DIE ROL VAN DIE TAALWETENSKAP IN DIE ONTWIKKELING VAN DIE LITERATUURWETENSKAP

Similar documents
BASIC EMOTIONS IN TSHIVENDA: A COGNITIVE SEMANTIC ANALYSIS MATODZI REBECCA RAPHALALANI

Teks van die Week: Psalm 77: 8 10, 12 13

Konsepvraestel Sample Paper

Inhoudsopgawe. Met God in pas. Leef in God se liefde. Jesus se laaste opdrag. Bewerker van wonderdade. In donker tye. n Tyd vir stilword

AB BLOKFLUIT / RECORDER

Ondersoek vier verskillende style in musiek *

Vier seisoene kind (Afrikaans Edition)

THE HARMONISCHE SEELENLUST (1733) BY G.F. KAUFFMANN ( ): A CRITICAL STUDY OF HIS ORGAN REGISTRATION INDICATIONS. by Theodore Justin van Wyk

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Trying to conform? Livestock conditions a key world issue, says FAO. Men s Fashion. Women s Fashion

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Improvisation through Dalcrozeinspired activities in beginner student jazz ensembles: A hermeneutic phenomenology

Die impak van mise-en-shot op die interpretasie van oudiobeskryfde film

BRIL LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

University of Cape Town

DIE INTERPRETASIE VAN CHARLES E. IVES SE CONCORD SONATE VOLGENS SY ESSAYS BEFORE A SONATA

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT

Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over

O'REILLY. hulle het die fasiliteite om die band weer skoon te maak. We sent the tapes with regard to which no significant

AP - ORKESTE / ORCHESTRAS

Taal as ingang tot die wêreld: reis, verbeelding, herinnering en identiteit na aanleiding van Breytenbach se A Veil of Footsteps

Redaksioneel Wat woorde beteken: n Voorwoord

2 TONALITEIT AS RELATIEWE BEGRIP. 2.1 Inleiding

AP - ORKESTE / ORCHESTRAS

Navorsings- en oorsigartikels / Research and review articles

Filosofie en die skrifkultuur 1

In Verkenning van postmodernisme en In ekskurs op Daniel 7-12

EKSAMENAFBAKENING GRAAD 4 - NOVEMBER x Tafels. Kwartaal 4

INSTRUMENTAAL AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

mimesis as voorwaarde vir betrokkenheid in die poësie van Antjie Krog

Oor die Estetika van Kos en die Kookkuns 1

I bruise easily, So be gentle when you re handle me

Die Eiland: 'n Distopiese Jeugroman (Eilandserie Book 1) (Afrikaans Edition) By Jen Minkman

THE ROLE OF MUSIC, PERFORMING ARTISTS AND COMPOSERS IN GERMAN-CONTROLLED CONCENTRATION CAMPS AND GHETTOS DURING WORLD WAR II WILLEM ANDRE TOERIEN

Op weg na n koherente siening van die taal- en tekspraktyk

KABARET AS SOSIALE EN POLITIEKE KOMMENTAAR: N ONTLEDING VAN DIE AANWENDING VAN DIE KOMIESE, SATIRE EN PARODIE

HOOFSTUK 4 DIE IMPLEMENTERING VAN DIE KARIKATUUR IN DIE LITERATUUR

LAAT-STYL BY J. S. BACH EN BEETHOVEN AAN DIE HAND VAN DIE GOLDBERG EN DIABELLI VARIASIES ANNE FRANÇOISE LAMONT

Departement Filosofie Universiteit van die Vrystaat Bloemfontein

KOGNISIEWERKWOORDE IN AFRIKAANS

1988: 170). Die narratiewe verklaring verduidelik dan "hoekom" 'n situasie of 161).

Anderbereddering: Met Adorno by die hartslag van die postmoderne intellek

PARADIGMATIESE VERSKUIWINGS IN DIE SUID-AFRIKAANSE KUNSGESKIEDSKRYWING

PSALM-LIKE TEXTS IN AFRICAN CULTURE : A PEDI PERSPECTIVE

n Eksistensiële lees en interpretasie van gekose kunswerke van Reinhardt, Klein en Portway I Venter

Die ontwikkeling van die vroee klaviertrio met spesifieke verwysing na die rol van die klavier

DUCHAMP, KOSUTH EN DIE DISKOERS OOR KUNS. Magritha Christiana Swanepoel

DIE VERBAND TUSSEN AGGRESSIE EN HOUDING TEENOOR VERSKILLENDE MUSIEKGENRES BY STUDENTE. deur. Mianda Erasmus

n Ondersoek na die kunstenaarskap in Die swye van Mario Salviati binne die konteks van die magiese realisme

EXAMINATION BOOKLET JUNE 2018

Marilet Sienaert n Aspek van intertekstualiteit in die poësie van Breytenbach: Francois Villon en die Middeleeuse Franse literêre tradisie.

