DIE PARADOKS VAN BEGRIP AS GRONDSLAG VAN KREATIWITEIT EN KUNS AS 'N SIMBOOL DAARVAN

Similar documents
Teks van die Week: Psalm 77: 8 10, 12 13

BASIC EMOTIONS IN TSHIVENDA: A COGNITIVE SEMANTIC ANALYSIS MATODZI REBECCA RAPHALALANI

THE HARMONISCHE SEELENLUST (1733) BY G.F. KAUFFMANN ( ): A CRITICAL STUDY OF HIS ORGAN REGISTRATION INDICATIONS. by Theodore Justin van Wyk

AB BLOKFLUIT / RECORDER

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Vier seisoene kind (Afrikaans Edition)

Improvisation through Dalcrozeinspired activities in beginner student jazz ensembles: A hermeneutic phenomenology

Konsepvraestel Sample Paper

DIE ROL VAN DIE TAALWETENSKAP IN DIE ONTWIKKELING VAN DIE LITERATUURWETENSKAP

Inhoudsopgawe. Met God in pas. Leef in God se liefde. Jesus se laaste opdrag. Bewerker van wonderdade. In donker tye. n Tyd vir stilword

2 TONALITEIT AS RELATIEWE BEGRIP. 2.1 Inleiding

KONFERENSIEVERSLAG : "TEN DENSE VAN TAGTIG; TEORIEE EN PRAKTYKE IN DIE KUNSGESKIEDENIS" (RGN, 7 OKTOBER 1989)

Ondersoek vier verskillende style in musiek *

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

PARADIGMATIESE VERSKUIWINGS IN DIE SUID-AFRIKAANSE KUNSGESKIEDSKRYWING

EKSAMENAFBAKENING GRAAD 4 - NOVEMBER x Tafels. Kwartaal 4

n Eksistensiële lees en interpretasie van gekose kunswerke van Reinhardt, Klein en Portway I Venter

Die impak van mise-en-shot op die interpretasie van oudiobeskryfde film

DIE INTERPRETASIE VAN CHARLES E. IVES SE CONCORD SONATE VOLGENS SY ESSAYS BEFORE A SONATA

Taal as ingang tot die wêreld: reis, verbeelding, herinnering en identiteit na aanleiding van Breytenbach se A Veil of Footsteps

Navorsings- en oorsigartikels / Research and review articles

I bruise easily, So be gentle when you re handle me

BRIL LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Die laaste skrywer binne die estetiese reaksie teen modemiteit waarby ek stilstaan, is die Franse

Anderbereddering: Met Adorno by die hartslag van die postmoderne intellek

Theological Bibliography

Oor die Estetika van Kos en die Kookkuns 1

O'REILLY. hulle het die fasiliteite om die band weer skoon te maak. We sent the tapes with regard to which no significant

1988: 170). Die narratiewe verklaring verduidelik dan "hoekom" 'n situasie of 161).

Trying to conform? Livestock conditions a key world issue, says FAO. Men s Fashion. Women s Fashion

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

Departement Filosofie Universiteit van die Vrystaat Bloemfontein

Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over

Wiskunde Geletterdheid Graad 11 Vraestelle En Memo

te n sk a p. B e to g in g s v ir en te e n n C h r is te lik e s ie n in g v a n k u n s g e - sk ied e n is*

n Ondersoek na die kunstenaarskap in Die swye van Mario Salviati binne die konteks van die magiese realisme

AP - ORKESTE / ORCHESTRAS

Projeksie en die toepassing van die projeksiebeginsel

COLLABORATION IN SOUTH AFRICAN ENGINEERING RESEARCH. R. Sooryamoorthy

In Verkenning van postmodernisme en In ekskurs op Daniel 7-12

Die moderne strewe na artistieke outonomie: 'n Waardering vir 'n gefaalde projek

KABARET AS SOSIALE EN POLITIEKE KOMMENTAAR: N ONTLEDING VAN DIE AANWENDING VAN DIE KOMIESE, SATIRE EN PARODIE

mimesis as voorwaarde vir betrokkenheid in die poësie van Antjie Krog

DIE VERBAND TUSSEN AGGRESSIE EN HOUDING TEENOOR VERSKILLENDE MUSIEKGENRES BY STUDENTE. deur. Mianda Erasmus

HOOFSTUK 4 DIE IMPLEMENTERING VAN DIE KARIKATUUR IN DIE LITERATUUR

AN RFBAND-WIOTH SWITCH FOR MULTIMEDIA TRANSMISSION

Reflections on a Christian view of human communication

AP - ORKESTE / ORCHESTRAS

INSTRUMENTAAL AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

THE ROLE OF MUSIC, PERFORMING ARTISTS AND COMPOSERS IN GERMAN-CONTROLLED CONCENTRATION CAMPS AND GHETTOS DURING WORLD WAR II WILLEM ANDRE TOERIEN

Universiteit van Stellenbosch

Kabaret in Suid-Afrika: Kabarett of Cabaret?

