voorwoord Hierdie uitgawe, wat bestaan uit vyftien artikels en ses gedigte, is ter herdenking van Breyten Breytenbach se sewentigste verjaardag op die sestiende September 2009. Breytenbach se poësie-produksie is so groot dat, indien hy niks anders as poësie geskryf het nie, sou sy literêre reputasie enorm wees. Maar buiten die poësie het hy ook prosa geskryf, toneelstukke, reisboeke, essays, literêre teorie. Hy is ook bekend as n gevestigde skilder, veral in Europa. Sy politieke aktivisme teen apartheid, waarvoor hy sewe jaar in die gevangenis was; sy politieke inisiatiewe (bv. Dakar 1987, en as deel van die skrywersontmoeting met die ANC by Victoria Falls in 1989)); sy politieke filosofie (dikwels as n teenstrydige Zen-kommunis ) het van hom ook n openbare figuur gemaak. Vanaf sy eerste digbundel die ysterkoei moet sweet in 1964 probeer hy bepaal wat die poësie is, wat die taal daarvan kan wees, wat woorde beteken wat betekenis is. n Ars poetica. In hierdie strewe word taal verby die funksie van die konvensionele siening van die woord as betekenaar wat uitwys na n betekende gedryf. Die titel van hierdie eerste bundel spreek vanself. In die meeste artikels in hierdie versameling word daar, direk of geïmpliseerd, geskryf oor sy ars poetica (ook in die prosa wat hier bespreek word).telkens ondermyn hy die taal, om te sê dat die gedig nét gedig kan wees. Die volgende gedig sal daarop wys: 18 (furtiel) hoeheen nou? wat jy skryf word ver skrywende lyf daar staan hy, maat, rym stuif soos n voël op sy lym kiel soos n waal feraal soos n paal TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 46 (2) 2009 5

19 en die gedig is die betekenis van die gedig (Eklips, 72). Die gekontamineerde woorde, verbinding van verskillende woorde in een sin is n vorm van taalondermyning, maar ook moontlike betekenisverbreding (furtiel) : woordspel met futiel en dan moontlik met Engels fertile wat dan uitkom by futiel én vrugbaar? Ander woorde en frases met meer betekenisse: hoeheen ; ver skrywende lyf ; maat, rym ; stuif op sy lym, kiel soos n waal. feraal soos n paal. Dan die bewys in die twee reëls en die gedig. In die eerste strofe soek die woorde betekenisse, maar bly in die eerste plek woorde met meer as een moontlike betekenis. As n woord meer as een betekenis kry, dan kan dit nie na een betekende wys nie. Dan is dit nét woord nét teken. Al wat dan kan be-teken, is die gedig self. Michel Foucault (1972: 228) in sy lesing The Discourse on Language het die saak van betekenaar en betekende alreeds bedink: Whether it is the philosophy of a founding subject, a philosophy of originating experience or a philosophy of universal mediation, discourse is really only an activity, of writing in the first case, of reading in the second and exchange in the third. This exchange, this writing, this reading never involve anything but signs. Discourse thus nullifies itself, in reality, in placing itself at the disposal of the signifier. Daar is egter wel n middeweg, sê Fady Joudah (2007: xvi) in sy inleiding tot The Butterfly s Burden van die Palestynse digter Mahmoud Darwish: Darwish does not disengage the act of writing from its subject matter. Instead, he performs a twinning. The beloved is not exclusively a woman or a land, self or other, but also poem Om n gedig te skryf, om n poëtiese verhouding met die werklikheid te kan maak is n struikeling, veral omdat dit n gespartel is met woordmakery/woordbrekery op soek na bybetekens of onbetekenis. (Woordwerk, 21). Sy verse is fragmentaries; die struktuur is afwesig. In die begin van ( YK ), in die prosastuk Die Hart- Soetra, sê hy: Hier [ ] is vorm leegheid en die leegheid self is vorm. Leegheid verskil nie van vorm nie, nòg verskil vorm van leegheid. Diesefde geld vir gevoelens, waarnemings, impulse en bewussyn [ ]. In die afdeling versetverse in nege landskappe van ons tye bemaak aan n beminde (36) is daar n sonnet wat begin met n koeplet, en eintlik n verset is teen vorm, teen die konvensionele vorm van die sonnet. In n ander omskrywing van die teks (gedig of prosa) sê hy dat die teks altyd n oppervlak is, en op hierdie oppervlak word fragmente, beelde, klanke en ritmes geplaas, wat beide na buite en na binne in verbinding is, soos n collage. Uit hierdie interaksie kom betekenis. 6 TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 46 (2) 2009

