Travelling towards an Identity as skeppende beginsel in die nuwe Breytenbach-tekste

Similar documents
Teks van die Week: Psalm 77: 8 10, 12 13

Vier seisoene kind (Afrikaans Edition)

BASIC EMOTIONS IN TSHIVENDA: A COGNITIVE SEMANTIC ANALYSIS MATODZI REBECCA RAPHALALANI

Taal as ingang tot die wêreld: reis, verbeelding, herinnering en identiteit na aanleiding van Breytenbach se A Veil of Footsteps

Redaksioneel Wat woorde beteken: n Voorwoord

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over

AB BLOKFLUIT / RECORDER

Improvisation through Dalcrozeinspired activities in beginner student jazz ensembles: A hermeneutic phenomenology

Inhoudsopgawe. Met God in pas. Leef in God se liefde. Jesus se laaste opdrag. Bewerker van wonderdade. In donker tye. n Tyd vir stilword

Konsepvraestel Sample Paper

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Ondersoek vier verskillende style in musiek *

DIE ROL VAN DIE TAALWETENSKAP IN DIE ONTWIKKELING VAN DIE LITERATUURWETENSKAP

Trying to conform? Livestock conditions a key world issue, says FAO. Men s Fashion. Women s Fashion

Die Eiland: 'n Distopiese Jeugroman (Eilandserie Book 1) (Afrikaans Edition) By Jen Minkman

n Ondersoek na die kunstenaarskap in Die swye van Mario Salviati binne die konteks van die magiese realisme

BRIL LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

EKSAMENAFBAKENING GRAAD 4 - NOVEMBER x Tafels. Kwartaal 4

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

Die desentralisasie van die subjek : 'n post- strukturalistiese beskouing van Breyten Breytenbach se die ysterkoei moet sweet en ("YK").

Die impak van mise-en-shot op die interpretasie van oudiobeskryfde film

Die taal asyn aan die lippe : n oorsig van Breyten Breytenbach se poësie-oeuvre

Marilet Sienaert n Aspek van intertekstualiteit in die poësie van Breytenbach: Francois Villon en die Middeleeuse Franse literêre tradisie.

DEUR DIE SLEUTELGAT. 'N ONDERSOEK NA DIE VOYEURISTIESE ELEMENTE IN DIE POESIE VAN JOHANN DE LANGE CHRISTIAAN THEODORUS KEMP

Theological Bibliography

Igo Graad 10 Vraestelle

Die Eiland: 'n Distopiese Jeugroman (Eilandserie Book 1) (Afrikaans Edition) By Jen Minkman

Vlae tussen woorde as poëtikale spilpunte in nege landskappe van ons tye bemaak aan n beminde en die windvanger van Breyten Breytenbach

Wiskunde Geletterdheid Graad 11 Vraestelle En Memo

I bruise easily, So be gentle when you re handle me

DIE PARADOKS VAN BEGRIP AS GRONDSLAG VAN KREATIWITEIT EN KUNS AS 'N SIMBOOL DAARVAN

AP - ORKESTE / ORCHESTRAS

DIE INTERPRETASIE VAN CHARLES E. IVES SE CONCORD SONATE VOLGENS SY ESSAYS BEFORE A SONATA

Die leser in Breyten Breytenbach se tronkpoësie

KEHS : GRADE 8 TEXT BOOKS 2017 NAME OF CHILD SUBJECT TEXT BOOK PRICE QTY AMOUNT INCLUDED

KONFERENSIEVERSLAG : "TEN DENSE VAN TAGTIG; TEORIEE EN PRAKTYKE IN DIE KUNSGESKIEDENIS" (RGN, 7 OKTOBER 1989)

In Verkenning van postmodernisme en In ekskurs op Daniel 7-12

THE HARMONISCHE SEELENLUST (1733) BY G.F. KAUFFMANN ( ): A CRITICAL STUDY OF HIS ORGAN REGISTRATION INDICATIONS. by Theodore Justin van Wyk

Navorsings- en oorsigartikels / Research and review articles

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 DRAMATIC ARTS

KABARET AS SOSIALE EN POLITIEKE KOMMENTAAR: N ONTLEDING VAN DIE AANWENDING VAN DIE KOMIESE, SATIRE EN PARODIE

LAAT-STYL BY J. S. BACH EN BEETHOVEN AAN DIE HAND VAN DIE GOLDBERG EN DIABELLI VARIASIES ANNE FRANÇOISE LAMONT

AN RFBAND-WIOTH SWITCH FOR MULTIMEDIA TRANSMISSION

2 TONALITEIT AS RELATIEWE BEGRIP. 2.1 Inleiding

O'REILLY. hulle het die fasiliteite om die band weer skoon te maak. We sent the tapes with regard to which no significant

mimesis as voorwaarde vir betrokkenheid in die poësie van Antjie Krog

Membraan, dialoog, Ians - Bakhtin/Venter

AP - ORKESTE / ORCHESTRAS

Departement Filosofie Universiteit van die Vrystaat Bloemfontein

Filosofie en die skrifkultuur 1

Op weg na n koherente siening van die taal- en tekspraktyk

LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT

Category 5: Speech and Drama

1988: 170). Die narratiewe verklaring verduidelik dan "hoekom" 'n situasie of 161).

