Schützprojek Februarie 2016

Similar documents
AB BLOKFLUIT / RECORDER

Teks van die Week: Psalm 77: 8 10, 12 13

THE HARMONISCHE SEELENLUST (1733) BY G.F. KAUFFMANN ( ): A CRITICAL STUDY OF HIS ORGAN REGISTRATION INDICATIONS. by Theodore Justin van Wyk

Konsepvraestel Sample Paper

Vier seisoene kind (Afrikaans Edition)

Improvisation through Dalcrozeinspired activities in beginner student jazz ensembles: A hermeneutic phenomenology

Trying to conform? Livestock conditions a key world issue, says FAO. Men s Fashion. Women s Fashion

BASIC EMOTIONS IN TSHIVENDA: A COGNITIVE SEMANTIC ANALYSIS MATODZI REBECCA RAPHALALANI

AP - ORKESTE / ORCHESTRAS

O'REILLY. hulle het die fasiliteite om die band weer skoon te maak. We sent the tapes with regard to which no significant

Theological Bibliography

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

AP - ORKESTE / ORCHESTRAS

University of Pretoria Yearbook Total credits 480 Contact Prof AF Johnson +27 (0)

OSM Openingskonsert 2016 met Stefan Temmingh (blokfluit), Erik Dippenaar (klavesimbel) & die OSM Camerata olv Xavier Cloete ODEION 18 Maart :30

SASMT Tygerberg presents. The. Hubert van der Spuy. National Music Competition. Entry Form September Hugo Lambrechts Music Centre

INSTRUMENTAAL AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

Inhoudsopgawe. Met God in pas. Leef in God se liefde. Jesus se laaste opdrag. Bewerker van wonderdade. In donker tye. n Tyd vir stilword

Ondersoek vier verskillende style in musiek *

South African Theological Bibliography Suid-Afrikaanse Teologiese Bibliografie

Wiskunde Geletterdheid Graad 11 Vraestelle En Memo

Woordfees 2018 Skrywersfees

Navorsings- en oorsigartikels / Research and review articles

INSTRUMENTAAL AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

Category 5: Speech and Drama

Choral and Ensemble conducting

AX KOORFEES / CHOIR FESTIVALS

COLLABORATION IN SOUTH AFRICAN ENGINEERING RESEARCH. R. Sooryamoorthy

EVERS LEAVE A TRAIL EVERS LAAT N SPOOR NA

AN RFBAND-WIOTH SWITCH FOR MULTIMEDIA TRANSMISSION

"N AL TERNATIEWE BENADERING TOT FLUITONDERRIG VIR HOERSKOOLLEERLINGE: AGTERGRONDSTUDIE EN RAAMWERK VIR 'N FLUITHANDBOEK

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Die ontwikkeling van die vroee klaviertrio met spesifieke verwysing na die rol van die klavier

Die impak van mise-en-shot op die interpretasie van oudiobeskryfde film

Die interpretasie en uitvoering van Stefans Grove se Afrika Hymnus 11

KEHS : GRADE 8 TEXT BOOKS 2017 NAME OF CHILD SUBJECT TEXT BOOK PRICE QTY AMOUNT INCLUDED

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

THE ROLE OF MUSIC, PERFORMING ARTISTS AND COMPOSERS IN GERMAN-CONTROLLED CONCENTRATION CAMPS AND GHETTOS DURING WORLD WAR II WILLEM ANDRE TOERIEN

INSTRUMENTALE AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

Die elemente van drama in sosiale en kulturele gebeurtenisse ondersoek

Die Suid-Afrikaanse konsertpianis Steven DeGroote, die 1977 Van Cliburn Internasionale Klavierkompetisie en die Koue Oorlog

Van opera tot politopera? Nuwe strominge in Suid-Afrikaanse operakomposisie en -resepsie

BRIL LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

WATTS. (drukwerk / hardcopy courtesy ZS6BAQ)

