André P. Brink (29/5/1935-6/2/2015)

Similar documents
Teks van die Week: Psalm 77: 8 10, 12 13

AB BLOKFLUIT / RECORDER

BRIL LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

BASIC EMOTIONS IN TSHIVENDA: A COGNITIVE SEMANTIC ANALYSIS MATODZI REBECCA RAPHALALANI

Inhoudsopgawe. Met God in pas. Leef in God se liefde. Jesus se laaste opdrag. Bewerker van wonderdade. In donker tye. n Tyd vir stilword

Konsepvraestel Sample Paper

AP - ORKESTE / ORCHESTRAS

Vier seisoene kind (Afrikaans Edition)

AP - ORKESTE / ORCHESTRAS

Trying to conform? Livestock conditions a key world issue, says FAO. Men s Fashion. Women s Fashion

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Ondersoek vier verskillende style in musiek *

EKSAMENAFBAKENING GRAAD 4 - NOVEMBER x Tafels. Kwartaal 4

O'REILLY. hulle het die fasiliteite om die band weer skoon te maak. We sent the tapes with regard to which no significant

I bruise easily, So be gentle when you re handle me

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 DRAMATIC ARTS

LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT

THE HARMONISCHE SEELENLUST (1733) BY G.F. KAUFFMANN ( ): A CRITICAL STUDY OF HIS ORGAN REGISTRATION INDICATIONS. by Theodore Justin van Wyk

KABARET AS SOSIALE EN POLITIEKE KOMMENTAAR: N ONTLEDING VAN DIE AANWENDING VAN DIE KOMIESE, SATIRE EN PARODIE

Die elemente van drama in sosiale en kulturele gebeurtenisse ondersoek

Navorsings- en oorsigartikels / Research and review articles

Category 5: Speech and Drama

INSTRUMENTAAL AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

DIE ROL VAN DIE TAALWETENSKAP IN DIE ONTWIKKELING VAN DIE LITERATUURWETENSKAP

Kabaret in Suid-Afrika: Kabarett of Cabaret?

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

Woordfees 2018 Skrywersfees

1988: 170). Die narratiewe verklaring verduidelik dan "hoekom" 'n situasie of 161).

GRADE 12 LEARNER SUPPORT PROGRAMME

Theological Bibliography

DIE VERBAND TUSSEN AGGRESSIE EN HOUDING TEENOOR VERSKILLENDE MUSIEKGENRES BY STUDENTE. deur. Mianda Erasmus

Die impak van mise-en-shot op die interpretasie van oudiobeskryfde film

THE ROLE OF MUSIC, PERFORMING ARTISTS AND COMPOSERS IN GERMAN-CONTROLLED CONCENTRATION CAMPS AND GHETTOS DURING WORLD WAR II WILLEM ANDRE TOERIEN

Wiskunde Geletterdheid Graad 11 Vraestelle En Memo

In Verkenning van postmodernisme en In ekskurs op Daniel 7-12

KEHS : GRADE 8 TEXT BOOKS 2017 NAME OF CHILD SUBJECT TEXT BOOK PRICE QTY AMOUNT INCLUDED

KONFERENSIEVERSLAG : "TEN DENSE VAN TAGTIG; TEORIEE EN PRAKTYKE IN DIE KUNSGESKIEDENIS" (RGN, 7 OKTOBER 1989)

Die Eiland: 'n Distopiese Jeugroman (Eilandserie Book 1) (Afrikaans Edition) By Jen Minkman

Vlak2 Hoe toetsonsvirdsk s in Christene?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Taal as ingang tot die wêreld: reis, verbeelding, herinnering en identiteit na aanleiding van Breytenbach se A Veil of Footsteps

Improvisation through Dalcrozeinspired activities in beginner student jazz ensembles: A hermeneutic phenomenology

GRADE 12 SEPTEMBER 2014 DANCE STUDIES

Departement Filosofie Universiteit van die Vrystaat Bloemfontein

Filosofie en die skrifkultuur 1

n Ondersoek na die kunstenaarskap in Die swye van Mario Salviati binne die konteks van die magiese realisme

Anderbereddering: Met Adorno by die hartslag van die postmoderne intellek

University of Pretoria Yearbook Total credits 480 Contact Prof AF Johnson +27 (0)