DIE VERBAND TUSSEN AGGRESSIE EN HOUDING TEENOOR VERSKILLENDE MUSIEKGENRES BY STUDENTE. deur. Mianda Erasmus

THE ROLE OF MUSIC, PERFORMING ARTISTS AND COMPOSERS IN GERMAN-CONTROLLED CONCENTRATION CAMPS AND GHETTOS DURING WORLD WAR II WILLEM ANDRE TOERIEN

PSALM-LIKE TEXTS IN AFRICAN CULTURE : A PEDI PERSPECTIVE

Die elemente van drama in sosiale en kulturele gebeurtenisse ondersoek

Oor die Estetika van Kos en die Kookkuns 1

n Eksistensiële lees en interpretasie van gekose kunswerke van Reinhardt, Klein en Portway I Venter

University of Cape Town

Musiek kan my teken : klanke, voëlgeluide en musiek in die digkuns van Lina Spies

Anderbereddering: Met Adorno by die hartslag van die postmoderne intellek

Kabaret in Suid-Afrika: Kabarett of Cabaret?

WILLEM HENDRIK ADRIAAN BOSHOFF (1951 -) Biografiese narratief en kontekstualisering van Boshoff as konseptuele kunstenaar

HOOFSTUK 4 DIE IMPLEMENTERING VAN DIE KARIKATUUR IN DIE LITERATUUR

INSTRUMENTAAL AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

n Kritiese ondersoek na die funksie van biomusikologiese gegewens in Wilken Calitz se 2092: God van Klank

KOGNISIEWERKWOORDE IN AFRIKAANS

Nuwe Geletterdhede vir n ontluikende nuwe wêreld

Breyten Breytenbach as openbare figuur

South African Theological Bibliography Suid-Afrikaanse Teologiese Bibliografie

6 tenses. 6 tijden mix. Present Simple Past Simple Present Continuous Past Continuous Present Perfect Past Perfect

Die interpretasie en uitvoering van Stefans Grove se Afrika Hymnus 11

Om saam te vat: dit is 'n bundel wat opgebou is rondom 'n ek, 'n ek wat in verskillende gedaantes en houdinge skuilgaan. En in die meeste gedigte is

HIDDEN MARKOV MODELS FOR TOOL WEAR MONITORING IN TURNING OPERATIONS

Mimesis soos beredeneer deur Philippe Lacoue- Labarthe: Horrelpoot (2006) deur Eben Venter as herskrywing van Joseph Conrad se Heart of darkness

PARADIGMATIESE VERSKUIWINGS IN DIE SUID-AFRIKAANSE KUNSGESKIEDSKRYWING

INSTRUCTIONS TO AUTHORS:ACTA THEOLOGICA. 1. Acta Theologica is an accredited South African journal publishing independently refereed

GRAAD 4 TWEEDE KWARTAAL TOETSREEKS DINSDAG, 28 MEI - WOENSDAG 12 JUNIE 2013

KEHS : GRADE 8 TEXT BOOKS 2019 NAME OF CHILD SUBJECT TEXT BOOK PRICE QTY AMOUNT INCLUDED

INSTRUMENTAAL AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

* The comprehensive nature of the material which tends to make such courses too

INSTRUMENTALE AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

Humor in kinderverhale in die tersiêre en intermediêre fases van taalonderwys

Die transgressiewe karnavaleske: n Fenomeen in die kabarettekste uit n Gelyke kans van Jeanne Goosen

TEORETIESE BEGRONDING 'n Verkennende ondersoek oor nasionalisme met perspektiewe vanuit postkoloniale kritiek en Neo-Marxisme

KREATIWITEIT AS SISTEMIESE FAKTOR IN DIE VISUELE KUNS: N KRITIESE KUNSTEORETIESE BESINNING

Van opera tot politopera? Nuwe strominge in Suid-Afrikaanse operakomposisie en -resepsie