WILLEM HENDRIK ADRIAAN BOSHOFF (1951 -) Biografiese narratief en kontekstualisering van Boshoff as konseptuele kunstenaar

LAAT-STYL BY J. S. BACH EN BEETHOVEN AAN DIE HAND VAN DIE GOLDBERG EN DIABELLI VARIASIES ANNE FRANÇOISE LAMONT

PSALM-LIKE TEXTS IN AFRICAN CULTURE : A PEDI PERSPECTIVE

Die elemente van drama in sosiale en kulturele gebeurtenisse ondersoek

LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT

Igo Graad 10 Vraestelle

University of Cape Town

Breyten Breytenbach as openbare figuur

Redaksioneel Wat woorde beteken: n Voorwoord

Travelling towards an Identity as skeppende beginsel in die nuwe Breytenbach-tekste

South African Theological Bibliography Suid-Afrikaanse Teologiese Bibliografie

GRADE 12 LEARNER SUPPORT PROGRAMME

Die Wit Boesman (Afrikaans Edition) By Peter Stark

Membraan, dialoog, Ians - Bakhtin/Venter

KOGNISIEWERKWOORDE IN AFRIKAANS

Van opera tot politopera? Nuwe strominge in Suid-Afrikaanse operakomposisie en -resepsie

Die ontwikkeling van die vroee klaviertrio met spesifieke verwysing na die rol van die klavier

DEUR DIE SLEUTELGAT. 'N ONDERSOEK NA DIE VOYEURISTIESE ELEMENTE IN DIE POESIE VAN JOHANN DE LANGE CHRISTIAAN THEODORUS KEMP

n Kritiese ondersoek na die funksie van biomusikologiese gegewens in Wilken Calitz se 2092: God van Klank

TEORETIESE BEGRONDING 'n Verkennende ondersoek oor nasionalisme met perspektiewe vanuit postkoloniale kritiek en Neo-Marxisme

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA /ES (GAUTENG AFDELING. PRETORIA)

HIDDEN MARKOV MODELS FOR TOOL WEAR MONITORING IN TURNING OPERATIONS

DUCHAMP, KOSUTH EN DIE DISKOERS OOR KUNS. Magritha Christiana Swanepoel

A JUST AND LIVELY IMAGE PERFORMANCE IN NEO-CLASSIC THEATRE CRITICISM AND THEORY

INSTRUMENTAAL AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

* The comprehensive nature of the material which tends to make such courses too

DIE BEELD SE GEDAGTES: 'N ALTERNATIEWE BENADERING TOT DIE VOORSTELLINGSFUNKSIE VAN DIE FOTOBEELD

6 tenses. 6 tijden mix. Present Simple Past Simple Present Continuous Past Continuous Present Perfect Past Perfect

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 DRAMATIC ARTS

Nuwe Geletterdhede vir n ontluikende nuwe wêreld

Die Eiland: 'n Distopiese Jeugroman (Eilandserie Book 1) (Afrikaans Edition) By Jen Minkman

KEHS : GRADE 8 TEXT BOOKS 2017 NAME OF CHILD SUBJECT TEXT BOOK PRICE QTY AMOUNT INCLUDED

AFRICAN MUSIC IN THE FET CURRICULUM: AN INVESTIGATION INTO TEACHING STRATEGIES AND THE DEVELOPMENT OF A TECHNOLOGICAL RESOURCE

VOORBEELDE VAN FORMELE ASSESSERINGSTAKE

Laat waai met jou gawes

Filosofie en die skrifkultuur 1

André P. Brink (29/5/1935-6/2/2015)

Om n deeglike aanmaning van sterflikheid te kry: katabasis, relasionaliteit en retrovisie in Die benederyk van Ingrid Winterbach