INSTRUMENTAAL AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

Redaksioneel Wat woorde beteken: n Voorwoord

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Die Eiland: 'n Distopiese Jeugroman (Eilandserie Book 1) (Afrikaans Edition) By Jen Minkman

Oor die Estetika van Kos en die Kookkuns 1

INSTRUMENTALE AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

GRAAD 4 TWEEDE KWARTAAL TOETSREEKS DINSDAG, 28 MEI - WOENSDAG 12 JUNIE 2013

DIE PARADOKS VAN BEGRIP AS GRONDSLAG VAN KREATIWITEIT EN KUNS AS 'N SIMBOOL DAARVAN

Die karnavalisering van geskiedskrywing in die roman Sirkusboere. Marsha Bernely Luané Barnes BRNMAR063

DIE INTERPRETASIE VAN CHARLES E. IVES SE CONCORD SONATE VOLGENS SY ESSAYS BEFORE A SONATA

mimesis as voorwaarde vir betrokkenheid in die poësie van Antjie Krog

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

2 TONALITEIT AS RELATIEWE BEGRIP. 2.1 Inleiding

GRAAD 12 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over

Nuwe Geletterdhede vir n ontluikende nuwe wêreld

Laat waai met jou gawes

LAAT-STYL BY J. S. BACH EN BEETHOVEN AAN DIE HAND VAN DIE GOLDBERG EN DIABELLI VARIASIES ANNE FRANÇOISE LAMONT

REINVENTING CINEMA: A PERSPECTIVE ON THE IMPLICATIONS OF THE INTERNET ON THE CINEMA INDUSTRY

PARADIGMATIESE VERSKUIWINGS IN DIE SUID-AFRIKAANSE KUNSGESKIEDSKRYWING

HOOFSTUK 4 DIE IMPLEMENTERING VAN DIE KARIKATUUR IN DIE LITERATUUR

Die moderne strewe na artistieke outonomie: 'n Waardering vir 'n gefaalde projek

HIDDEN MARKOV MODELS FOR TOOL WEAR MONITORING IN TURNING OPERATIONS

n Eksistensiële lees en interpretasie van gekose kunswerke van Reinhardt, Klein en Portway I Venter

Samenvatting door Sietske 3062 woorden 4 augustus keer beoordeeld. 3A The world of work

Die leser in Breyten Breytenbach se tronkpoësie

Membraan, dialoog, Ians - Bakhtin/Venter

GRAAD 12 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

te n sk a p. B e to g in g s v ir en te e n n C h r is te lik e s ie n in g v a n k u n s g e - sk ied e n is*

n Kritiese ondersoek na die funksie van biomusikologiese gegewens in Wilken Calitz se 2092: God van Klank

Die Wit Boesman (Afrikaans Edition) By Peter Stark

6 tenses. 6 tijden mix. Present Simple Past Simple Present Continuous Past Continuous Present Perfect Past Perfect

Reflections on a Christian view of human communication

TEORETIESE BEGRONDING 'n Verkennende ondersoek oor nasionalisme met perspektiewe vanuit postkoloniale kritiek en Neo-Marxisme

Die laaste skrywer binne die estetiese reaksie teen modemiteit waarby ek stilstaan, is die Franse

SOSIO-POLITIEKE VERSET IN DIE AFRIKAANSE DRAMA

PSALM-LIKE TEXTS IN AFRICAN CULTURE : A PEDI PERSPECTIVE

Breyten Breytenbach as openbare figuur

vragen en ontkenningen

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA /ES (GAUTENG AFDELING. PRETORIA)

Die taal asyn aan die lippe : n oorsig van Breyten Breytenbach se poësie-oeuvre

EVERS LEAVE A TRAIL EVERS LAAT N SPOOR NA

Die onderrig van millenniërs in die Afrikaans-klaskamer: Humormateriaal as onderrigstrategie

SUBNUUS CHANG CHRONICLES THE CHANGES IN CHINA SINCE 1929 CULTURAL REVOLUTION, VISITS HER MOTHER CHANG WITH NOTEBOOK BACK IN THE