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

"N AL TERNATIEWE BENADERING TOT FLUITONDERRIG VIR HOERSKOOLLEERLINGE: AGTERGRONDSTUDIE EN RAAMWERK VIR 'N FLUITHANDBOEK

Woordgroepvers 1. P.S. Groenewald Departement Afrikatale, Universiteit van Pretoria, Pretoria 0002, Suid-Afrika. Versvorm

Universiteit van Stellenbosch

Die karnavalisering van geskiedskrywing in die roman Sirkusboere. Marsha Bernely Luané Barnes BRNMAR063

Die laaste skrywer binne die estetiese reaksie teen modemiteit waarby ek stilstaan, is die Franse

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA /ES (GAUTENG AFDELING. PRETORIA)

OORWEGINGS BY DIE REALISERING EN DOKUMENTERING VAN N DUET- OF DUO- ORRELTRANSKRIPSIE VAN FAURÉ SE REQUIEM (OP. 48)

te n sk a p. B e to g in g s v ir en te e n n C h r is te lik e s ie n in g v a n k u n s g e - sk ied e n is*

DIE SOLO-KLAVIERWERKE VAN CHARLES CAMILLERI (1931- )

Transcription:

Travelling towards an Identity as skeppende beginsel in die nuwe Breytenbach-tekste Marilet Sienaert Departement Afrikaans Universiteit van Durban-Westville DURBAN A bstract Travelling towards an Identity as creative principle in new texts of B reyten Breytenbac.h In three recent (unpublished) public lectures, Breyten Breytenbach uses travel as a metaphor to emphasise the importance o f intellectual flexibility. By doing so he explicitly defines identity as well as the creative processes o f writing and painting in terms o f movement. In the context o f his work, movement immediately evokes transformation, and this article explores the way in which Breytenbach's thesis - as expounded in these lectures - unfolds in two (as yet unpublished) poems which paradoxically deal with frozen, winter landscapes. The way in which different form s o f movement operate as creative principles in these poems - and by extension in all his thinking - also clarifies what is meant by Breytenbach's metaphoric "Middle World" ("taalstaat"), which has repeatedly been misunderstood in the popular press. 1. Die nuwe Breytenbach-tekste In cine (ongepubliseerde) openbare lesings wat Breytenbach in die loop van 1996 in Nederland en in Suid-Afrika gelewer het, word proses - oftewel verskillende manifestasies van beweging - herhaaldelik en by w^se van verskillende voorbeelde as primêre kreatiewe beginsel voorgehou. In Cadavre Exquis byvoorbeeld (wat as Vincent van Gogh-lesing te s-hertogenbosch in Junie 1996 aangebied is, en wat n ander teks is as Cadavre Exquis in The Memory o f Birds in Times o f Revolution, [1996a:50-62] ), word beweeglikheid - hetsy in terme van transformasie of as vervloeiing van tydruimtelike en ego-grense - pertinent gestel as voorwaarde vir kreatiewe skryf of skilder. Die twee Pessoalesings (Durban, November 1996), is gesamentlik as The Writer as Bastard aangebied, en is onderskeidelik getiteld Travelling towards an Identity {Notes from the Middle World) en Foreword. In albei tekste staan die re/i-motief weereens sentraal, (soos reeds onder meer in Seisoen in die paradys [1976], Return to Paradise [1993] en sekere essays uit The Memory o f Birds in Times o f Revolution [1996a]), en word die metaforiese beweeglikheid wat hiermee IMerator Jfl(2) Aug. 1997:41-50 ISSN 0258-2279 4)