Nóg teks is ook die ek, wat vanaf die opdrag-gedig in Breytenbach se eerste bundel (die ysterkoei moet sweet, 1964) prominent aanwesig is. Ook die titel van die digbundel ( YK ); met op die buiteblad van die bundel Breytenbach prominent langs die titel ( YK ) gedruk. Hy is dus ook die yk, ook n woord in n teks. Mens kan dan selfs verder gaan en die ars poetica-gedig in die begin van die bundel die huis van die dowe, drome is ook wonde (7), binne hierdie konteks bring. Maar wonde wat nie genees nie; woorde wat nie vervul nie: en mag dié briewe nooit genees nie nee, die wonde sal nooit genees nie. n Teenstrydigheid is dat die subjek se eenwording met die teks ook die afwesigheid is: die subjek vervaag as gevolg van die ondergeskiktheid aan die teken. Maar daar is óók n voortdurende wording van die self; wat herhaaldelik doodgeskryf word. Die ek in die teks is ook dan nie altyd dieselfde ek nie. Die aanwesige, afwesige, veranderende ek en die diskontinuiteit in Breytenbach se poësie is te groot om tot n definitiewe (absolute) ars poetica te lei. Die grootste belemmering tot betekenis is taal wat ook n belangrike deurlopende motief in Breytenbach se werk is. Die konsep van yk, gestempel, vasgelê, kan weer in hierdie verband gebruik word. Die geykte woord is die woord wat losgemaak word van die referent, omdat dit as woord voortbestaan, as woord losgemaak van die referent. Betekenaar losgemaak van die betekende skep dan n eie betekenis. So skep taal, byvoorbeeld, die skrywer, wat dan geskapene word, eerder as skepper. Deur taal kan n tuiste geskep word; maar nie n statiese tuiste nie: eerder die tuiste van die nomade, n tuiste wat nie vasgevang kan word in n betekende nie. Dit word n spel van die betekenaar, waarvan daar nie bevryding is nie. Dis die noodlottige geval van Breytenbach in die gevangenis: daar was geen referent nie. Ook as gevolg daarvan was daar geen manier om te kommunikeer nie behalwe met n leser. Dié verhouding met die leser is baie belangrik in die soeke na n betekende, n proses tot betekenis. In Breytenbach se gedigte waarin die vrou figureer, kan die vrou die betekenaar wees van heelheid van die liggaam, en dan n eenheid van betekenaar en betekende. Ook die gedig is dan die liefde; maar ironies, want dít kan ook nie dié betekende wees nie: die gedig is die liefde so soos elke vrou n woord is onpeilbaar en ontleen n in-plaas-van en n sameswering [ ] TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 46 (2) 2009 7

kyk, niks is so puur soos die digkuns nie! my liefsteling, my eensaamheid! (Lotus, 66). Die sentrale waarheid van taal is dus die verhouding tussen betekenaar en betekende. In konvensionele taalgebruik verwys die woord direk na dit wat waargeneem word. Die problematiek van taal in die poësie is dat daar n permanente kontradiksie tussen die twee is; en die taal as betekenaar die digter oorheers. Daarby behoort die taal nie net aan die digter nie; die leser is ook in besit daarvan. Die leser kan dus n betekende wees, in dié sin dat die taal wat betekenaar geword het, deur die digter gerig is op die leser, sodat daar weer n verhouding tussen betekenaar en betekende is. In Breytenbach se poësie word die digter, die ek (B.B.), ge-yk, vasgevang in betekenaars; en kan alleen herleef deur dood te gaan en weer gebore te word; uit die dode op te staan soos Lasarus (B. B. Lasarus). Taal het hom gemaak, en in taal is sy tuiste geskep; maar nie n holte vir sy voet nie, want hy is nomade. Regdeur Breytenbach se poësie vanaf die eerste bundel is die metafoor n deurlopende, én sentrale, middel tot betekenisskepping, waar die woord vanaf betekende tot n hoër vlak beweeg. Paul Ricoeur (1977: 292) stel dit so: In service to the poetic function, metaphor is that strategy of discourse by which language divests itself of its function of direct description in order to reach the mythic level where its function of discovery is set free. Die mythic level kan ook die verbeelding wees, wat die metafoor skep (ver-beelding) waar daar nie n beskryfbare betekende is nie. Beeldmaak is vashou waar daar dalk niks is wat kan vashou nie. Om vas te hou beteken nie dat daar iets is wat vashou nie, of dat dit dieselfde iets is wat vashou van vatplek tot vatplek nie, sê Breytenbach in sy kenmerkende woorde wat spel word. (Seisoen in die paradys, 117). Beeldmaak kom uit die verbeelding (ver-beelding). Metafore en vergelykings ontstaan (vanuit die verbeelding) wanneer assosiasies tussen dinge dikwels weinig of geen ooreenkoms met mekaar het nie. Maar dit kan sóós wees, op voorwaarde dat dit net so lewendig, en aldus afgerond is, as die ander, die beskrewe beskryfde (Voetskrif, 54). Die uiteindelike betekenis van die weerspieëling is dat dit nie die werklikheid kan ver-beeld nie; en dan word die metafoor n substituut vir die werklikheid. In n ontleding van Breyten se beeldskepping in die gevangenis wys Jane Wilkinson (1989: 23) daarop dat die metafoor vir die tronk die argetipiese labirint is: the mirror is at the centre of the opaque and tangled labyrinth (oorspronklike kursief). Die spieël kom al in die ysterkoei moet sweet voor in sy poësie: die spieëls is blind, in die betekenis van die spieël wat nie kan weerkaats nie; en later in die windvanger, in die gedig terugkyk het die spieël as weerkaatsing nie n verskriklike werklikheid kon beskryf nie, nie kon weerkaats nie: 8 TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 46 (2) 2009