Category 5: Speech and Drama

GRAAD 4 TWEEDE KWARTAAL TOETSREEKS DINSDAG, 28 MEI - WOENSDAG 12 JUNIE 2013

DIAKRONIESE, SINKRONIESE EN PERKRONIESE ASPEKTE VAN DIE KUNSHISTORIESE SIMBOOLHERMENEUTIEK: DIE SIMPTOOM VAN PANOFSKY

vragen en ontkenningen

"N AL TERNATIEWE BENADERING TOT FLUITONDERRIG VIR HOERSKOOLLEERLINGE: AGTERGRONDSTUDIE EN RAAMWERK VIR 'N FLUITHANDBOEK

KREATIWITEIT AS SISTEMIESE FAKTOR IN DIE VISUELE KUNS: N KRITIESE KUNSTEORETIESE BESINNING

SOSIO-POLITIEKE VERSET IN DIE AFRIKAANSE DRAMA

MONUMENTE EN GEDENKTEKENS OP WEERMAGSTERREINE

Mimesis soos beredeneer deur Philippe Lacoue- Labarthe: Horrelpoot (2006) deur Eben Venter as herskrywing van Joseph Conrad se Heart of darkness

Analysing Ranking Algorithms and Publication Trends on Scholarly Citation Networks

Transcription:

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kunsgeskiedenis 9 DIE PARADOKS VAN BEGRIP AS GRONDSLAG VAN KREATIWITEIT EN KUNS AS 'N SIMBOOL DAARVAN E.P. ENGEL Departement Kunsgeskiedenis Randse Afrikaanse Universiteit Johannesburg The one-sidedness of research methods is taken to task as being the main reason for the methodological crisis in the Art History. Attention is being focused on the binary nature of human comprehension and the paradoxal relationship which exists between its parts. This is linked to creativity in general and in particular to the ambivalence of form and function in art. An analysis of some of J.H. Pierneef's works is used to elaborate on these points. This article concludes with reference to Heinrich Wolfflin's pairing of opposing formal notions with regard to the art of the Renaissance and the Baroque, which as a general theory failed because form and function were realized as logical instead of structural opposites. The paper concludes with the suggestion that methodology in Art History would benefit from a binary approach to art. Die metodologiese krisis in die Kunsgeskiedenis kan op die rekening van die eensydigheid van navorsingsmetodes geplaas word. Aan die hand van 'n ontleding van enkele werke van J.H. Pierneef word die binere en paradoksale aard van die mens like beg rip in verband gebring met kreatiwiteit in die algemeen en die meersinnigheid van vorm en funksie in die beeldende kunste. Die algemene teorie van teenstellende vormbegrippe wat Heinrich Wolfflin op die kuns van die Renaissance en Barok toegepas het, het misluk omdat vorm en funksie as logiese, in plaas van strukturele, teenstellings verstaan word. Die metodologie van die Kunsgeskiedenis kan baat vind by 'n binere benadering tot die kunste. Wanneer mens besef dat die terrein wat die kuns dek grootliks uit voorwerpe bestaan wat naas 'n artistieke waarde ook 'n praktiese funksie vervul (het) - en in baie gevalle oorspronklik selfs nie as kuns in eie reg gesien is nie (!) - dan