Woordfees 2018 Skrywersfees

Reflections on a Christian view of human communication

KONFERENSIEVERSLAG : "TEN DENSE VAN TAGTIG; TEORIEE EN PRAKTYKE IN DIE KUNSGESKIEDENIS" (RGN, 7 OKTOBER 1989)

DEUR DIE SLEUTELGAT. 'N ONDERSOEK NA DIE VOYEURISTIESE ELEMENTE IN DIE POESIE VAN JOHANN DE LANGE CHRISTIAAN THEODORUS KEMP

Theological Bibliography

TEORETIESE BEGRONDING 'n Verkennende ondersoek oor nasionalisme met perspektiewe vanuit postkoloniale kritiek en Neo-Marxisme

GRAAD 4 TWEEDE KWARTAAL TOETSREEKS DINSDAG, 28 MEI - WOENSDAG 12 JUNIE 2013

DIE PARADOKS VAN BEGRIP AS GRONDSLAG VAN KREATIWITEIT EN KUNS AS 'N SIMBOOL DAARVAN

6 tenses. 6 tijden mix. Present Simple Past Simple Present Continuous Past Continuous Present Perfect Past Perfect

A JUST AND LIVELY IMAGE PERFORMANCE IN NEO-CLASSIC THEATRE CRITICISM AND THEORY

Humor in kinderverhale in die tersiêre en intermediêre fases van taalonderwys

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Projeksie en die toepassing van die projeksiebeginsel

Die laaste skrywer binne die estetiese reaksie teen modemiteit waarby ek stilstaan, is die Franse

Membraan, dialoog, Ians - Bakhtin/Venter

Analysing Ranking Algorithms and Publication Trends on Scholarly Citation Networks

te n sk a p. B e to g in g s v ir en te e n n C h r is te lik e s ie n in g v a n k u n s g e - sk ied e n is*

Die moderne strewe na artistieke outonomie: 'n Waardering vir 'n gefaalde projek

GRADE 12 LEARNER SUPPORT PROGRAMME

DIE BEELD SE GEDAGTES: 'N ALTERNATIEWE BENADERING TOT DIE VOORSTELLINGSFUNKSIE VAN DIE FOTOBEELD

Kabaret in Suid-Afrika: Kabarett of Cabaret?

HIDDEN MARKOV MODELS FOR TOOL WEAR MONITORING IN TURNING OPERATIONS

"N AL TERNATIEWE BENADERING TOT FLUITONDERRIG VIR HOERSKOOLLEERLINGE: AGTERGRONDSTUDIE EN RAAMWERK VIR 'N FLUITHANDBOEK

COLLABORATION IN SOUTH AFRICAN ENGINEERING RESEARCH. R. Sooryamoorthy

AFRICAN MUSIC IN THE FET CURRICULUM: AN INVESTIGATION INTO TEACHING STRATEGIES AND THE DEVELOPMENT OF A TECHNOLOGICAL RESOURCE

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 DRAMATIC ARTS

Nuwe Geletterdhede vir n ontluikende nuwe wêreld

INSTRUMENTAAL AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

OORWEGINGS BY DIE REALISERING EN DOKUMENTERING VAN N DUET- OF DUO- ORRELTRANSKRIPSIE VAN FAURÉ SE REQUIEM (OP. 48)

n Kritiese ondersoek na die funksie van biomusikologiese gegewens in Wilken Calitz se 2092: God van Klank

South African Theological Bibliography Suid-Afrikaanse Teologiese Bibliografie

WILLEM HENDRIK ADRIAAN BOSHOFF (1951 -) Biografiese narratief en kontekstualisering van Boshoff as konseptuele kunstenaar

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Die karnavalisering van geskiedskrywing in die roman Sirkusboere. Marsha Bernely Luané Barnes BRNMAR063

Mimesis soos beredeneer deur Philippe Lacoue- Labarthe: Horrelpoot (2006) deur Eben Venter as herskrywing van Joseph Conrad se Heart of darkness

Die leser in Breyten Breytenbach se tronkpoësie

Laat waai met jou gawes

* The comprehensive nature of the material which tends to make such courses too

Wiskunde Geletterdheid Graad 11 Vraestelle En Memo

Die desentralisasie van die subjek : 'n post- strukturalistiese beskouing van Breyten Breytenbach se die ysterkoei moet sweet en ("YK").

vragen en ontkenningen

KEHS : GRADE 8 TEXT BOOKS 2017 NAME OF CHILD SUBJECT TEXT BOOK PRICE QTY AMOUNT INCLUDED

Chair s chatter. #worldbookday. Volume 21 Number 1 April 2014

The metaphors in Song of Songs and adolescents: a receptiontheoretical investigation and proposed translation. Charles Dusse