PROGRAMME PROGRAMMES

DIE INTERPRETASIE VAN CHARLES E. IVES SE CONCORD SONATE VOLGENS SY ESSAYS BEFORE A SONATA

Igo Graad 10 Vraestelle

Exploring the role of pianists emotional engagement with music in a solo performance. Catherine Jane Foxcroft

HIDDEN MARKOV MODELS FOR TOOL WEAR MONITORING IN TURNING OPERATIONS

PSALM-LIKE TEXTS IN AFRICAN CULTURE : A PEDI PERSPECTIVE

LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT

Kabaret in Suid-Afrika: Kabarett of Cabaret?

OORWEGINGS BY DIE REALISERING EN DOKUMENTERING VAN N DUET- OF DUO- ORRELTRANSKRIPSIE VAN FAURÉ SE REQUIEM (OP. 48)

EKSAMENAFBAKENING GRAAD 4 - NOVEMBER x Tafels. Kwartaal 4

A performance basedresearch

Analysing Ranking Algorithms and Publication Trends on Scholarly Citation Networks

Die Eiland: 'n Distopiese Jeugroman (Eilandserie Book 1) (Afrikaans Edition) By Jen Minkman

Abraham Lincoln het gesê: Op die ou einde is dit nie die jare in jou lewe wat tel nie, maar die lewe in jou jare.

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 DRAMATIC ARTS

Oregon Bach Festival Discovery Series BWV 19 Es erhub sich ein Streit 2005

KABARET AS SOSIALE EN POLITIEKE KOMMENTAAR: N ONTLEDING VAN DIE AANWENDING VAN DIE KOMIESE, SATIRE EN PARODIE

SUBNUUS CHANG CHRONICLES THE CHANGES IN CHINA SINCE 1929 CULTURAL REVOLUTION, VISITS HER MOTHER CHANG WITH NOTEBOOK BACK IN THE

6 tenses. 6 tijden mix. Present Simple Past Simple Present Continuous Past Continuous Present Perfect Past Perfect

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Baroque Project 2011

Graad 12 Lewenswetenskap Vraestelle Februarie Maart

WILLEM HENDRIK ADRIAAN BOSHOFF (1951 -) Biografiese narratief en kontekstualisering van Boshoff as konseptuele kunstenaar

Also Hat Gott Die Welt Geliebt, BWV 68: Oboe 2 Part (Qty 3) [A1145] By Johann Sebastian Bach

REINVENTING CINEMA: A PERSPECTIVE ON THE IMPLICATIONS OF THE INTERNET ON THE CINEMA INDUSTRY

KONFERENSIEVERSLAG : "TEN DENSE VAN TAGTIG; TEORIEE EN PRAKTYKE IN DIE KUNSGESKIEDENIS" (RGN, 7 OKTOBER 1989)

DE VOS, DIRK J. J. (DIRK JOHANNES JACOBUS), DE VILLIERS, J. C. (JOHANNA CORNELIA) De Vos - De Villiers papers,

MONUMENTE EN GEDENKTEKENS OP WEERMAGSTERREINE

PARADIGMATIESE VERSKUIWINGS IN DIE SUID-AFRIKAANSE KUNSGESKIEDSKRYWING

I bruise easily, So be gentle when you re handle me

BIBLIOGRAFIE. Ferreira, J. M Afrika-elemente in die Musiek van Jeanne Zaidel-Rudolph. MMus-verhandeling. Universiteit van Pretoria: Pretoria.

Written by bluesever Wednesday, 03 March :44 - Last Updated Wednesday, 11 March :00

LAAT-STYL BY J. S. BACH EN BEETHOVEN AAN DIE HAND VAN DIE GOLDBERG EN DIABELLI VARIASIES ANNE FRANÇOISE LAMONT

1988: 170). Die narratiewe verklaring verduidelik dan "hoekom" 'n situasie of 161).