relativeer dit die vorm van hierdie kunsvoorwerpe ten opsigte van die funksie - en ook omgekeerd: die funksie ten opsigte van die vorm. Kreatiwiteit berus dan ook nie op "vorm" of "funksie" nie, maar op die wisselwerking en uitruilbaarheid van beide in die vormgewing en in ons begrip. Die tweeledigheid en wisselwerking van beg rip was reeds aan Herakleitos bekend as die "eenheid van teenstellings" en word hier die "paradoks van begrip" genoem (Storig 1969: 131). Mens sou dink dat die paradoks van beg rip as grondslag van kreatiwiteit ook 'n vername rol in die Kunsgeskiedenis speel. Onderliggend is dit inderdaad die geval. So word die kunste sowel "funksioneel" as "stylkrities" ingedeel, maar blyk dit 'n logiese instede van 'n kreatiewe onderskeid te wees waardeur daar geen wisselwerking plaasvind nie. Ook in historiese verband raak die gelyktydigheid verlore, omdat in kunsontwikkeling die aksent afwisselend op vorm en uitdrukking (funksie) val en die formele sistematiek van die Kunsgeskiedenis die wisselwerking ignoreer. So Ie in werklikheid in die Romaanse kuns die klem op vormgewing en in die Gotiek op uitdrukking. In die Renaissance gaan dit weer primer om vormgewing en in die Barok om uitdrukking. Watter algemene Kunsgeskiedenis hou egter daar rekening mee! Ondersoek ons verder ook die interpreta- siemetodes wat in die kunshistoriese literatuur gevolg word, dan blyk daar aile wisselwerking aan te ontbreek en benaderings van die staanspoor af eensydig gerig te wees. As wetenskaplikes is kunshistorici gevolglik nie van die "kreatiwiteit" in kuns bewus nie, maar slags van "veranderings" I hetsy in vormgewing of in betekenis (funksie). Hoe mens 'n kunswerk benader, word 'n kwessie van persoonlike voorkeur of smaak, terwyl vakkundiges oor en weer mekaar se benaderings uit onbegrip bevraagteken. Inderwaarheid het metode, eerder as 'n kunsbegrip, die onderwerp van die Kunsgeskiedenis geword! In 'n poging om die metodologiese krisis van die vakgebied te help ontsenu, word hier die "paradoks van begrip" opnuut aan die orde gestel met die oog daarop om dit as grondslag en as deel van 'n algemene riglyn vir kunshistoriese metodes nader te ondersoek en in sy tweeledigheid ook aan die kuns te toets. Aile begrip - en dit impliseer dus ook kuns as 'n vorm van begrip - is in wese subjektief, omdat dit tyd- en mensgebonde is en daarom 'n spesifieke bewussyn uitdruk. Nogtans kom begrip nerens net gevoelsmatig (subjektief) voor nie, maar steeds in een of ander vorm van "kennis". Dit maak begrip dus ook verstandelik (objektief). Paradoksaal genoeg, is begrip daardeur in werklikheid sowel objektief as subjektief! Die objektiewe en subjektiewe vorm 'n "teenstelling in wisselwerking" en funksioneer as sodanig nie net as die koordinate, of struktuur van begrip nie, maar ook as sy (re- 8