South African Theological Bibliography Suid-Afrikaanse Teologiese Bibliografie

Mulat-estetiek: 'n Analise van Adam Small se dramas

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

HOOFSTUK III 'N PERSOONLIKHEIDSONTLEDING VAN CICERO

Hoërskool Brackenfell High School Gr. 9 Studiegids/Study Guide November 2016

AX KOORFEES / CHOIR FESTIVALS

Mimesis soos beredeneer deur Philippe Lacoue- Labarthe: Horrelpoot (2006) deur Eben Venter as herskrywing van Joseph Conrad se Heart of darkness

Transcription:

André P. Brink (29/5/1935-6/2/2015)

A tribute to André P Brink 13 FEBRUARY 2015 UNIVERSITY OF PRETORIA 'n Huldeblyk aan André P Brink 13 FEBRUARIE 2015 UNIVERSITEIT VAN PRETORIA Welcome / Verwelkoming Hilda Kriel Speakers / Sprekers Willie Burger Molly Brown Andries Visagie Henning Pieterse Word of thanks / Bedankings Refreshments / Verversings "Ek gaan nou af. Op my manier is my blus uit. Maar die vuur: die vuur sal bly." Galant in Houd-den-bek 1

André P. Brink Die kunste in 'n woelige wêreld 'n Rede gelewer by die aanvaarding van 'n eredoktorsgraad by die Universiteit van Pretoria op 7 April 2003 Die geesteswetenskappe, die omgewing waarbinne die kunste bestaan en funksioneer, is die terrein waarop daar vandag by hierdie seremonie grade toegeken word. En die graduandi verdien om geluk gewens te word - nie net ter afsluiting van jare se studie en (hopelik) toewyding nie, maar doodgewoon al omdat hulle juis op hierdie studierigting besluit het. Studie en loopbane in die geesteswetenskappe is naamlik nie meer die vanselfsprekende keuse wat dit op 'n sekere tyd was nie; in baie gevalle, in ons nuwe eeu, is dit 'n keuse wat eintlik teen die grein inloop en 'n betrokkenheid verg wat by die eise en verwagtinge van die alledaagse wêreld met sy pragmatisme en sy instelling op die hier-ennou verbysteek. Dit wil alte dikwels lyk asof die dromers en kunstenaars by hulle rakleeftyd verby is; te midde van die huidige ongevraagde en redelose oorlog in die Midde-Ooste lyk ons wêreld na die van na die Vloed, enersyds gedefinieer deur ontnugtering en selfs wanhoop, en andersyds deur die harde werklikheid van werk kry, geld verdien, studielenings of verbande afbetaal, kinders grootmaak of verhoed dat hulle hoegenaamd in die wêreld kom, 'n rekenaar opgradeer, of probeer om te glo in die onpartydigheid van Australiese en Nieu-Seelandse skeidregters. Daar was 'n tyd toe betrokkenheid by die geesteswetenskappe eintlik geïmpliseer het dat 'n mens jou onttrek aan die "werklike wêreld" (wat dit ook al mag beteken), 'n vorm van selfbeheptheid. Daar was iets van 'n heerlike afsondering daaromtrent; die bevoorregte enkeling was die norm vir die estetiese ondervinding - vanaf die tyd van die antieke Grieke, wat genoeg slawe gehad het om vir hulleself die tyd en energie beskikbaar te hê om aan die kunste te wy, tot die heroïese individualisme van die 19de eeu, of die verfynde eksistensiële 2

