WêRELD DEFINISIE VIR DIE MAATSKAPLIKEWERKPROFESSIE

Similar documents
BASIC EMOTIONS IN TSHIVENDA: A COGNITIVE SEMANTIC ANALYSIS MATODZI REBECCA RAPHALALANI

AB BLOKFLUIT / RECORDER

Teks van die Week: Psalm 77: 8 10, 12 13

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Konsepvraestel Sample Paper

Improvisation through Dalcrozeinspired activities in beginner student jazz ensembles: A hermeneutic phenomenology

PSALM-LIKE TEXTS IN AFRICAN CULTURE : A PEDI PERSPECTIVE

THE HARMONISCHE SEELENLUST (1733) BY G.F. KAUFFMANN ( ): A CRITICAL STUDY OF HIS ORGAN REGISTRATION INDICATIONS. by Theodore Justin van Wyk

Analysing Ranking Algorithms and Publication Trends on Scholarly Citation Networks

Ondersoek vier verskillende style in musiek *

Die impak van mise-en-shot op die interpretasie van oudiobeskryfde film

Trying to conform? Livestock conditions a key world issue, says FAO. Men s Fashion. Women s Fashion

Departement Filosofie Universiteit van die Vrystaat Bloemfontein

AP - ORKESTE / ORCHESTRAS

AP - ORKESTE / ORCHESTRAS

Inhoudsopgawe. Met God in pas. Leef in God se liefde. Jesus se laaste opdrag. Bewerker van wonderdade. In donker tye. n Tyd vir stilword

EKSAMENAFBAKENING GRAAD 4 - NOVEMBER x Tafels. Kwartaal 4

Wiskunde Geletterdheid Graad 11 Vraestelle En Memo

DIE VERBAND TUSSEN AGGRESSIE EN HOUDING TEENOOR VERSKILLENDE MUSIEKGENRES BY STUDENTE. deur. Mianda Erasmus

1988: 170). Die narratiewe verklaring verduidelik dan "hoekom" 'n situasie of 161).

THE ROLE OF MUSIC, PERFORMING ARTISTS AND COMPOSERS IN GERMAN-CONTROLLED CONCENTRATION CAMPS AND GHETTOS DURING WORLD WAR II WILLEM ANDRE TOERIEN

BRIL LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

AN RFBAND-WIOTH SWITCH FOR MULTIMEDIA TRANSMISSION

I bruise easily, So be gentle when you re handle me

HIDDEN MARKOV MODELS FOR TOOL WEAR MONITORING IN TURNING OPERATIONS

Reflections on a Christian view of human communication

Nuwe Geletterdhede vir n ontluikende nuwe wêreld

n Eksistensiële lees en interpretasie van gekose kunswerke van Reinhardt, Klein en Portway I Venter

Igo Graad 10 Vraestelle

REINVENTING CINEMA: A PERSPECTIVE ON THE IMPLICATIONS OF THE INTERNET ON THE CINEMA INDUSTRY

Category 5: Speech and Drama

Die elemente van drama in sosiale en kulturele gebeurtenisse ondersoek

KEHS : GRADE 8 TEXT BOOKS 2017 NAME OF CHILD SUBJECT TEXT BOOK PRICE QTY AMOUNT INCLUDED

LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT

Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over

SONGWRITING IN ADOLESCENCE: An ethnographic study in the Western Cape

Die integrasie van humoristiese tekste by taalonderwys om studente se emosionele geletterdheid te ontwikkel: n gevallestudie 1

O'REILLY. hulle het die fasiliteite om die band weer skoon te maak. We sent the tapes with regard to which no significant

Theological Bibliography

TEORETIESE BEGRONDING 'n Verkennende ondersoek oor nasionalisme met perspektiewe vanuit postkoloniale kritiek en Neo-Marxisme

Laerskool Randhart. Graad 5 : Eksamenafbakening Tweede kwartaal 2017

n Kritiese ondersoek na die funksie van biomusikologiese gegewens in Wilken Calitz se 2092: God van Klank

Vier seisoene kind (Afrikaans Edition)