Hoërskool Brackenfell High School Gr. 9 Studiegids/Study Guide November 2016

Die integrasie van humoristiese tekste by taalonderwys om studente se emosionele geletterdheid te ontwikkel: n gevallestudie 1

Die onderrig van millenniërs in die Afrikaans-klaskamer: Humormateriaal as onderrigstrategie

Die elemente van drama in sosiale en kulturele gebeurtenisse ondersoek

Transcription:

31 DIE ROL VAN DIE TAALWETENSKAP IN DIE ONTWIKKELING VAN DIE LITERATUURWETENSKAP Wilhelm Liebenberg Die onderwerp wat ek wi 1 aansny, dek hee ltemal 'n ander terrein as die van die ander referate wat vandag hier gelewer word. Ek gaan nie praat oor die toepassing van taalwetenskaplike kennis by die interpretasie van literere tekste nie, maar oor die gebruik van taalwetenskaplike begrippe en prinsipes by die ontwikkeling van teoriee oor die letterkunde. Dit is 'n betreklik esoteriese asook 'n kontroversiele onderwerp wat mens baie lank sou kon besig hou. My be.handeling daarvan sal dus uiteraard oorsigtelik wees en ek kan alleen maar hoop om hier en daar met verwysing na enkele voorbeelde aan die oppervlak te raak. Die bestudering van literere taalgebruik as deel van die taalwetenskap Die moderne taalwetenskap, wat begin het met De Saussure, het vroeg al n vrugbare uitwerking op die literatuurwetenskap gehad. My verhaal begin in Rusland toe die Moskouse Linguistiese Kring in 1915 gestig is deur n groep linguiste wat n belangstelling in die besondere aard van literere taalgebruik gehad het. Die voorsitter was die bekende taalkundige Roman Jakobson wat jare later by n kongres cor styl, wat in 1958 te Indiana gehou is, in sy bekende "Closing statement: Linguistics and Poetics" die volgende standpunt stel: "Poetics deals with problems of verbal structure, just as the analysis of painting is concerned with pictorial structure. Since linguistics is the global science of verbal structure, poetics may be regarded as an integral part of linguistics." (1960:350) Volgens Jakobson het taal 'n verskeidenheid funksies, waarvan die sogenaamde "poetic f~nction" maar e en is. Hierdie funksies onderskei hy aan die hand_ van. die ~v4'llgende skema van ses faktore wat deel uitmaak van enige vorm van verbale kommunikasie:

Liebenberg 32 CONTEXT ADDRESSER MESSAGE ADDRESSEE CONTACT CODE Die ooreenkomstige funksies van taal is dan: REFERENTIAL EMOTIVE POETIC CONATIVE PRATIC METALINGUAL Riervolgens is die "poetic function" In "focus on the message for its own sake". (Jakobson 1960: 356) Dit is iets wat in al1e vorme van ta.algebruik in 'n mindere of meerdere mate meespeel, maar veral in die poesie opval omdat dit claar dominant is. Dit wat die digterlike taalgebruik kenmerk, is met ander woorde nie net tot die poesie beperk nie, maar hoort tot die studie van taal in die algemeen. Rierdie standpunt word weerspieel in die wyse waarop Jakobson die "poetic function" definieer met behulp van "the two basic modes of arrangement used in verbal behaviour, selection and combination": "The poetic function projects the principle of equivalence from the axis of selection into the axis of combination." (1960:358) In Voorbee ld hiervan vind mens in Caesar se bekende woorde, "veni, vidi, vici", waarin die v-al1iterasie, die gelyke woordlengtes, die eenderse uitgange en die-feit dat die klemtoon elke keer op dieselfde lettergrecp val, saamwerk om die vor-m van die uiting opvallend te maak.