Bruno Alfredo Pinto Ribeiro

GRADE 12 SEPTEMBER 2014 DANCE STUDIES

Examples of accession and acquisition numbers on labels, either gummed to the object or attached by means of string

3 KINDER- EN STUDENTEJARE ( ) 3.1 Kinderjare

Coimisiún na Scrúduithe Stáit State Examinations Commission LEAVING CERTIFICATE EXAMINATION 2005

Die aristokraat-virtuoos in die moderniteit: Die ontwikkeling van die Franse Fluitskool in die laat negentiende eeu

vragen en ontkenningen

This Month at Christison Rare Books. Newsletter 145. Afrikaans

n Kritiese ondersoek na die funksie van biomusikologiese gegewens in Wilken Calitz se 2092: God van Klank

INHOUDSOPGAWE / CONTENTS

Kerklike tradisie en kultuur as bydraende faktore in die diens aan die Koninkryk die lewe en werk van dominee Kálmán Papp II (geb.

Die onderrig van millenniërs in die Afrikaans-klaskamer: Humormateriaal as onderrigstrategie

Musiek kan my teken : klanke, voëlgeluide en musiek in die digkuns van Lina Spies

DIE VERBAND TUSSEN AGGRESSIE EN HOUDING TEENOOR VERSKILLENDE MUSIEKGENRES BY STUDENTE. deur. Mianda Erasmus

JSB Ensemble 2019 Audition Requirement Choir

Stars FILE 7 STARS KGT 2

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA /ES (GAUTENG AFDELING. PRETORIA)

Die Eiland: 'n Distopiese Jeugroman (Eilandserie Book 1) (Afrikaans Edition) By Jen Minkman

11. SACRED MUSIC - EXTENDED WORKS

Laat waai met jou gawes

Choral preludes from Mus. Ms

Departement Filosofie Universiteit van die Vrystaat Bloemfontein

Transcription:

1. Agtergrond Schützprojek Februarie 2016 Die Schützprojek van einde Januarie 2016 is reeds die derde inisiatief met hierdie spesifieke formaat, gewy aan Heinrich Schütz, die belangrikste Duitse komponis van die sewentiende eeu. Die sukses van die vorige projekte en die feit dat hierdie musiek dit moontlik maak om in n klein ensemble sulke uiteenlopende instrumente soos strykers en skuiftrompette te kombineer, motiveer die voortsetting van hierdie tradisie benewens ander aktiwiteite van die Koepel Kunstesentrum (meestersklasse en konsertprojekte soos die komende uitvoering van die Johannespassie van Bach in Maart 2016 met historiese instrumente.) Sedert 2008 word kursusse, konsertprojekte en meestersklasse in Historiese Uitvoeringspraktyk met die hulp van die voorste Europese kundiges deur die Koepel Kunstesentrum aangebied. Die doelwit is om n kerngroep van kundige musici in die land te vestig vir die uitvoering van nie-hedendaagse musiek volgens die uitvoeringsideale en met die instrumente van die tyd waarin dit gekomponeer is. Aangesien een belangrike struikelblok die onbekombaarheid van historiese instrumente is, word n aktiewe beleid van aanskaffing van instrumente gevolg. Benewens n bestaande versameling van klawerbordinstrumente (klein pyporrels en klawesimbels) en strykinstrumente, is vir die huidige kursus n stel van drie barokskuiftrompette van n instrumentmaker in Duitsland aangekoop. Die beskikbaarheid van instrumente bied geïnteresseerde musici die geleentheid om praktiese ervaring op te doen en help met die besluit om eie instrumente aan te koop en kundigheid in historiese uitvoeringspraktyk te bekom. Hierdie barokskuiftrompette is die enigstes in die land en daar is na die kursus reeds groot belangstelling van musici. Daar word beplan om die instrumente by die komende winterskool in Vroeë Musiek wat deur die Universiteit van Kaapstad aangebied word, aan Kaapse musici beskikbaar te stel. Die ongelukkige samevalling van die datums van hierdie projek met die Mozartfees in Johannesburg en die UNISA klavierkompetisie in Pretoria het meegebring dat vele van die sangers wat die vorige kursus meegemaak het, nie kon deelneem nie, asook dat die slotkonsert weens kompetisie van ander konserte nie in Johannesburg of Pretoria kon plaasvind nie. 2. Afloop van die projek Die aktiwiteite het op Vrydag 29 Januarie by die Koepel Kunstesentrum op Deelfontein in die Noord-Vrystaat begin, nadat n voorbereidende naweek van instudering reeds twee weke vroeër plaasgevind het. Die musikale leiding was in die hande van Norbert Brandauer, sanger, dirigent en skuiftrompetspeler uit Oostenryk. Deelnemers aan die kursus was tien sangers, vyf strykers, drie skuiftrompetspelers, n blokfluitspeler en n orrelis. Tydens die eerste oefennaweek op Deelfontein is op die inoefening van die koorwerke gekonsentreer. Vanaf Maandag 1 Februarie het die oefeninge aan die huis van Gerhard Coetzer, een van die koorsangers, in Pretoria plaasgevind. Hier is ook intensief met die instrumentaliste geoefen. Op aandrang van die deelnemers is wel n konsert in Pretoria met kort kennisgewing in die Christ Church in Arkadia geskeduleer. Op Sondagmiddag is die program van werke van Schütz in die Etienne Rossouw-teater in Sasolburg voor n groot en geesdriftige gehoor herhaal. 3. Die Musikale Direksie Norbert Brandauer Norbert Brandauer (Salzburg, Oostenryk) is n veelsydige musikus wat as sanger, skuiftrompetspeler, dirigent en musiekopvoeder aktief is. Hy het aan die Mozarteum in Salzburg en die Franz Liszt-Universiteit in Weimar studeer. Sy belangstelling in historiese uitvoeringspraktyk het reeds vroeg in sy loopbaan ontluik, en hy neem aan die Europese Vroeë Musiek-beweging deel as barokskuiftrompetspeler, dirigent en aanbieder van kurusse in Oostenryk, Hongarye en Nederland. As orkesmusikus het hy in ensembles soos Camerata Salzburg, Balthasar Neumann, L Arpa Festante, Marini Consort Innsbruck gespeel, onder andere onder Rene Jacobs en Thomas Hengelbrock. Hy is lid van die Salzburgse Bachkoor, dirigent van die Salzburgse Kamerkoor, en dirigent van die Chorus Juventus by die Weense Seunskoor, waar hy ook musiek onderrig. Verdere dirigeeraktiwiteite sluit die Salzburgse Jeugorkes en verskeie jeug- en kinderorkeste in. Hierdie is Norbert Brandauer se eerste besoek aan Suid-Afrika. 4. Deelnemers Sopraan: Alt: Tenoor: Bas: Viool: Altviool: Cello: Kontrabas: Blokfluit Marilize Hattingh, Helene Joubert, Bianca Scholten Runhild Hüsselmann, Erica Louw Chris Mostert, Hermann Pretorius, Gerhard Coetzer, Corniël Calitz, Gerhard Benade Elmarie van der Vyver, Tanya Spiller Friederike Scholtz Mietze Dill Hilton Anspach Kaleem Ahmid