KABARET AS SOSIALE EN POLITIEKE KOMMENTAAR: N ONTLEDING VAN DIE AANWENDING VAN DIE KOMIESE, SATIRE EN PARODIE

"N AL TERNATIEWE BENADERING TOT FLUITONDERRIG VIR HOERSKOOLLEERLINGE: AGTERGRONDSTUDIE EN RAAMWERK VIR 'N FLUITHANDBOEK

JAARBOEK 2011 FAKULTEIT LETTERE EN WYSBEGEERTE VOORGRAADS. Potchefstroomkampus

* The comprehensive nature of the material which tends to make such courses too

2 TONALITEIT AS RELATIEWE BEGRIP. 2.1 Inleiding

KOOPERASIE AS MEDEDINGINGSTRATEGIE VIR GRAANPRODUSENTE, deur PIETER GERHARDUS OLIVIER. voorgele ter vervulling van die vereistes vir die graad

DIE INTERPRETASIE VAN CHARLES E. IVES SE CONCORD SONATE VOLGENS SY ESSAYS BEFORE A SONATA

THE AUTONOMY OF CULTURE: A CULTURAL- PHILOSOPHICAL ANALYSIS

Navorsings- en oorsigartikels / Research and review articles

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Departement Moderne Vreemde Tale

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

INSTRUMENTAAL AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

JAARBOEK 2010 FAKULTEIT LETTERE EN WYSBEGEERTE VOORGRAADS. Potchefstroomkampus

AFRICAN MUSIC IN THE FET CURRICULUM: AN INVESTIGATION INTO TEACHING STRATEGIES AND THE DEVELOPMENT OF A TECHNOLOGICAL RESOURCE

Oor die Estetika van Kos en die Kookkuns 1

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA /ES (GAUTENG AFDELING. PRETORIA)

Van opera tot politopera? Nuwe strominge in Suid-Afrikaanse operakomposisie en -resepsie

te n sk a p. B e to g in g s v ir en te e n n C h r is te lik e s ie n in g v a n k u n s g e - sk ied e n is*

COLLABORATION IN SOUTH AFRICAN ENGINEERING RESEARCH. R. Sooryamoorthy

Filosofie en die skrifkultuur 1

In Verkenning van postmodernisme en In ekskurs op Daniel 7-12

Historicism as an aspect of a pragmatist theory of architecture

WORCESTER-NOORD PRIMÊRE SKOOL

INSTRUMENTAAL AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

Die ontwikkeling van die vroee klaviertrio met spesifieke verwysing na die rol van die klavier

Much writing on artists books over the past decade or so, has centred on attempts to define

Kabaret in Suid-Afrika: Kabarett of Cabaret?

MONUMENTE EN GEDENKTEKENS OP WEERMAGSTERREINE

Die onderrig van millenniërs in die Afrikaans-klaskamer: Humormateriaal as onderrigstrategie

DEUR DIE SLEUTELGAT. 'N ONDERSOEK NA DIE VOYEURISTIESE ELEMENTE IN DIE POESIE VAN JOHANN DE LANGE CHRISTIAAN THEODORUS KEMP

HOOFSTUK 4 DIE IMPLEMENTERING VAN DIE KARIKATUUR IN DIE LITERATUUR

MULTI-LABEL FEATURE SELECTION WITH APPLICATION TO MUSICAL INSTRUMENT RECOGNITION

Taal as ingang tot die wêreld: reis, verbeelding, herinnering en identiteit na aanleiding van Breytenbach se A Veil of Footsteps

ORDER THROUGH IMPROVISATION: ENGAGING THE CHOREOGRAPHIC ENVIRONMENT DAYNE ELIZABETH NEL. Master of Drama. Faculty of Arts and Social Sciences

Anderbereddering: Met Adorno by die hartslag van die postmoderne intellek

Breyten Breytenbach as openbare figuur

Laat waai met jou gawes

DIE ROL VAN DIE TAALWETENSKAP IN DIE ONTWIKKELING VAN DIE LITERATUURWETENSKAP

KONFERENSIEVERSLAG : "TEN DENSE VAN TAGTIG; TEORIEE EN PRAKTYKE IN DIE KUNSGESKIEDENIS" (RGN, 7 OKTOBER 1989)

Qualitative strategies of inquiry in five music education journals: recent use and future directions

Graad 12 Lewenswetenskap Vraestelle Februarie Maart

DIE KONSTRUKTIEWE EN DESTRUKTIEWE AANWENDING VAN MUSIEK 'N OPVOEDINGSPERSPEKTIEF. deur STEPHANUS LATEGAN. voorgele luidens die vereistes vir die graad

KREATIWITEIT AS SISTEMIESE FAKTOR IN DIE VISUELE KUNS: N KRITIESE KUNSTEORETIESE BESINNING

Humor in kinderverhale in die tersiêre en intermediêre fases van taalonderwys

SASMT Tygerberg presents. The. Hubert van der Spuy. National Music Competition. Entry Form September Hugo Lambrechts Music Centre