Liebenberg 33 2 Die gebruik van metafoor en analogie Die rol wat metafoor en analogie in die literatuurwetenskap speel, blyk reeds duidelik uit die titel van Vladimir Propp se Morphology of the Fo lktale W8.t in 1928 in Leningrad verskyn het. Na analogie van die morfeem identifiseer Propp die funksie as fundamentele eenheid van die volksverhaal. Die funksie is n daad wat n karakter verrig en wat gedefinieer word ten opsigte van sy betekenis vir die verloop van die verhaal. Die opsienbare bevinding van Propp se studie is dat die aantal funksies wat in n volksverhaal voorkom, beperk is, en dat hulle altyd in n vasgestelde volgorde verskyn. Byvoorbeeld: 1. Een van die lede van n familie verlaat die huis. 2. Die held word iets verbied. 3. Die verbod word oortree. 4. Die skurk probeer inligting inwin. 5. Die skurk bekom informasie aangaande sy slagoffer. 6. Die skurk probeer sy slagoffer om die bos lei om hom gevange te neem of iets van hom in besit te neem. 7. Die slagoffer word om die bos gelei en help onwetend die vyand. n Lid van die familie begeer iets of het n be 8. Die skurk berokken skade aan een van die familie. OF: hoefte aan iets. 9. Skade of tekort word bekend gemaak; die held word genader met n versoek of bevel; hy word toegelaat om te vertrek of gestuur. Sekere funksies mag weggelaat word die verhaal kan byvoorbeeld eers by 8. begin maar die volgorde van die wat oorbly mag nie verander nie. Aan die hand hiervan bevind Propp dat alle volksverhale tot een tipe behoort wat betref hul struktuur. Propp se werk het gedien as voorbeeld vir die sogenaamde Paryse Strukturaliste wat later die moontlikheid van 'n algemene verhaalgraimllatika ondersoek het. In "The Grannnar of Narrative" uit 1968 onderskei Tzvetan Todorov tussen episodes wat 'n toestand (van equilibrium of disequilibrium) beskryf, en episodes wat 'n oorgang van een toestandha 'n'ander beskryf. Predikate wat toestande beskryf noem hy narratiewe "adj ektiewe", en die'.wat die oorgang van een toestand na 'n ander beskryf, word narratiewe "werkwoorde" genoem. Todorov ont leen ook 'n stel sekondere kategoriee aan die linguistiek soos "voice, aspects, mood, tense," ens., waarop ek n{e verder sal ingaan nie. (Vgl. Todorov 1977)

Liebenberg 34 Waarop ek wei wil wys is dat Todorov se benadering in 'n belangrike opsig van die van Propp verskil. Wanneer hy van 'n verhaalgrarrnnat.ika en van narratiewe "adjektiewe" en "werkwoorde" praat, is hy nie bloot besig om metafore aan die taalwetenskap te ontleen nie, maar gaan hy van die veronderstelling uit dat daar In sekere verwantskap tussen taal en verhaal ~s. "The notion of a grarrnnar of narrative", skryf Todorov, "rests on the profound unity of language and narrative We shall understand narrative better if we know that the character is a noun, the action a verb. But we shall understand noun and verb better by thinking of the role they assume in the narrative." (1977:119) By Todorov vind mens dus iets van Jakobson se benadering terug die idee dat taal en letterkunde volgens dieselfde strukturele beginsels georganiseer is. Die aktansiele model van Greimas 'n soort dieptestruktuur vir die rolle van verhaalkarakters is eweneens op die sin gebaseer. (Vgl. Greirnas 1966:180) Oak Roland Barthes sluit in sy "Introduction to the Structural Analysis of Narrative" hierby aan: "Structurally, narrative shares the characteristics of the sentence without ever being reducible to the simple sum of its sentences: a narrative is a long sentence, just as every constative sentence is in a way the rough outline of a short narrative." (1977:84) "Nor does the homology suggested here", skryf hy verder "have merely a heuristic value: it implies an identity between language and literature... It is hardly possible any longer to conceive of literature as an art that abondons all further relation with language the moment it has used it as an instrument to express ideas, passion or beauty: language never ceases to accompany discourse, holding up to it the mirror of its own structure." (1977:85) Hierrnee het ons in wese reeds uitgekom by 'n derde rol wat die taalwetenskap speel, nie net in die ontwikkeling van die literatuurwetenskap nie, maar ook wat die studie van tekens in die algemeen betref.

Liebenberg 35 3 Die taalwetenskap as model v~r die semiotiek algemene teken- De Saussure stel in sy Course in General Linguistics TI leer in die vooruitsig die Semiologie: "Since the science does not yet exist, no one can say what it would be; but it has a right to existence, a place staked out in advance. Linguistics is only a part of the general science of semiology; the laws discovered by semiology will be applicable to linguistics." (1974:16) In Elements of Semiology skryf Roland Barthes so te se 'n halfeeu later dat die semiologie bloot TI tentatiewe wetenskap gebly het. Die rede daarvoor, stel hy voor, Ie in die feit dat De Saussure die linguistiek as bloot TI onderdeel van die algemene tekenleer beskou het. "We must now face the possibility"!>kryf Barthes, "of inverting Saussure's declaration: part of the general science of sign$, part, it is semiology which is a part linguistics is not a even a privileged of linguistics." (1967: 11) Ek moet dadelik byvoeg dat Barthes hierdie standpunt bloot as TI werkship6tese beskou. Hy verwag nie dat die semiologie altyd die linguistiese model sal volg nie; die idee is dat dit die nodige terminologie en "discovery procedures" sal verskaf om die nuwe wetenskap op gang te kry. Dit is in hierdie lig dat TI mens die werk van Todorov en Greimas moet sien. Hoewel daar geldige kritiek ingebring is teen hul verhaalgrammatikas, o.a. deur Jonathan Culler (1975: 215-216,233-234) en Robert Scholes (1974:102-107), het hulle saam met Bremond n nuwe wetenskap bevorder wat vandag onder die naam van die Narratologie groot vooruitgang maak. 4 "Literary Competence" In die voorafgaande het die klem geval op strukturerende beginsels en strukture wat nie net tot die Jetterkunde beperk is nie. Greimas, Tod'orov en Barthes ond~rsoek byvoorbeeld' verhaalstrukture in die algemeen, of hulle:nou binne.die.letterkunde voorkom of daarbuite. In sy boek, Structuralist Poetic!>, vestig Jonathan Culler weer die aandag op dit wat eie aan die letterkund'e is: literere konvensies. Dat d'aar sulke uniek-literere konvensies bestaan, kan maklik geillustreer word aan die hand van byvoorbeeld Opperman se "optelgedig",