Altskuiftrompet: Tenoorskuiftrompet: Basskuiftrompet: Dulsiaan Orrel: Nick Green Lincon Jansen Jurie Swart Gerhard Benade John Coulter 5. Die Musiekprogram Die musiekprogram vir die projek bied n dwarssnit uit die werke van Schütz se lang en steeds produktiewe lewe en bestaan uit onder andere uittreksels van sy belangrikste versamelings Symphoniae Sacrae, Psalmen Davids, en Kleine geistliche Konzerte. Dit het die geleentheid geskep om die program af te wissel met groot dubbelkorige werke en musiek vir enkele solostemme met continuobegeleiding of soloinstrumente saam met continuo. Suiwer instrumentele musiek van Schein en Buonamente het die historiese instrumente op hulle eie ten toon gestel. Tydens die konserte kon die musiek in n boeiende vertelling oor die lewe en omstandighede van Schütz ingebind word, wat duidelik by die gehore byval gevind het. 1. Intrade uit Banchetto Musicale Johann Hermann Schein (1586-1630) 2. Musica est Dei donum optimum Orlando di Lasso (1532 1594) Music, the gift of the supreme God, draws men, draws gods; music makes savage souls gentle and uplifts sad minds; music moves the trees themselves and wild beasts, affording solace to all. 6-part choir and instruments colla parte 3. Jauchzet dem Herren (SWV 36) Heinrich Schütz (1585 1672) Psalm 100 (A psalm of Praise) Double choir and instruments colla parte 4. In te Domine (SWV 259) Heinrich Schütz Psalm 31: In you O Lord, do I take refuge; let me never be put to shame; in your righteousness deliver me! Tenor, violin, dulcian and basso continuo 5. Also hat Gott die Welt geliebt Heinrich Schütz John 3:16. For God so loved the world, that He gave His only Son, that whosoever believeth in Him, should not perish, but have everlasting life. 5-part choir and instruments colla parte 6. Herr ich hoffe darauf (SWV 312) Heinrich Schütz Lord, my hope is in your benevolence, my heart is pleased that you help so gladly. I want to sing to the Lord, that He does so well for me. Alleluia. Two sopranos and basso continuo 7. Der Herr ist mein Hirt Heinrich Schütz Psalm 23: The Lord is my shepherd; I shall not want. Double chorus, instruments colla parte and basso continuo 8. Ich bin die Auferstehung (SWV 324) Heinrich Schütz John 11:25-26. Jesus said to her: I am the resurrection and the life. The one who believes in me will live, even though they die; and whoever lives by believing in me will never die. Two tenors, bass and basso continuo 9. Verleih uns Frieden Heinrich Schütz In these our days so perilous, Lord, peace in mercy send us. No God but thee can fight for us,no God but thee defend us; Thou our only God and Saviour. 5-part choir and instruments colla parte

Interval 10. Canzon Buonamente (1595 1642) Strings, recorder, dulcian, trombones and basso continuo 11. Lobe den Herren (SWV 39) Heinrich Schütz Psalm 103. Praise the Lord, O my soul! With all that is in me, praise his holy name! Double chorus and instruments colla parte 12. Anima mea liquifacta est (SWV 263) Heinrich Schütz My soul melted when my beloved spoke; for his voice is sweet, and his face is lovely. His lips are lilies dripping liquid mirth. (Song of Songs) Two violins, two tenors and basso continuo 13. Adjuro vos filiae Jerusalem (SWV 264) Heinrich Schütz I adjure you, daughters of Jerusalem, if you meet my beloved, let him know that I languish with love. (Song of Songs) Two violins, viola, soprano and basso continuo 14. Wohl denen, die da wandeln (SWV 217) Heinrich Schütz Psalm 119. Blessed are those whose way is blameless, who walk in the law of the Lord! Four-part choir and instruments colla parte 15. Fili mi Absalon (SWV 269) Heinrich Schütz O my son Absalom, my son, my son Absalom! If only I had died instead of you, o Absalom, my son, my son! Bass, three trombones, cello and basso continuo 16. Banchetto Musicale Johann Heinrich Schein Instrumental ensemble 17. Nun danket alle Gott (SWV 418) Heinrich Schütz Now let everyone thank God, Who does great things to all ends; Who for us, from our mothers wombs, Has sustained us in life and done good things for us. that He might give us a joyful heart, And might continually grant Peace in our time in Israel. So that His grace may always be with us, And redeem us, as long as we live. Hallelujah. Recorder and violins, 6-part Favoritchoir, 4-part Chapel choir, instruments colla parte and basso continuo 6. Pers Weens die kompetisie van ander konserte in Pretoria en die situasie in die Vaaldriehoek dat daar geen kritici vir klassieke musiek beskikbaar is nie, het geen kritiek van die konserte in die pers verskyn nie. Die onderstaande artikel het voor die konsert in die Volksblad verskyn.