Travelling towards an Identity as skeppende begimel in die miwe Breytenbach-lekste geassosieer word, eksplisiet gekoppel aan die identiteit van n skrywer. Op kenmerkende wyse onderskraag Breytenbach herhaaldelik sy argument deur middel van die Zen-kode: The Way is movement; it is also environment. The consciousness generated and reflected and inflected by the Way (or the Void, or landscape-singing or text-travehng) is what we experience as self. (... ) The important thing, as the old sages knew, is to keep moving (Breytenbach, 1996c:2 & 3). In al drie genoemde openbare lesings is dit duidelik dat beweging telkens een of ander vorm van transformasie impliseer. lets wat van een vorm of toestand na n ander transformeer, is uit die aard van die saak aan die beweeg, en die fokus wat Breytenbach hier deurgaans plaas op die verband tussen die kreatiewe proses en syn-as-transformasie, kom dus as geen verrassing nie. Dit is immers reeds n geruime tyd dee! van die ingewyde Breytenbach-leser se verwagtingshorison. Interessant egter is die eksplisiete klem wat deurgaans in hierdie lesings geplaas word op die metaforiese nomadisme van diegene wat in die samelewing as skrywers of kunstenaars uitgesonder word. So word die digter byvoorbeeld per definisie herken aan sy beweeglikheid, nie noodwendig as fisiese reisiger nie maar veral in terme van sy of haar psigiese en intellektuele soepelheid. Travelling is a form o f creation, by moving, you make - the identity is crystallized or reshaped by confrontation and change, the Other may be flushed out or seen in a new light, the point o f view shifts, you bring something more to the landscape, you rewrite the world (Breytenbach, 1996b: 16). Dit blyk veral uit The Writer as Bastard (Notes from the Middle World) dat n mens as ewige (psigiese en intellektuele) swerwer; as bewoner van n altyd verskuiwende Middle World, sy of haar sosiaal-maatskaplike en ook kreatiewe integriteit die beste behou, en by uitstek toegerus is om die teks of skilderdoek as kreatiewe ruimte van transformasie te betree. Deur die identifikasie met die plooibaarheid van hierdie psigiese ruimte word die transitiewe aard van die syn geken, en is skryf sowel as skilder n bewuste herskeppingsproscs, omdat alles (paradoksaal) reeds voltooi is maar terselftertyd sedert alle ewigheid in n toestand van transformasie verkeer: We all know (however obscurely) that we know everything since all time. Perhaps I should say: the moment I write I am that which is being written (1996c: 1-2). Syn en beweging word dikwels deur Breytenbach eksplisiet aan mekaar gekoppel, soos wanneer hy (1993:74) Pessoa aanhaal met die woorde: To live is impossible; to travel, perhaps.... Viljoen (1995:5) lewer soos volg hieroor kommentaar: 42 ISSN 0258-2279 Literator 18(2) Aug. 1997:41-50

Marilet Sienaerí The emphasis on travel leads to an identity which can only be defined in terms o f movement, crossing borders, leaving, non-fmality, fragmentation and uncertainty. (... T)he idea o f a shifting identity is reinforced by the use o f various alternative identities and a staggering variety o f names for the self This explains why he uses words or concepts like nomad, exile, drifter, stranger, bastard, dissident, outsider, drop-out, go-between, foreigner, anarchist and transformative agent to describe him self... Hierdie beeld van die digter as swerwer word egter in eersgenoemde drie lesings duidelik verruim om ook die konsep van teks as locus van voortdurende beweging of transformasie in te sluit. Gesien die postmodemistiese raamwerk waardeur vele kritici die Breytenbach-oeuvre bejeen, is hierdie beginsel nie onbekend nie. In die lig van bogenoemde lesings is transformasie op die vlak van sowel die subjek (syn) as die teks egter besonder opvallend in twee nuwe gedigte wat paradoksaal oor n bevrore winterlandskap handel. Hierdie gedigte deur Breytenbach is dee! van n reeks wat tydens die vertalingswerkwinkel van Poetry International in Rotterdam (Junie 1996) beskikbaar gestel is. Die huidige artikel bied n voorlopige ondersoek van bogenoemde (tot op hede ongepubliseerde) twee gedigte, om aan te dui hoe beweging as sentraal skeppende beginsel fiinksioneer. Daar word gefokus op die manier waarop gedigmaak as proses onlosmaaklik gekoppel word aan die aard van die voortdurend transformerende (en getransformeerde) syn, en hoe hierdie veronderstelling telkens neerslag vind in die gedigte self Hoewel aspekte hiervan reeds in sy vroeëre essays ter sprake is, lê vemuwing in die opvallend eksplisiete riglyne wat in die nuwe Breytenbachtekste vir sodanige interpretasie verskaf word, sowel as in die manier waarop dit in die gedigte self manifesteer, 2. Ver-taling van die landskap Die betrokke twee gedigte, kom dooiweer en sneeu in n vreemde land (en inderdaad ook ander nuwe gedigte wat tydens die vertalingwerkswinkel bekend gemaak is), leen hulle weens aard en inhoud duidelik tot n wedersydse intertekstuele spel, n verskynsel wat op sigself beweging of transfonnasie van die een teks na die ander impliseer. Albei gedigte handel oor n yskoue sneeulandskap, met sterk visuele beelde wat die leser herinner dat n skilder-digter hier aan die woord is: kom dooiweer kom dooiweer: eekhorings skarrel uit die bome en krabbel in muwwe blare waar sneeu se wit maagdelikheid vervloei in swart water. Literalor 18(2) Aug. 1997:41-50 ISSN 0258-2279 43