agonieë van die mid-twintigste eeu, of die postmodernistiese verkneukelings van die laat-kapitalistiese era. Maar ons belewenis van die kunste is nie meer so simplisties of so elitisties nie. Die individu bly belangrik, selfs deurslaggewend: dit is waar ons kontak met die wêreld begin, en waar ons kennis en belewenis van die kuns, die letterkunde, die musiek, die denke bepaal word. Maar ons besef al duideliker - en des te meer so in 'n land soos Suid-Afrika - dat die kunste en die denke nooit in 'n vakuum bestaan nie. Ons het almal 'n groter resonansieruimte en 'n konteks nodig; in laaste instansie het ons mekaar nodig. Om die waarheid te sê, in die hart van die kunste lê die diepste erkenning - nie net van die ek nie, maar van die ander; en van die onontkombare, opwindende, elektriese wisselwerking tussen die twee. Umntu ngumntu ngabantu. In Suid-Afrika het ons dit op moeilike maar ook wonderbaarlike maniere geleer. Onder apartheid, toe die vrye uitdrukking van die ondersoekende en uitdagende gees aan bande gelê is (dikwels sonder dat mense self daarvan bewus was), het die besef dat álmal wat betrokke was by kultuurskepping deur een-en-dieselfde vyand bedreig is, onder dié wat daarvan bewus was, 'n merkwaardige sin van samehorigheid en solidariteit geskep wat by ras en etnisiteit 'n geslag en godsdiens verbygesteek het, in 'n intensiewe ontginning van die "ons" wat opgesluit lê in elke "ek". (Mens kom elke keer terug by Camus se uitspraak: "Ek is in kettings, daarom is ons verslaaf.") Die risiko wat die kunste in so 'n situasie loop, is natuurlik die gevaar dat 'n ganse kultuur mag begin om homself te definieer in terme van dit waartéén dit is: maar die verbasende was tog dat in die konteks van die stryd om bevryding, wat onvermydelik ook 'n massa gewone, voorspelbare propaganda voortgebring het, daar tog ook soveel werk opgelewer is wat volgens enige standaarde "voortreflik" was. Sedert 1994 het die situasie dramaties verander. Die politieke emansipasie van die land het die moontlikheid geskep (nog steeds nie oral verwesenlik nie) vir 'n innerlike, geestelike, emosionele, morele bevryding van die kunstenaar én sy of haar publiek. Maar daar was ook 'n skadukant aan verbonde: soos Njabulo Ndebele in een van sy seminale opstelle aangedui het, kan die herontdekking van die "alle-daagse" 'n ontsaglik kreatiewe uitdaging meebring - maar óók 'n sware las. Die las van verantwoordelikheid, van integriteit, van betrokkenheid. Om 'n situasie te "normaliseer" (selfs al moet ons steeds daarteen waak om te 3

reken dat ons ook maar náásteby "normaal" is), plaas ook struikelblokke tussen leser en skrywer, toeskouer en skilder of danser of musikant, en tussen kunsskeppers as 'n groep. Soos die Russiese skrywer Viktor Erofejew dit eenkeer verduidelik het: in oorlogstyd kan 'n klavier, of enige ander meubelstuk, gebruik word vir baie funksies - as 'n barrikade teen die vyand, as vuurmaakhout teen die koue, of wat ook al - maar sodra die oorlog verby is, hervat die klavier sy gewone funksie van "net maar" 'n meubelstuk, of "net maar " 'n musiekinstrument. En die probleem lê by daardie "net maar. In 'n wêreld, in 'n land, soos ons s'n, moet mens jou afvra watter besondere betekenis daar verbonde kan wees aan kultuur, meer spesifiek aan die kunste? Waarom is u, vandag se graduandi, belangrik vir hierdie land en hierdie wêreld? As ons kyk na die oorlog in Irak, of nader aan die huis: aan die vlakke van geweld en misdaad wat ons omring, die woelinge wat teen wil en dank rondom demokratisering plaasvind, aan armoede, vigs, gebrekkige mediese versorging, die voortduur van rassisme, die hebsug, die arrogansie, die uitbuiting, die korrupsie... dan moet jy noodwendig wonder wat op dees aarde die kuns kan vermag in so 'n wêreld? Nie veel nie, is mens se eerste reaksie. En tog ook, sou ek wou waag om te sê: alles. Want dit is in die heel eerste plaas deur die kunste dat betekenis in die wêreld geskep en bestendig word. Ek praat nie nou van inligting nie - hoewel ook dit, vanselfsprekend, 'n beginpunt vir menslike aksie en interaksie, en selfs van menslike waardigheid is. Maar betekenis begin eintlik waar inligting eindig. Want deur betekenis word die "blote" bestaan van feite en syfers verruim met die gewig van die volle spektrum van menslike ervaring. Soos Raymond Williams dit gestel het, bevat betekenis "an amplitude which information lacks". Tot die bloot feitelike en werklike bring dit die toegevoegde waarde van be- en geleefde ondervinding. Want wanneer ons ons vereenselwig met die ondervindings van 'n Boesman en 'n Lena op die verhoog, of met die lotgevalle van karakters op die bladsye van Dan Sleigh se Eilande, of met die melodie van 'n Mozart-sonate of 'n lied van Bob Dylan, of die oorwinning van beweging oor stilte in 'n dans, of 'n figuur van Degas of Andy Warhol op 'n doek, dan gaan dit nie daarom dat ons iets "leer" nie, maar dat ons iets beleef. Dít is wat ek bedoel met "betekenis". En in dié opsig funksioneer die kunstenaar nie maar net as 'n 4