Liebenberg 36 "Ruimtesentrum Houston" in Edms. Bpk. of die sogenaamde "walvisgedigte" in N.P. van Wyk Louw se Tristia. Dit wat plek-plek feitlik letterlik uit n koerantberig of n boek oor walvisse oorgeneem is, word as gedig op n heel ander wyse gelees as in die oorspronklike bronne. In Mens sou byvoorbeeld in die walvisgedig oor Svend Foyn, wat die harpoenkanon bedink het, In simboliese interpretasie kon gee van die sneeu, of selfs van die walvis iets waaraan mens nooit sou dink by die lees van Palm se oorspronklike boek oor Walvisschen en Walvischvaart nie. In Verdere konvensie wat s legs binne In literere konteks funksioneer, is prosodie. Robert Graves gee In pragtige illustrasie hiervan wanneer hy argumenteer: "One doesn't 'listen' when reading standard prose; it is only in poetry that one looks out for metre and rhythmic variations on it. The writers of VeT'S ZibT'e rely on their printers to call your attention to what is called 'cadence' or 'rhythmic relation' (not easy to follow) which might have escaped you if written as prose: this sentence, you'll find, has its thumb to its nose." (gesiteer in Culler 1975: 164) As mf'ns dit as prosa met die oog lees, val dit naamlik glad nie op dat die laaste deel van hierdie aanhaling n amfibraggiese metrum het n~e. Omdat ons hier met iets spesifiek literers te make het, stel Culler voor dat die literatuurwetenskap n eie literere "compet.ence" moet beskryf. Die Chomskyaanse linguistiek dien dus hier as metodologiese, eerder dan as strukturele model. In 'n sekere sin is die begrip "literary competence" nuttig, aangesien dit die aandag vestig op die feit dat die interpretasie van literere werke geskied volgens In stel geinternaliseerde leeskonvensies. Daar hou die ooreenkoms egter op. Literere konvensies is, soos die woord reeds aandui, nie iets universeels nie, maar gewoonlik tot spesifieke lesersgroepe beperk. Sekere literere konvensies word naamlik eers op universiteit geinternaliseer. Daarom is dit byvoorbeeld onwaarskynlik dat iemand sonder enige literere skoling op die amfibraggiese met rum in n Robert Graves-gedig sal let. Leeskonvensies verskil ook uiteraard van genre tot genre en nie aile genres deel dieselfde lesers nie. Mens sou byvoorbeeld Shakespeare-deskundiges kon kry wat nie die nodige "competence" het om n Cowboy-verhaal na behore te lees nie. Ind'ien hulle nie met die konvensies daarvan vertroud is nie, sal hulle nie die spesifieke verwagtingspatroon deel wat deur die Cowboyboekskrywer gemanipuleer word en waarvan hy juis vir sekere effekte afhanklik is nie. Tvleedens is literere konvensies tydsgebonde. Om dit te s~en hoef mens