Travelling towards an Identity as skeppende begimel in die miwe Breytenbach-lekste voetspore - gister doodgerypte blou voëls word uitgevee tot patrone afwesigheid in die geheue. kerkkraaie kef al hoe meer uitgelate van kruin tot nok en draai hul skaduspatsels soos voelverskrikkers na die wind. te vroeg vir lente: klousules deurweekte lig vee n gladde mend voor die onverwagse blou bodemlose hemel. die streepstok-oewers van somber stamme en militerbruin takke seek spieel-lewe in die meer wat bly kleef aan n kors ys oor swart water, so bewolk soos vars silwer of ou-ou rookvoorspellings van gister se dooies vasgekolk in n werweling van koue stolling. waimeer dag skaamkleur kry en alle dieptes nader skulp is daar n warreling agtergrondsgesprek stokke en strepe: bleek stilte lippe óm nag se mond. sneeu in n vreemde nag voordag streep n skater wildeganse deur stilte: dit gaan onheilig word dan, asof die nag se buik oopgeruk is brand n dwarreling wit motte meer en meer tot n neerslag kaal kleurloosheid waar rigting en geheue verdwyn so staan in die boek: die dag toe die mens uit raaiselfigure die eerste skryflekens fatsoeneer het hemel en aarde gebewe en gode en duiwels het gehuil want nou was die skeppingspoesie (sic) ontbloot hiervandaan dui drie ontleen aan twee hemel en aarde én mens aan en die tweevoeter wat die deugde van sooi en lug in hom koester se hart is vol leegheid: verlange na geboorte word geskryf in wit ink 44 ISSN 0258-2279 Literalor 18(2) Aug. 1997:41-50

Marilel Sienaert wit die brief wat ek rig aan my hart stil die lettergrepe sneeu iangs die ruit sender dood of gedagte die dag sonder jou geplooi in gordyne is die wildegansvlug leeg die verhoog van heme! en aarde koud beweeg die laaste lyn van my gedig (Kopiereg van albei gedigte streng voorbehou deur Breyten Breytenbach.) Breytenbach se houding teenoor landskappoesie en -skilderkuns, wat op uitgesproke wyse aansluit by dié van die ou Sjinese digters, is as vertrekpunt hier van belang: (T)hey do not look at the landscape from one perspective, but rather go round it, or go into it, stay there, enjoy it and live with it. It is not only an attitude towards landscape, but also an attitude towards art and life (1996b:2). Hierdie houding impliseer dat daar interaksie plaasvind tussen die digter en die landskap - ook teks-as-landskap - en dat die een transformerend inwerk op die ander: To write and to paint is to be showing the mind. When I move into someone else s workplace, I appropriate it. A shift takes place - on condition that I m empty. Changes come about. There is movement. What we share, what we contribute to, is the Real. The mind, which is movement, is Real(1996b;2). Hierdie verskuiwing wat plaasvind deur die eenwording van subjek en objek, van leser (digter) en teks asook van landskap, is pertinent in albei gedigte. In kom dooiweer transformeer n winterlandskap tot gedig wanneer dit deur die proses van waameming en omskrywing ver-taal word. Die natuur wat in terme van seine, spore en skriftekens opgeroep word, be-teken semioties die landskap, soos wat tekens en vlekke dit op n stuk papier of doek sou doen. As vergestalting van n tipiese Breytenbach-cai/avre exquis (1996b:4) vloei die gedig by wyse van assosiasie en toeval voort as n collage of consciousness, touching upon a syntax of motion, breath, colour, texture (or awareness), evanescence, fligacity. Die grense tussen énonciation en énoncé', tussen beskrywing en dit wat beskryf word vervloei, en n kreatiewe proses kom juis tot stand uit hierdie hierargielose wisselwerking van vorm en inhoud, van skrif en landskap. Die gedig word landskap, die landskap word gedig: Deur middel van die beelding word n semiotiese kommunikasieproses opgeroep en in sy verskillende gedaantes (skrif, tekening, skildery, rookseine of gesprek) direk by die landskap geintegreer. So krabhel die eekhorings in die blare (1:3), en vervloei die wil sneeu in die swart water, soos ink op n bladsy (1:4-5), Doodgerypte voels verdwyn soos voetspore Lilerator 18(2) Aug. 1997:41-50 ISSN 0258-2279 45