ek het ook ek het ook deur spieëls gewandel toe vliegtuie brandstapels van die torings maak en later: ek het ook my gesig sien verdwyn. (windvanger, 141 2) In politieke konteks is die spieël n verdoeseling van die werklikheid, want ons leef meer en meer binne n refleksie van die realiteit eerder as in die realiteit self, en met die koms van bevryding is daar n televisie in elke pondok, om die verlede uit te vee. Dit maak van die spieël n lokval: Mirrors have a life of their own, and those who become trapped in them are doomed to continued existence (Boklied, 131). Die spieël is ook n middel in die gedig: jy sal n gedig moet skrywe soos n spieël ( die dood in die gedig (landskappe, 7)). Ook word die spieël gekoppel aan taal, as representasie; en die spieël is ook n gedig wat die werklikheid sien en herskep. n Gedig moet geskrywe word soos n spieël: spieëlskrif. Weerspieëling van skilderye, soos in Mauritshuis in die windvanger (143), word ver-beeld deur die digter. Dit is n waarneming van die kuns wat gesien word, wat dan n metafoor oor kuns word op soek na betekenis. In die gedig n bottel woorde omtrent n prent (Eklips, 25) kyk die digter na n afdrukskildery van Utrillo, wat hy dan beskryf. Dus: n beskrywing van n skildery, wat nie die oorspronklike is nie. Die digter se beskrywing is n weerspieëling van n afwesige weerspieëling. Maar albei (aldrie) weerspieëlings bestaan nog. Die weerspieëling word dus die werklikheid. n Ander deurlopende tema, wat veral in die laaste bundel tot dusver (die windvanger) sterk verwoord word binne verskeie metafore is die konsepte tyd, verlede, herinnering. Die bundel word ingelei met die afdelingtitel: daar is geen tyd. Die eerste gedig het die refrein daar is geen tyd, met metaforiese kwalifikasies: tyd is die vel wat oud word; die vuur van bestaan, wat versaak. Tyd is die verskietende komeet / van geheue Dan kom die teendeel met tyd is my liefde vir jou Uiteindelik is tyd die gedig met die leë vertel-vel. Later is dit ook die vingers wat oor die woorde vat / om tyd en haar verbygaan uit te vee (windvanger, 11, 17). Die geheue kan ook nie n tuiste skep nie. Lotus, die vrou, is die enigste sekerheid. Sy is sy enigste ware geheue. Skryf word feitlik regdeur sy werk gekoppel aan tyd: Writing is always the present time finding its tense (Dog Heart, 30). Ook in Seisoen in die paradys (128): [ ] ek wil probeer skryf vir die híér, vir nóú. Ek wil in my werk so na moontlik kom aan die verbygaande nie die ewige nie; dié was altyd daar. En die ewige sê niks. Dis die verbygaande wat seermaak, die plaaslike. TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 46 (2) 2009 9

Metafoor, vergelyking, representasie, taal tot aan die grense gedwing, verbeelding en ver-beelding is van die hoofmiddele van Breytenbach se ars poetica. Almal saamgespan in die poging om, ten spyte van die beperkinge van taal, betekenis te skep. Die grootste soeke na betekenis kom deur die metafoor: It is a great thing, indeed, to make a proper use of the poetical forms [ ] But the greatest thing by far is to be a master of metaphor. It is the one thing that cannot be learnt from others; and it is also a sign of genius, since a good metaphor implies an intuitive perception of the similarity in dissimilars (Aristoteles, Poetics 1459a 3 8). Bronnelys Blom, Jan. 1970. [ps. Breyten Breytenbach]. Lotus. Buren-Uitgewers (Edms.) Bpk. Breytenbach, Breyten. 1967. die huis van die dowe. Kaapstad, Pretoria: Human & Rousseau.. 1976. Voetskrif. Doornfontein, Johannesburg: Perskor-Uitgewery.. 1983. Eklips. Emmarentia: Taurus.. 1983. ( YK ). Emmarentia: Taurus.. 1993. nege landskappe van ons tye bemaak aan n beminde. Groenkloof, Somerset-Wes: Hond / Intaka.. 1999. Woordwerk. Kaapstad, Pretoria, Johannesburg: Human & Rousseau.. 2007. die windvanger. Kaapstad, Pretoria: Human & Rousseau. Darwish, Mahmoud. 2007. The Butterfly s Burden. Northumberland: Bloodaxe Books Ltd. Foucault, Michel. 1972. The Archaeology of Knowledge & The Discourse on Language. New York: Pantheon Books. Lasarus, B. B. [ps. Breyten Breytenbach]. 1976. n Seisoen in die paradys. Doornfontein, Johannesburg: Perskor-Uitgewery. Ricoeur, Paul. 1975. The Rule of Metaphor. Londen, New York: Routledge & Kegan Paul. The works of Aristotle. 1971. Vert. W. D. Ross (red.). Vol XI. Oxford: Clarendon Press. 10 TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 46 (2) 2009