Dit is hierdie ve id'owende werking van gewoonte en roet ine wat die kunstenaar dan teenwerk deur dinge in In ongewone lig te stel. Deur n daad van kreatiewe deformasie kan hy ons persepsie van die wereld dis-outomatiseer en nuwe skerpte gee. Daarin le die trefkrag van die metafoor om In voor die hand liggende voorbee ld te noem. Metahttp://spilplus.journals.ac.za/ Liebenberg 37 maar net die beginsels van "Practical Criticism" met die van die middeleeuse patristiese ekfegese te vergelyk. Culler blyk van beide hierdie aspekte van literere konvensies bewus te wees: "problematic cases the work which some find intelligible and others incoherent, or the work which is read differently in two periods", argumenteer hy byvoorbeeld, "furnish the most decisive evidence about the system of operative conventions." (1975:123) Culler se model van "literary competence" behels dus nie net een universele stel -literere konvensies nie, maar In beskrywing van al die verskillende literere konvensies wat op verskillende tye vir verskillende genres geld. So n model sou dan nie uitsluitsel gee oor welke interpretasie van n gegewe werk korrek is of wat as letterkunde beskou kan word nie, maar eerder rekenskap gee van watter spektrum van interpretasies vir n gegewe teks almal moontlik en aanvaarbaar sou weese In Verdere belangrike verskil tussen Culler se "literary competence" en taalkundige "competence" is nat literere konvensies nie soos die TGG of die teksgrammatikas van die Paryse Strukturaliste met die sintaksis (die relasies tussen tekens onderling) te make het nie, maar met die pragmatiek (die relasie tussen teks en teksgebruiker). Literere konvensies bepaal naamlik hoe die leser die teks benader en interpreteer, en nie hoe die teks self gekonstrueer is nie. Hoewel Culler se begrip, "literary competence", n belangrike bydrae maak, het dit as pragmatiese model sy beperkinge. Terwyl dit die verskille tussen literere konvensies wat met die verloop van tyd intree, akkommodeer, verskaf dit geen teorie van hoe die verandering plaasvind wat daardeur geimpliseer word nie. Daarmee ignoreer dit ook die feit dat vernuwing n belangrike eienskap van die letterkunde is. Dit is iets waarvan die Russiese Formaliste reeds deeglik bewus was. Viktor Sklovskij het byvoorbeeld in die letterkunde n sekere meganisme geidentifiseer wat hy "ostranenija" genoem het "making it strange". "People living at the seashore", skryf Sklovskij, "grow so accustomed to the murmur of the waves that they never hear it. By the same token, we scarcely ever hear the words we utter... We look at each other, but we do not see each other anymore. Our perception of the world has withered away, what has remained is mere recognition." (Erlich 1955:176/7)

Liebenberg 38 fore verloor egter met tyd hul varsheid en word IIdooie metafore". Net so raak literere tegnieke deursigtig en val hulle later nie meer op nie. Daarom is vernuwing altyd weer nodig en impliseer die nosie van "making it strange" 'n inherente literere dinarniek. Dit is dan ook algemeen bekend dat verandering in die letterkunde dikwels met skokke gepaard gaan. 'n Mens kan hier die voorbeeld van T.S. Eliot se Wasteland noem wat aanvanklik glad nie eens vir publikasie aanvaar is nie, en toe dit wei verskyn, nog In tyd lank deur die meeste lesers van poesie vreernd en onverstaanbaar gevind is. Hierdie aspek van die 1etterkunde word wei behandel deur Jurij Lotman in Die Struktur literarischer Texte (1972) wat in die verband van die wiskundige spelteorie (Games Theory) gebruik maak. (Vgl. Lotman 1972: 407) Volgens Lotman strook die literere konvensies en leesverwagtinge wat die leser na die teks bring nooit heeltemal met die wat deur die skrywer gebruik is nie. Daar vind dus altyd in In meerdere of mindere mate In konfrontasie plaas tussen twee kodes die van die leser, en die van die teks. Die uiteindelike interpretasie kom tot stand as gevo1g van 'n kompromis tussen die twee. In sy boek, The Act of Reading (1978), bied Wolfgang Iser 'n fenomenologies-gebaseerde benadering tot dieselfde vraagtuk, en beroep hom weer op die Algemene Sisteemteorie. (Vgl. Iser 1978:71) Volgens hom open die interaksie tussen die teks- en leserkodes vir die leser nuwe benaderings tot die werklikheid omdat die literere teks sekere moontlikhede wat deur die leser se model van die werklikheid geneutraliseer of "genegativiseerll is, na vore bring. Die pragmatiese interaksie tussen teks en leser word hiervo1gens dus ook gedeeltelik deur die semantiese komponent die relasie teks-werklikheid bepaal. Hierdie invloed van die literatuur op die leser se werklikheidsbeskouing is dikwels as "bevrydend" beskou, onder andere deur die resepsie-estetikus Hans Robert Jauss in sy bekende intreerede, "Literary History as a Challenge to Literary Theory" (1970/1). Dit is ook nie toevallig dat Sklovskij se tenn "ostranenija", oftewel "making it strange", weerklank vind in Brecht se nosie van Verfremdung nie. Ook Adorno van die sogenaamde "Frankfurter Schu1e" beskou die estetiese aspek van die letterkunde as In "negatiwiteit" wat bevrydend werk ten opsigte van die heersende ideologie. Hierdie vernuwende eienskap van die letterkunde is, soos ons gesien het, 'n funksie van die pragmatiese en semantiese komponente van kommunikasie en dus iets wat buite die bereik Ie van die linguistiesgeorienteerde literatuurwetenskap wat hom hoofsaaklik met die sintaksis bemoei. Onder die invloed van De Saussure het die Paryse Strukturaliste veral aandag gegee aan die sinchroniese studle van universe1e strukture semiotiese sisteme en "grannnatikas". Aan die begin van die sewentigerjare kom daar egter 'n reaksie. Roland Barthes, wat in Elements of Semiology en "Introduction to a Structural Analysis of Narratives" heeltemal wetenskaplik te werk gegaan het, begin met S/Z en ctaarna 1.7erke pub liseer wat a1 hoe moeiliker verstaanbaar word, wat