Travelling towards an Identity as skeppende beginset in die nuwe Breylenbach-teksle (tekens) in die sneeu en word tot patrone afvvesigheid uit die geheue gevee (1:6-7). Daar is die skadovpa/ie/j van die kraaie (1:10), klousules lig (2:2), en ook n warreling agtergrondsgespre^ stokke en strep e" (3:3-4), wat herinner aan die strepe of merke van skrif op n bladsy. (Deurgaans my kursivering.) Ook in sneeu in n vreemde nag word die iandskap semioties be-teken deur die lettergrepe sneeu (wat) langs die ruit afgly (4:2), en die skater wildeganse wat, soos letters op n wit bladsy deur die stilte van die Iandskap streep (1:1). 3. Spel van teenstellings w at n self afskei Meer as nét die gedig kom egter tot stand uit hierdie vervloeiing van taal en Iandskap. Bewussyn self is n neweproduk van die skryfproses: And the self? This visitor? Writing poetry (painting a picture) is a process of creating consciousness, and thus making a self: stopping off to deposit a presence (1996b:9). (K)om dooiweer is in sy geheel n metafoor van hierdie proses sowel as van die rol wat taal daarin speel: Net soos wat sneeu tot water ontdooi, ontdooi die onbewuste deur middel van gedigmaak om n self af te skei. En taal, wat in sy rou, latente vorm soos die gevriesde Iandskap is, moet ook ontdooi of geaktiveer word om gedig te word. Die twee oorvleuel dus, vandaar die stelling in Foreword (1996d:2) dat the moment I write I am that which is being written. Wat die oorvleueling verklaar, is dat sowel die syn as die gedig die resultaat is van n identiese proses, albei kom tot stand deur die beweging tussen binne en buite, lig en donker, lewe en dood, klank en stilte - aspekte wat inlierent is aan die waameming en weergawe van die Iandskap onder bespreking. Bewussyn vereis immers hierdie spel van teenstellings: soos in Saussure se siening van taal as a system of differences kan iets slegs geken word aan wat dit n ie is nie. Lig word geken as die teenoorgestelde van donker, so ook klank as die teenoorgestelde van stilte, en bewus-wees word eweneens alleenlik ervaar by wyse van kontras met dit wat afwesig is. Lacan (1977:305) se A n d e r is hier verhelderend (kyk ook Sienaert, 1993:150-151), asook die Boeddhistiese begrip van leegheid wat paradoksaal n onontbeerlike komponent van die ek is. Getrou aan die pertinent Boeddhistiese kode by Breytenbach maak die gedig (of aktualisering van die kommunikasieproses) en die syn wat hierdeur tot stand kom n ingreep op eksistensiele harmonie, en bring dit n versteuring teweeg van dit wat volmaak leeg was: so staan in die boek: die dag toe die mens uit raaiselfigure 46 ISSN 0258-2279 Lileralor 18(2) Aug. 1997:41-50

Marilet Sienaert die eerste skryftekens fatsoeneer het hemel en aarde gebewe en gode en duiwels het gehuil want nou was die skeppingspoesie (sic) ontbloot (Uit sneeu in n vreemde nag, strofe 2.) Soos gesuggereer deur die patroon van binêre opposisies in dieselfde gedig, { hemel en aarde", gode en duiwels, sooi en lug, vol en leegheid ), wat so kenmerkend is van die Breytenbach-oeuvre met sy Boeddhistiese interteks, roep die daarstelling van n transitiewe syn dus altyd die teenbeeld op van volmaakte leegheid, stilte, of nie-beweging, en bring wees dus onvermydelik n gevoel van gemis - vandaar die oorheersende stemming van nostalgic. In die koudheid, die gevriesdheid van die winterlandskap lê die onhaalbaarheid van hierdie teenpool. Beelde van dood en immobiliteit, soos gister doodgsrypxe blou voels / word uitgevee tot patrone afivesigheid (1:6-7), en ou-ou rookvoorspellings van gister se dooies / va^gekolk in n werweling van koue stalling (2:8-9 [my kursivering]), verkonkretiseer in kom dooiweer hierdie onhaalbaarheid, maar die dinamiese kommunikasieproses wat terselftertyd met patrone (tekens) en rookvoorspellings opgeroep word, suggereer dat die verlange na dit wat nie geken kan word nie, ten minste momenteel deur die skryf- of leesproses besweer word. Syn en afwesigheid staan dus nie as immobiele teenpole tot mekaar nie. Bewussyn manifesteer in Lacaniaanse terme juis in die wisselwerking tussen die waamemer en dit wat waargeneem word (kyk Easthope, 1983:39-40 vir n uiteensetting hiervan); die een teenpool is altyd reeds teenwoordig in die ander. In aansluiting hierby, en ook as sentrale beginsel van die Boeddhistiese interteks, gaan niks ooit verlore nie - n aanname wat implisiet met die geheue van water vergelyk kan word in die sneeu- en ysbeelde van albei gedigte: al transformeer water tot ys of sneeu is die oorspronklike spore of komponente van water nog steeds daarin teenwoordig. Polariteite is egter noodsaaklik en ftinksioneel omdat die een die ander oproep: sonder afwesigheid is daar niks om te onthou nie, bestaan daar geen geheue, geen skeppende verbeelding (en dus geen bewussyn) nie. Leegheid word dus vereis om te kan wees, net soos wat die swart letters van die gedig alleenlik by wyse van kontras met die wit agtergrond van die leë bladsy sigbaar word. Hierdie spel van polariteite ontplooi op n verdere vlak met semantiese betekenis wat manifesteer teen die agtergrond van wat Breytenbach die between-words noem, die background of emptiness, or the Void wat ervaar word in terme van prosody, line, shape, texture, harmony, dissonance, silences, ruptures... (1996b:9). Sodanige tekstuur is onder meer te vind in die patroonmatigheid van die klankherhalings (kyk die laaste strofe van sneeu in n vreemde nag ), of in Lileralor 1S(2) Aug. 1997:41-50 ISSN 0258-2279 47