Afbeelding 1. J.H. Pierneef: Doringboom, Rustenburg. Linosnee, 1922 (Kunsmuseum, Pretoria). Afbeelding 2. J.H. Pierneef: Komposisie in b/ou. Olieverf, 1928 (Pierneefmuseum, Pretoria). 9

latiewe) maat. Die een deel word naamlik in terme van die ander gemeet en dit geld vir aile teengestelde woordpare as maat van begrip. So meet ons "kennis" in terme van "insig" - en omgekeerd: "insig" in terme van "kennis". Ook die eerder besproke "vorm en funksie" is so'n "begripspaar". Omdat die dele van begrip is, maar nooit dieselfde nie, vind daar deur die wederkerigheid en teenstelling egter tewens 'n gevoelsmatige bewuswordig en verstandelike verdieping plaas. Wat hierbo van begrip in die algemeen gese is, behoort hom dus ook in die kuns te manifesteer. Uit eerdere kunshistoriese ondersoek blyk dat die "Iandskap" 'n algemene tema in die Suid-Afrikaanse kuns van die eerste helfte van die 20ste eeu verteenwoordig en dit, enersyds, op 'n 18de-eeuse topografiese iiiustrasiekuns en, andersyds op 'n nabloei van die Europese landskapkuns uit die 19de eeu voortbou (Berman 1970: 167). Hierdie histories-vergelykende ondersoek bied egter geen verklaring waarom die landskaplike belangstelling in Suid-Afrika so algemeen was en, ten spyte van voortdurend nuwe impulse van die kuns uit Europa, hier onverpoos tot die jare vyftig aanhou nie. Die antwoord daarop Ie dan ook eerder in die Suid-Afrikaanse konteks en in kuns as vorm van begrip in plaas van die vormgewing aileen. Gedurende die eerste helfte van die 20ste eeu was die boeregemeenskap nog die grootste bevolkingsgroep in Suid-Afrika en het die direkte afstammelinge daarvan ook ons stede bevolk. Vir hulle was die landskap 'n "algemene maat" van begrip - en dit geld ookvir die letterkunde waar die gebeure hom teen 'n landelike agtergrond afspeel. Die "individualiste" (waaronder Pierneef, Wenning en Schmithard) uit die tweede dekade en die "Nuwe Groep" uit die derde en vierde dekade as verteenwoordigers van die eerste generasies stedelinge kon daarom wei die stedelike "individualisme", waarmee hulle in Europa kennis gemaak het, op die Suid- Afrikaanse landskap afdruk om 'n persoonlike onderskeid te maak, maar by gebrek aan 'n eie stedelike kultuur die landskap as algemene begripsvorm nie vervang nie. (Die meeste sogenaamde stede was toe nouliks dertig tot vyftig jaar oud en nog weinig meer as dorpe!) Om bogenoemde tweeledigheid van die "algemene begripsvorm" en "individualisme" aan die kuns te toets en ook in sy ontwikkeling te verken, ondersoek ons vervolgens 'n paar van J.H. Pierneef se werke. Die eerste voorbeeld is 'n linosnee uit 1922 met die titel: Doringboom, Rustenburg, Transvaal (Nilant 1974: ill. 98). In die voorstelling onderwerp die kunstenaar die boom en meer nog die land- skap aan 'n silhoeetagtige vormvereenvoudiging. Met hierdie "subjektivering" van die onderwerp "objektiveer" die kunstenaar 'n wesenlike karakteristiek van die landskap. Pierneef se landskappe is vir ons begrip inderwaarheid meer tipies "Transvaal" as die Transvaalse landskap self en word sy kuns daardeur ook die maat vir ons begrip in die algemeen! Tot bogenoemde sintese van vorm en uitdrukking kom die kunstenaar deur die geografiese bepaaldheid van die landskap, die Transvaalse Hoeveld, letterlik tot 'n smal baan op die voorgrond te beperk, maar dit ge- Iyktydig oor die volle breedte van die voorstelling te laat loop - soos in 'n 17de-eeuse Hollandse landskap. Sodoende assosieer ons die uitgestrektheid van die voorgrondstrook met die wydsheid van die Transvaalse Hoeveld. Die doringboom is egter net so karakteristiek van die Transvaalse Hoeveld. Omdat die landskap laag in die voorstelling Ie, vertoon die doringboom, alhoewel dit van nature geen hoe boom is nie, besonder groot. Juis omdat die doringboom formeel ook 'n onafskeidbare deel van die landskap uitmaak - beide teken hulle as een swart, dekoratiewe patroon teen die wit agtergrond af - word ons gelei om dit as 'n begripmatige geheel te lees en as 'n Transvaalse landskap op te vat wat sowel "wyds" as "groots" is. Daarnaas skep die tipiese lig-donker kontras van die medium ook 'n analogie met die sterk lig en donker skaduwees van die Transvaalse landskap. In Pierneef se Komposisie in blou (Pierneefmuseum, Pretoria), wat 'n olieverfskildery is en uit 1928 dateer, verskuif die aandag van die landskaplike "uitdrukking" na die "vorm" as sodanig. Die kristal-heldere vlakke- wat veral aan die Blaue Reiter -kunstenaar, Lyonel Feininger, se innerlike visie herinner, word hier deur Pierneef aangewend om die landskap onder 'n planimetriese beheer te plaas. Dat dit in hierdie skildery nie ook om 'n verinnerlike visie gaan nie, blyk nie aileen uit die behoud van die natuurlike samestelling van die landskap nie, maar ook uit die wyse waarop Pierneef aan 'n atmosferiese perspektief uitdrukking gee deur "prismatiese" kleurvlakke in die agtergrond aan te wend en ondeursigtige kleurvlakke vir die boom op die voorgrond. Wanneer Pierneef tussen 1931 en '33 in opdrag van die owerheid die sogenaamde "Stasiepanele" vir Johannesburg skilder (tans in bruikleen aan die Kunsmuseum van Johannesburg), verskuif die aandag andermaal terug na die uitdrukking. Vir die doel van hierdie bespreking kies ons die pan eel met 'n panoramiese gesig op Louis Trichardt waarop midde op die horison 'n kerk as tradisionele simbool van gesag op plattelandse 10