Liebenberg 19 allerhande insigte bied maar uiteindelik die leser se pogings tot begrip en opsomming opsetlik blyk te vermy. Hierdie latere fase van Barthes, waarin hy die denke van die geykte benaderings van die wetenskap probeer "bevry", word agteraf gesien as 'n vernuftige vorm van "dekonstruksie" iets wat ek nie hier sal probeer verduidelik nie aangesien dit jui~ die bedoeling van die dekonstruksionisme is om "verstaanbaarheid" (in terme van heersende denkraamwerke altans), stelselmatig te vermy. Terwyl ek oor die rol van die linguistiek met betrekking tot die literatuurwetenskap praat, wil ek egter wei iets oor die aandeel van De Saussure in hierdie verband se. 5 De Saussureen die Post-Strukturalisme Benewens sy Course in General Linguistics bestaan daar ook van De Saussure 'n aantal geskrifte oor die klassieke poesie wat eers weer in 1964 deur Jean Starobinski in Parys onder die aandag gebring is. Wat besonderlik is omtrent hierdie studies is die wyse waarop De Saussure Latynse gedigte in terme van anagramme analiseer. Onderliggend aan die vers: Taurasia Cisauna Samnio cepit ontdek hy byvoorbeeld In anagram vir die naam "Scipio" wat hy die "hipogram" van die reih noem. Op hierdie beginsel probeer hy dan In semiot iek van die poesie baseer. Aangespoor deur die feit dat moderne digters dikwels volgens hul eie oorlewering faktore soos rym nie as beperkend ervaar nie, maar eerder as 'n inspirasie, ondersoek hy die moontlikheid dat aile poesie, ook die moderne, vanuit hipogramme gegenereer word. Daar was egter iets wat hom laat twyfel het: dikwels het hy ondervind dat hy na 'n tyd 'n tweede anagram ontdek.. en dan 'n derde en 'n vierde... Dit het die vraag laat ontstaan watter dan die regte een sou weese Daarmee het die hele kwessie van die outeursintensie problematies geword. In In poging om eksterne konfirmasie vir sy teorie te kry, skryf hy toe aan'n Latinis, ene professor Pascoli te Bologna, om uit te vind of die Latynse digters inderdaad bewustelik van die hipogram-metode gebruik gemaak het. Toe sy brief nooit beantwoord is nie, het hy sy ondersoek gestaak. Wat vir De Saussure self 'n mislukking was, is egter deur die sogenaamde Tel Quel-groep in Parys (waarvan Roland Barthes lid was) as van besondere belang beskou. In hierdie "tweede De Saussure" het hulle naamlik iets gevind wat.radikaal afwyk van die tekenopvatting van sy Course in General Linguistics. Daarin word die teken nie net op 'n negatiewe wyse gedefinieer in,terme van sy relasies met ander tekens nie, maar ook as 'n twee-kantige p~igologiese entiteit waarin 'n konsep kombineer~ met 'n klankbeeld. _.-. die. signifie en: die signifiant. Hierdie tweekantigheid van die teken is gesien as 'n Cartesiaanse dualisme met die signifie as transendentale gegewe. De Saussure se tekenteorie was.dus op 'nidealistiese benadering gegrond. Gevolglikwas dit betekenisvol dat hy sy semiotiek van die poesie