Travelling towards an Identity as skeppende begime! in die nuwe Breyienbach-lekste die stilte wat deur onverwagse tipografiese ruimtes geskep word, (soos ná dit gaan onheilig word [1:2]) in dieselfde gedig. Eweneens funksioneer die afwissellende beelde van lig en donker in kom dooiweer ook as sodanige between-words deur die skep van n semantiese eggo of patroonmatigheid in die teks. Die volgehoue wisselwerking tussen teks en die sogenaamde background of emptiness kan weereens in terme van beweging gelees word, soos onderskraag deur die inherent verbygaande en sikliese aard van die sneeu-metafoor. Taal - sowel as die syn wat daardeur tot stand kom - is so vervlietend soos sneeu, die gedig is net n spoor van die afwesige, die wit ink waannee die verlange na geboorte (sneeu in n vreemde nag 3:5-6) tevergeefs geskryf word omdat geen blywende merk gemaak kan word nie. Die erotiese (en daarom ook skeppende), konnotasie van hierdie beeld is voor die hand iiggend: die vallende sneeu is soos semen wat as n dwarreling wit motte (...) tot n neerslag kaal kleurloosheid daal in die nag se buik (1:3-5). Maar paradoksaal word die kreatiewe daad ook gekoppel aan die vergeteiheid van sneeu, alles gaan verby. Die essensie van syn kan dus nie vasgevang word nie maar lê alleenlik in die doen, in voortdurende verandering. 4. Digter-as-sjamaan Met sodanige klem op proses en uitnodiging tot beweging tree die tradisionele rol van die digter - en ook die kunstenaar - as sjamaan duidelik na vore. (Kyk in hierdie verband byvoorbeeld na die rol van sjamaan in die Boesmanrotskuns [Lewis-Williams en Dowson, 1989:35].) Om dit kortliks in die konteks van hierdie gedigte saam te vat: die gevriesde, sneeubedekte winterlandskap van albei gedigte is in konvensionele terme tekenend van afsterwe, dood, niebeweging. Reeds met die titel kom dooiweer deurbreek die digter-as-sjamaan egter hierdie verwagting deur n uitnodiging te rig aan die landskap - en by implikasie ook aan die leser - om te ontdooi, om deur transformasie n nuwe bewussynsvlak te betree. Die uitnodiging om te ontdooi is dus n uitnodiging tot inisiasie; n ontmaagdeliking van die landskap of n verkenning van syn wat deur die teks in werking gestel word. Verwante beelding ondersteun deurgaans hierdie interpretasie, soos die sneeu se wit maagdelikheid wat vervloei in swarf water ; die skaduspatsels (1:4, 5 en 10) van die kraaie wat met semen geassosieer kan word, asook verdere erotiese konnotasies met die dag (wat) skaamkleur kry en die bleek stilte lippe om nag se mond (3:1 en 5). Deur die dinamiese ontdooiingsproses transformeer die harde ys en sneeu tot vloeiende water, en word dit n landskap-in-metamorfose, n transformasie wat natuurlik nie net tot die landskap beperk is nie. Ook die waaniemende bewussyn (van die digter of leser) word herskep in die proses waardeur taal geaktiveer word om die landskap tot gedig te transformeer: The writing of poetry is after all the living 48 ISSN 0258-2279 IMeralor 18(2) Aug. 1997:41-50