AX KOORFEES / CHOIR FESTIVALS

GREY KOLLEGE SEKONDÊR 'N SUID-AFRIKAANSE PARALLELMEDIUMSKOOL VIR SEUNS AANSOEK OM TOELATING

The neglected purposes of educating art history: isomorphism and facilitation

DIE VERBAND TUSSEN MUSIEKBEOEFENING EN INTELLIGENSIE

Redaksioneel Wat woorde beteken: n Voorwoord

Theatre for Development in Kenya: In Search of an Effective Procedure and Methodology

DIE ONTWIKKELING VAN 'N REKENAARONDERSTEUNDE TAALONDERRIGPROGRAM OP GROND VAN AFRIKAANSE FOLKLORE

Manifesto for Agile Software Development

University of Pretoria Yearbook Total credits 480 Contact Prof AF Johnson +27 (0)

GRADE 12 SEPTEMBER 2014 DANCE STUDIES

Die karnavalisering van geskiedskrywing in die roman Sirkusboere. Marsha Bernely Luané Barnes BRNMAR063

Transcription:

WêRELD DEFINISIE VIR DIE MAATSKAPLIKEWERKPROFESSIE Maatskaplike werk is n praktyk-gebaseerde professie en n akademiese dissipline wat maatskaplike verandering en ontwikkeling, maatskaplike kohesie, en die bemagtiging en bevryding van mense bevorder. Beginsels van maatskaplike geregtigheid, menseregte, kollektiewe verantwoordelikheid en respek vir diversiteit is fundamenteel in maatskaplike werk. Versterk deur teorieë vir maatskaplike werk, sosiale wetenskappe, geesteswetenskappe en inheemse kennis 1, betrek maatskaplike werk mense en strukture om lewenseise te hanteer en welsyn te bevorder. Die bogenoemde definisie kan verder uitgebou word op nasionale en/of streekvlakke. KOMMENTAAR Die doel van die kommentaar is om die kernaspekte wat gebruik is in die definisie te ontleed. Dit word spesifiek bespreek in verhouding tot die maatskaplikewerkprofessie se kern mandate, beginsels, kennis en praktyk. KERN MANDATE Die maatskaplikewerkprofessie se kernmandate sluit in fasilitering van maatskaplike verandering, maatskaplike ontwikkeling, maatskaplike kohesie en die bemagting en bevryding van mense. Maatskaplike werk is n praktykgerigte professie en n akademise dissiplne wat erken dat die onderlinge verbindings tussen historiese, sosio-ekonomiese, 1 In die Engelse definisie word deurgaans verwys na knowledges. In hierdie vertaling word na kennis verwys in die meerderheidsvorm wat impliseer dat dit verskeie kennisbasisse insluit. 1

kuturele, ruimtelike, politieke en persoonlike faktore dien as geleenthede en/ of struikelblokke vir mense se welsyn en ontwikkelling. Strukturele struikelblokke dra by tot die instandhouding van ongelykhede, diskriminasie, uitbuiting en onderdrukking. Die ontwikkeling van kritiese bewussyn geskied deur te reflekteer op strukturele oorsake vir onderdrukking en/of bevoordeling, gebaseer op kriteria soos ras, klas, geslag, gestremdheid, kultuur en seksuele oriëntasie, en die ontwikkeling van aksie strategieë vir die aanspreek van strukturele en persoonlike struikelblokke, vorm die kern van geëmansipeerde praktyk waar die doelstellings die bemagtiging en bevryding van mense is. In solidariteit met diegene wat benadeel is, streef die professie daarna om armoede te verlig, mense wat kwesbaar en onderdruk is te bevry, en maatskaplike insluiting en maatskaplike kohesie te bevorder. Die mandaat vir maatskaplike verandering is gebaseer op die uitgangspunt dat maatskaplikewerkintervensie plaasvind wanneer die huidige situasie, of dit op die vlak van die person, gesin, klein groep, gemeenskap of samelewing is, dui op n behoefte aan verandering en ontwikkeling. Dit word gemotiveer deur die behoefte om die strukturele omstandighede wat bydrae tot marginalisering, maatskaplike uitsluiting en onderdrukking uit te daag en te verander. Maaskaplike veranderingsinisiatiewe erken die posisie van mense om self te besluit oor die bevordering van menseregte en ekonomiese, omgewings- en maatskaplike geregtigheid. Die professie is ook verbind tot die handhawing van maatskaplike stabiliteit; so lank sodanige stabiliteit nie gebruik word om enige spesifieke groep of persone te marginaslieer, uit te sluit of te onderdruk nie. Maatskaplike ontwikkeling is gekonseptualiseer om te beteken strategieë vir intervensie, die verwagte eindresultate en n beleidsraamwerk wat aanvullend is tot die meer populêre residuele en instituele beleidsraamwerke. Dit is gebaseer op holistiese bio-psigososiale, spirituele assesserings en intervensies wat die mikro-makro divisie oorbrug; die inkorporering van multi sisteemvlakke, en inter- 2