Liebenberg 40 baseer juis op die vind van anagramme iets wat alleenlik op die relasies tussen woorde as letterkonstellasies betrekking het. Die generasie van versreels deur hipogramme is dus n proses wat hom suiwer op die vlak van die sigm:fiants volvoer, en waarby die "transendentale" aspek van De Saussure se taalteken geen rol speel nie. Die moontlikheid van n semiotiek wat aileen in terme van die signifiant geformuleer word, het dan die weg gebaan vir n materialistiese beskouing van die taalteken as iets wat beteken bloot vanwee sy plek in n netwerk van signifiants. Gevolglik is die intensie van die outeur waarna De Saussure bly soek het, glad nie meer ter sake nie en is die nos ie van In korrekte hipogram ook daarmee heen. n Uitspraak van De Saussure wat in hierdie verband gesiteer word, is: "The 'anagram' should not be defined as a regulated dislocation lacking completeness, but as an indeterminable multiplicity, a radical undecidability, which undoes all codes." (gesiteer in Leitch 1983:10) Dit is juis hierdie "indeterminable multiplicity" wat Roland Barthes in s/z in die plek stel van die juiste betekenis wanneer hy die scriptible (writerly) teks introduseer as alternatief tot die lisible (readerly) "The writerly text" skryf Barthes, "is ourselves writing, before the infinite play of the world (the world as function) is traversed, intersect~d, stopped, plasticized by some singular system (Ideology, Genus, Criticism) which reduces the plurality of entrances, the openings of networks, the infinity of languages." (1975:5) Daarmee voer Barthes die proses wat begin is deur die New Critics se aanslag op die sogenaamde "Intentional Fallacy", heelwat verder. n Mens sou hier eintlik ook op die invloed van Lacan se toepassing van De Sacs sure op Freud moet wys, en op Macherey se Theory of Literary Production Barthes is naamlik besig om repressie teen te werk, en die teks as produksieproses in stede van konsumpsie-artikel te benader. Ek wil dit egter laat by enkele woorde oor Derrida van wie die woord "deconstruction" kom en net daarop wys dat niemand minder as De Saussure self in sy boek, Of Grammatology, ge "dekonstrueer" word nie. Derrida wys op die sterk retoriese taal waarmee De Saussure keer op keer uitvaar teen die "tyranny of writing", en waarmee hy beklemtoon dat die onderwerp van die taalwetenskap die gesproke taal en nie die skryftaal moet wees nie. Met n "the lady doth protest too much" argument voer hy aan dat dit hier gaan om n "blinde vooroordeel"

Liebenberg 41 n repressie van die geskrewe teken, die grafeem, wat die eint1ike bas is van taa1 sou wees. Op die grafeem baseer Derrida dan 'n nuwe wetenskap, die Grarnmato1ogie, wat hy aankondig in n duide1ike parodie op die wyse waarop De Saussure n a1gemene teken1eer, die Semio10gie, in die vooruitsig geste1 het: "I shall call it (Grammato10gy)... Since the science does not yet exist, no one can say what it would be; but it has a right to existence, a place staked out in advance. Linguistics is only a part of (that) general science." (Derrida 1976:51) Deur die stem, wat die basis vorm van De Saussure se teken en die direkte verbinding is met die konsep-aspek daarvan (die twee is vo1- gens De Saussure soos twee kante van een vel papier), met die grafeem te vervang, word die moont1ikheid van n transendenta1e signifie radikaa1 ondergrawe. Volgens Derrida: "11 n'y a pas de hors-texte" daar is niks buite(n) die teks nie. En as mens nog vanuit die standpunt van iets soos "betekenis" kan praat, is dit suiwer n kwessie van "intertekstua1iteit".

Liebenberg 42 BIBLIOGRAFIE Adam, Jean-Michel & Jean-Pierre Goldenstein 1976 Linguistique et Discours Literaire: theorie et pratique des textes. Paris: Libraire Larouse. Barthes, Roland 1967 Elements of semiology. New York: Hill and Wang. 1975 S/Z. London: Jonathan Cape. 1976 The pleasure of the text. London: Jonathan Cape. 1977 "Introduction to the structural analysis of narratives" in Image - Music - Text. Glasgow: Fontana/Collins. Culler, Jonathan 1975 Structuralist poetics; Structuralism, linguistics and the study of literature. London & Henley: Routledge & Kegan Paul. Derrida, Jacques 1976 Of grammatology. Baltimore & London: The John Hopkins University Press. De Saussure, Ferdinand 1974 Course in General Linguistics. Glasgow: Fontana/Collins. Erlich, Victor 1955 Russian formalism: History - doctrine. New Haven & London: Yale University Press. Greimas, A.J. 1966 Semantique structurale. Paris: Libraire Larouse. Iser, Wolfgang 1978 The act of reading: Baltimore & London: A theory of aesthetic response. The John Hopkins University Press. Jakobson, Roman 1960 "Closing statement: Linguistics and Poetics 11 in Thomas A. Sebeok (Ed.) Style in language. Cambridge, Massachusetts: The M.I.T. Press.

Liebenberg 43 Jauss, Hans Robert 1970/1 "Literary history as a challenge to literary theory" ~n New Literary History, Vol. II, No.1, 1970/1971. Lacan, Jacques 1977 ~crits - a selection. London: Tavistock. 1979 The four fundamental concepts of psycho-analysis. London, etc.: Penguin Books. Leitch, Vincent B. 1983 Deconstructive criticism: An advanced introduction. New York: Columbia University Press. Lotman, Jurij M. 1972 Die struktur literarischer texte. Munchen: Wilhelm Fink Verlag. Macherey, Pierre 1978 A theory of literary production. London etc.: Routledge & Kegan Paul. Propp, Vladimir 1968 Morphology of the folktale. Austin and London: University of Texas Press. Scholes, Robert 1974 Structuralism ~n literature: An introduction. New Haven & London: Yale University Press. Todorov, Tzvetan 1977 The poetics of prose. Oxford: Basil Blackwell.