7. Reaksie van Deelnemers Hilton Anspach, kontrabasspeler The Schütz project was an enriching and uplifting experience for me. I think we all need those moments when real life can be forgotten and one s soul washed in pure beauty. As an amateur musician, the feeling is heightened because such meaningful musical experiences are not that frequent. What I m trying to say is this: your project introduced me to a world of music previously unknown to me, and the journey was deeply rewarding. I had some moments yesterday in the concert that were almost overwhelming emotionally something I did not expect at all, and which proves the depth of the experience. Mietze Dill, cellospeelster Dit is inderdaad nogal 'n ontnugtering om nou so sonder al die oefeninge en pragtige musiek te wees! Weereens baie dankie vir al jou harde werk om dit als aanmekaar te sit, en ook die geleentheid wat jy ons almal bied om hierdie min-bespeelde (in Suid- Afrika) era te kan verken. Ek hoop om nog weer saam musiek te maak in die toekoms!

8. Finansiële Verslag Inkomste: Toekenning van die Rupert Musiekstigting 60 000 Etienne Rossouwteater: Konsertbetaling 16 500 Inkomste van konsert in Christ Church 3 390 Totaal 79 890 Uitgawes: Vlug (Brandauer) 11 640 Transport 1 700 Honorarium (Brandauer), 25 167 Honoraria (Coulter, Van der Vyver) 10 000 Akkommodasie en etes (uitgawe van Koepel Kunstesentrum) 10 480 Aankoop van barokskuiftrompette 141 000 Aankoop van bladmusiek 1 990 Administrasie en diverse uitgawes 2 000 Totaal 203 977 Tekort 124 087 9. Impak en resultate van die projek Verskeie faktore het aan hierdie projek groot uitdagings gestel. Die gelyktydige afloop van die Mozartfees en die UNISA klavierkompetisie het nie net die gewone (goed betaalde en deur die publiek goed ondersteunde) konsert by UNISA onmoontlik gemaak nie, maar ook n goeie opkoms vir enige konsert in Johannesburg en Pretoria van die begin af onwaarskynlik gemaak. Verder kon vele van die deelnemers aan vorige kursusse weens ander konsertverpligtinge nie meemaak nie. Die drastiese verslegting van die Rand se waarde het alle items op die begroting wat in Euro betaal moes word, aansienlik duurder gemaak 30%, of R42 000 duurder, om presies te wees. Laastens het die aankoop van drie barokskuiftrompette, hoe merietevol ook al, n geweldige finansiële las op die begroting geplaas. Ten spyte hiervan was die kursus weereens n groot sukses: Groot geesdrif onder die Suid-Afrikaanse deelnemers sowel as vanaf die dirigent, en twee goed ondersteunde konserte in Pretoria en Sasolburg op n baie hoë vlak van musikale afronding, verskaf die energie om met die ondernemings voort te gaan. Inteendeel: Die konsert in Sasolburg het n nuwe, gesofistikeerde gehoor ontsluit en bygedra om Vroeë Musiek aan n groter publiek bekend te stel, die nuwe deelnemers verbreed die basis van ingeligte musici met wie toekomstige konserte moontlik is, en die beskikbaarheid van die barokinstrumente mobiliseer die tersaaklike musici en sal in die volgende paar maande reeds op verskeie geleenthede gebruik kan word. Die momentum opgebou deur die kursusse, meestersklasse, en konsertprojekte wat sedert 2008 deur die Koepel Kunstesentrum aangebied word, neem steeds toe en bereik binnekort n nuwe hoogtepunt met die eerste Suid-Afrikaanse uitvoering van Bach se Johannespassie met historiese instrumente.