sektorale en inter-professionele samewerking, gerig op maatskaplike ontwikkeling. Dit prioritiseer sosio-kulturele en ekonomiese ontwikkeling en onderskryf nie konvensionele wysheid dat ekonomiese groei n voorvereiste is vir maatskaplike ontwikkeling nie. BEGINSELS Die oorkoepelende beginsels van maatskaplike werk is respek vir die inherente waarde en waardigheid van mense; om nie skade aan te rig; respek vir diversiteit, en handhawing van menseregte en maatskaplike geregtigheid. Om advokaat te wees vir die handhawing van menseregte en maatskaplike geregtigheid is die motivering en rede vir maatskaplike werk. Die maatskaplikewerkprofessie erken dat menseregte gepaardgaan met kollektiewe verantwoordelikheid. Die idee van kollektiewe verantwoordelikheid beklemtoon die realiteit dat individuele menseregte slegs op n daaglikse basis kan realiseer as mense verantwoordelikheid neem vir mekaar en die omgewing en vir die belangrikheid om onderlinge verhoudings in gemeenskappe te vestig. Daarom is n hooffokus van maatskaplike werk om te pleit (advokaat te wees) vir die regte van mense op alle vlakke, en om uitkomste te fasiliteer waar mense verantwoordlheid neem vir mekaar se welsyn en die onderlinge interafhanklikheid tussen mense en mense en hulle omgewing, verstaan en respekteer. Maatskaplik werk inkorporeer eerste, tweede en derde generasie regte. Eerste generasie regte verwys na siviele en politieke regte soos vryspraak, bewussyn en integriteit en vryheid van marteling en arbitrêre inhegtenisneming. Tweede generasie regte verwys na sosio-ekonomiese en kulturele regte wat insluit die reg tot aanvaarbare vlakke van opvoeding, gesondheidsorg, behuising en minderheid taalregte. Derde generasie regte fokus op die natuurlike wêreld en die reg tot spesie biodviversiteit en inter-generasie gelykheid. Hierdie regte is 3

wedersyds versterkend en interafhanklik en akkommodeer beide individuele en kollektiewe regte. In sommige gevalle kan om geen skade aan te rig en respek vir diversiteit konflikterende en kompeterende waardes verteenwoordig. Byvoorbeeld waar in die naam van kultuur, regte - ingesluit die reg op lewe, en regte van minderheidsgroepe soos vroue en homoseksuele persone geskend word. Die Global Standards for Social Work Education and Training hanteer hierdie komplekse verskynsel deur n pleidooi dat maatskaplike werkers opgelei word in n basiese menseregte benadering. Dit word omskryf in die volgende verklarende nota: Sodanige benadering kan konstruktiewe konfrontasie en verandering fasiliteer waar sekere kulturele oortuigings, waardes en tradisies mense se basiese menseregte skend. Omdat kultuur maatskaplik geskonstrueer en dinamies is, is dit onderhewig aan dekonstruksie en verandering. Sodanige konstruktiewe konfrontasie, dekonstruksie en verandering kan gefasilieer word deur n instelling vir en begrip van spesifieke kulturele waardes, oortuigings en tradisies en deur kritiese en reflektiewe dialoog met lede van die kulturele groep in verhouding tot breër menseregte verskynsels. KENNIS Maatskaplike werk is beide interdissiplinêr en transdissiplinêr en neem van n wye versameling van wetenskaplike teorieë en navorsing. Wetenskap word in hierdie konteks verstaan in die mees basiese betekenis as kennis. Maatskaplike werk neem van sy eie konstante ontwikkelende teoretiese fundering en navorsing, sowel as van teorieë van ander menswetenskappe, insluitend, maar nie beperk tot gemeenskapsontwikkeling, maatskaplike pedagogie, adminstrasie, antropologie, ekologie, ekonomie, opvoeding, bestuur, verpleging, psigiatrie, sielkunde, openbare gesondheid en sosiologie. Die uniekheid van maatskaplikewerknavorsing en -teorieë is dat hulle toegepas en geëmansipeerd is. Baie navorsing en teorie in maatskaplike werk is saam met diensverbruikers in n interaktiewe, dialogiese proses ontwikkel en daarom ingelig deur spesifieke praktykomgewings. 4