Marilet Sienaert proof that man is bom good, that she/he can praise hfe aiid sing death to continue inventing her/himself. Which is metamorphosis (1996b: 16). Tekenend van die energie en dinamika wat metamorfose vereis, is die inleidende beeid in albei die gedigte: in kom dooiweer skarrel die eekhorings uit die borne in teenstelling met die immobiliteit van die gevriesde landskap, terwyl die wildeganse in sneeu in n vreemde nag luidkeels streep deur die stil lug, n versreël wat met n dubbelpunt eindig en sodoende nog verder die verwagting van komende aksie verskerp. 5. Breytenbach se M iddle W orld Die uitdaging is dus om op alle vlakke hierdie uitnodiging tot transformasie te aanvaar, en om sodoende Breytenbach se metaforiese Middle World te betree. Soos by die alomteenwoordige embleem van papegaai en verkleurmannetjie in Breytenbach se skilderkuns, lê die inwoner van sodanige ruimte se integriteit en skeppende vennoe juis in die energie en soepelheid om altyd weer te kan transformeer: By moving, you make. The flowing identity is reshaped by confrontation and change (...), the perspectives shift, you bring something more to the landscape, your relativity is a pollutant, you rewrite the world... (1996d:5). Beweging word dus gesien as kreatiewe beginsel maar ook as voorwaarde vir die daarstelling van n ideale metaforiese ruimte (oftewel Breytenbach se taalstaat ), wat by herhaling so skreiend misverstaan is. (Kyk byvoorbeeld Van Heerden, [1997:62].) Die volgende aanhaling uit Foreword (1996d:10-l 1) verdien om in sy geheel hier te verskyn: This is what I mean by taalstaat. A space of recognition and a zone of inventiveness. The mother-tongue, I believe, is the weight of morality and the face of awareness. And, surely, we are sophisticated enough by now to handle spaces and rooms and concepts which are different in kind and which may overlap, but which do not oblige us to return to a sterile and dogmatic conformism. And by creative resistance I mean exactly that: drawing the lines within a new dispensation to show that it is possible and necessary to move from colonial subject to agent of transformation. Soos verbeeld deur die verbygaande aard van die sneeu in bogaande gedigte bring die kreatiwiteit van die sogenaamde agent of transformation geen blywende oplossing nie; it simply collapses the anxious dialectic (Said soos aangehaal deur Breytenbach [1996c:l 1]), deur n volgehoue gewilligheid om transformerend en vemuwend te dink, te skryf en te lees. Die sikliese aard van die sneeumetafoor is daarom op sigself vertroostend: omdat niks blywend is nie is vemuwing altyd moontlik. Ook binne die konteks van n nuwe sosiale bestel is Literator 18(2) Aug. 1997:41-50 ISSN 0258-2279 49

Travelling towards an Identity as skeppende begimel in die nirwe Breytenbach-tekste dit juis sodanige psigies-intellektuele beweeglikheid wat n mens ontvanklik hou vir nuwe perspektiewe, en wat die deur oophou vir steeds nuwe insigte en groei na wyer horisonne. Bíbliografíe Breytenbach, Breyten 1976 Seisoen in die paradys Johannesburg : Perskor Breytenbach, Breyten. 1993. Return to Paradise. Kaapstad : David Philip Publishers. Breytenbach, Breyten. 1996a. The Memory o f Birds in Times o f Revolution. Kaapstad : Human en Rousseau Breytenbach, Breyten. 1996b. Cadavre Exquis. (Ongepubliseerde) Vincent van Gogh-lesing, s-hertogenbosch, Nederland. Junie 1996 Breytenbach, Breyten. 1996c. Travelling towards an Identity. (Notes from the Middle World). (Ongepubliseerde) Pessoa-lesing, Durban November 1996. Breytenbach, Breyten. 1996d. Foreword (Ongepubliseerde) Pessoa-lesing, Durban. November 1996. Easthope, Anthony 1983. Poetry as Discourse. London & New York : Methuen. Lacan, Jacques 1977. Ecrits, a selection. Translated from the French by Alan Sheridan New York : Norton. Lewis-Williams, David & Dowson, Thomas 1989. Images o f Power. Understanding Bushman Rock Art. Johannesburg : Southern Book Publishers. Sienaert, Marilet 1993. Aspects of Contemporary Literary Theory, Zen-Buddhism and the Breytenbach-Oeuvre; An Intertextual Reading. Tydskrif vir Literatuurwetenskap, (9)2:139-155, Junie. Van Heerden, Dries. 1997. Waar is al die Linkses heen? / > /va/; 60-62, Februarie. Viljoen, Louise. 1995. Reading and writing Breytenbach s Return to Paradise from within and without Current Writing. Text and Reception in Southern Africa, 7(1):1-17. 50 ISSN 0258-2279 Literalor IH(2) Aug. 1997:41-50