individu nie, maar as 'n argief van menslike belewenis, as 'n ruimte waar enkeling en gemeenskap met mekaar in gesprek tree. In die nuwe tydvak, waar apartheid en sy gesindhede nog steeds afgebreek word, hoef hierdie gesprek nie so oop-en-bloot te wees as in 'n tyd van direkte konfrontasie nie; en tog verteenwoordig vandag se kunsskepping ook nie 'n radikale breuk met die verlede nie. Daar is nog skakels; en daar is 'n behoefte aan skakels. Dié lê veral in die kunstenaar se bewussyn van, en sy of haar betrokkenheid by 'n groter konteks, 'n breër sosiale verband. Daar is 'n bewussyn van die ander ín die self, en die private ín die openbare, iets waarvan ons betrokkenheid by die kunste in die komende jare ongetwyfeld sal getuig. Wat dit meebring, is 'n grondige besef van verantwoordelikheid. En sonder die opneem van dié verantwoordelikheid - vir en teenoor die menslike kondisie waarbinne ons almal bestaan - kan dit nooit sy volledige menslike potensiaal vervul nie. Ek is; ons is bepaal al ons interaksies met die wêreld. Want in die diepste sin van die woord is en bly ons die hoeders van ons broeders en susters. Soos Rilke gesê het, is ons elkeen die bewaker van die ander se allenigheid. Dit is nie 'n verantwoordelikheid wat vanself kom nie. In laaste instansie is dit 'n kwessie van keuse. Hierin, immers, bestaan ons uiteindelike vryheid: dat wat ons is, en wat ons skep, op stuk van sake berus op 'n keuse wat ons doen. Daar was onlangs in Afrikanergeledere 'n heftige debat wat gestimuleer is deur 'n generasie van middeljarige blanke mans wat hul vaders blameer vir die morele gemors waarin hulle beland het toe hulle gestuur is om in Angola te gaan veg ter wille van daardie vaders, in 'n oorlog wat hulle, so verseker hulle ons vandag, nooit uit eie keuse sou aangepak het nie. (Ook die jonger generasie kan, veral teen die agtergrond van die oorlog in Irak, saam met Kipling se jong man sê: "And if they ask you why we died,/ Tell them because our fathers lied.") In die Afrikaanse debat was daar twee ontstellende verskynsels: eerstens, die bewering dat daardie generasie geen keuse in die saak gehad het nie; tweedens, die behoefte om iemand anders te blameer vir wat in hul eie lewens skeefgeloop het. Onder alle bevolkingsgroepe is daar vandag nog steeds dieselfde neigings: om verantwoordelikheid te ontduik deur ander die skuld te gee (die vaders, apartheid, die swartes, die blankes...); en die drang om te kla oor die gebrek aan 'n kans om te kies. As daar één ding is wat die wêreld van die kunste belig - 'n 5

wêreld wat vir elke enkele een van ons ter sake is - dan is dit die opwindende en ontsenuende feit dat dit onsself is, en niemand anders nie, wat verantwoordelikheid moet aanvaar vir ons lewe; en dat ons altyd - altyd! - 'n keuse hét. Daarin lê ons hemel, en ons hel. Dit is waarom ons wêreld vandag die kunste méér nodig het as ooit tevore, nie minder nie. Ons toekoms berus nie noodwendig op antwoorde nie, maar op die vrae wat ons dit durf waag om te stel - aan andere en aan onsself. Dit is die waarborg van ons menslikheid. Uit: TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 41(1) 6