Die voorgestelde definisie erken dat maatskaplike werk ingelig word nie net deur spesifieke praktykomgewings en Westerse teorieë nie, maar ook deur inheemse kennis. Deel van die erfenis van kolonialisme is dat Westerse teorieë en kennis eksklusief waardeer is en inheemse kennis gedevalueer en geïgnoreer is en oorheers is deur Westerse teorieë en kennis. Die voorgestelde definisie poog om die proses te stop en die proses om te keer deur te erken dat inheemse mense in elke streek, land of area hulle eie waardes het, eie wyses om kennis te bekom en oor te dra, en dat hulle waardevolle bydraes tot wetenskap gemaak het. Maatskaplike werk streef daarna om die historiese Westerse wetenskaplike kolonialisme en oorheersing aan te spreek deur te luister na en te leer van inheemse mense regoor die wêreld. Op hierdie wyse sal maatskaplikewerkkennis saam met inheemse mense ontwikkel word en sodoende maatskaplikewerkpraktyk meer toepaslik maak in sowel plaaslike omgewings as internasionaal. Ontleen uit die werk van die Verenigde Nasies, definieer die International Federation of Social Work (IFSW) inheemse mense soos volg: Hulle leef in (of handhaaf konneksies met) aparte geografiese oor outydse (voorvader) omgewings. Hulle neig om afsonderlike maatskaplike, ekonomiese en politieke instellings te handhaaf binne hulle streek. Hulle aspireer gewoonlik om kultureel, geografies en institusioneel afsonderlik te wees, eerder as om ten volle in die nasionale samelewing geïntegreer te word. Hulle self-identiteit is inheems of etnies. http://ifsw.org/policies/indigenous-peoples PRAKTYK Maatskaplike werk se geldigheid en mandaat lê in sy intervensie by die punt waar mense in interaksie is met hulle omgewing. Die omgewing sluit die 5

verskillende maatskaplike sisteme in waarin mense gevestig is en die natuurlike, geografiese omgewing, wat n pertinente invloed op mense se lewens het. Die deelnemende metodologie waarvoor gepleit word in maatskaplike werk is gereflekteer in Betrek mense en strukture om lewenseise te hanteer en hulle welsyn te bevorder. Sover as moontlik ondersteun maatskaplike werk dit om met mense saam te werk eerder as om vir mense te werk. In lyn met die maatskaplike ontwikkelingsparadigma, gebruik maatskaplike werkers n reeks vaardighede, tegnieke, strategieë, beginsels en aktiwiteite op verskillende sisteemvlakke wat gerig is op sisteemhandhawing en/of sisteemveranderingpogings. Maatskaplikewerkpraktyk strek oor n wye spektrum van aktiwiteite, insluitend verskillende vorms van terapie en berading; groepwerk en gemeenskapswerk; beleidsformulering en analise; aktivisme en politieke intervensies. Vanuit n geëmansipeerde perspektief, ondersteun hierdie definisie maatskaplikewerkstrategieë wat gerig is daarop om mense se hoop, selfwaarde en kreatiewe potensiaal te versterk om dominerende magsdinamika en strukturele oorsake van ongeregtighede te konfronteer en uit te daag; dus die inkorporering van die mikro-makro, persoonlik-politieke dimensie van intervensie in n logiese geheel. Die holistiese fokus van maatskaplik werk is universeel, maar die prioriteite vir maatskaplikewerkpraktyk sal verskil van een land na die volgende en van tyd tot tyd afhangende van die historiese, kulturele, politieke en sosio-ekonomiese omstandighede. Dit is die verantwoordlikheid van maatskaplike werkers regoor die wêreld om die waardes en beginsels wat in die definisie gereflekteer is te verdedig, te verryk en te realiseer. n Maatskaplikewerkdefinisie kan slegs betekenisvol wees wanneer maatskaplike werkers aktief verbind is tot die1 definisie se waardes en visie. 6