Afbeelding 3. Lionel Feininger: Zirchow. Qlieverf. 1916 (J.B. Neumann Gallery. New York). dorpe voorkom. Die spits van die kerktoring dien tewens as middelpunt van 'n aantal konsentriese sirkels, wat (blykens die voorstudie) nie aileen die landskaplike elemente 'n eweredige spreiding in die komposisie besorg nie, maar selfs die relatiewe posisie en vorm van die wolkbanke in die lug bepaal. In die literatuurword die suggestie gemaak dat die halfronde nisse van die Stasiegebou, waarvoor die panele bestem was, die kunstenaar die idee gegee het om in simpatie met die argitektuur sy ontwerpe te maak (vergelyk Berman 1970: 225).lndien ditsowas, dan het ons hier primer met 'n "formele" probleem te doen en nie met "uitdrukking" nie. Die suggestie verklaar egter nie waarom Pierneef in die Stasiepanele met vol sirkels werk nie, terwyl die nisse van die Stasiegebou slegs halfronde boe bevat. Ook verklaar dit nie waarom Pierneef nog jare later hierdie sirkels in sy kuns verwerk nie. Trouens, daar is 'n groot verskil in die uitdrukking van die Komposisie in blou en van die Stasiepanele. In eersgenoemde werk gaan dit om 'n dekoratiewe manier van vormgewing aan die landskap, terwyl dit in die Stasiepaneel eerder om 'n beheersing van "hemel en aarde" gaan en dus om 'n persoonlike uitdrukking. Daar is naamlik niks in die Louis Trichardt-Iandskap self wat hierdie sirkels regverdig nie - inteendeel, die landskap vertoon vlak en uitgestrek. Daarom bly die - soos ook die kerk - ge"isoleerde elemente in die landskap (en dit geld ook vir die sirkels in meeste ander panele van die reeks). In die strewe na 'n "magiese" beheersing van die omgewing staan Pierneef in hierdie tyd origens geensins aileen nie. Dit was - en is nog dikwels algemeen onder Afrikaner -intellektuele en kerkleiers. So herinner die uitdrukking in Pierneef se werk uit die jare dertig ook aan die "individualistiese" optrede in die politiek van die tyd (dr. D.F. Malan, generaal J.B.M. Hertzog enj.c. Smuts); in die kultuur byvoorbeeld prof. M.L. du Toit en in die ekonomie dr. H.J. van der Bijl en dr. H.J. van Eck). Dit verwonder dan ook nie dat Pierneef se werk toe besonder in die smaak van die owerheid geval het ni'e en dit die interieur van talle ambassades sier! Aan die hand van die bespreekte voorbeelde sien ons hoe vorm en uitdrukking in 'n kunstenaar se werk mekaar "histories" kan afwissel, maar ook dat die vormmiddele in die uitdrukking (in hierdie geval die Iyn) 'n evoluproses ondergaan waarin dit uiteindelik met die betekeniswaarde van die onderwerp kompeteer en daar van 'n "ommekeer" in begrip sprake is. Van 'n aanvanklike, omskrywende Iynfunksie naamlik word na 'n planimetriese vormgewing beweeg, waaruit - naas weer 'n meer beskrywende vormgewing - geometriese patrone ontwikkel met 'n sup- 11

Afbeelding 4. J.H. Pierneef: Louis Trichardt. Voorstudie 1930 - '31 (uit: J.F.W. Grosskopf: Hendrik Pierneef; the Man and his Work. Pretoria: Van Schaik, 1947: p. 15). plementere inhoud (funksie) tot die behandelde tema. Dit moet egter besef word dat die resultaat van 'n ondersoek steeds mede bepaal word deur die kategoriee van begrip waarmee 'n mens werk. Die verhouding van voorstudies tot 'n finale werkstuk kan naamlik aan 'n selfde "diachroniese" wisselwerking in begrip onderhewig wees. In post-modernistiese werk kom die "diachroniese" wisselwerking ook "sinchronies" Begrip het dus geen vaste vorm of betekenis nie en is ook nooit gelyk daaraan nie. Daarom is dit byvoorbeeld verwarrend om in hierdie verband van die multivalensie van "vorm" en "betekenis" te praat, sonder om dit in gedagte met die struktuur van begrip te bind. Die eerste kunshistorikus wat op die oenskynlike teenstellings of paradokse van begrip as "teengestelde begrippepare" (let wei: geen "begripspare" nie!) in die kunsontwikkeling die aandag gevestig het, was Heinrich W6lfflin. In sy boek Kunsgeschichtliche Grundbegriffe (Basel 1915), het W61fflin na aanleiding van 'n vergelyking van die kuns uit die Renaissance en die Barok vyf teengestelde begrippepare onderskei, te wete: lineer en skilderkunstig; vlakheid en diepte; geslote en oop vorm; veelheid en eenheid; en duidelikheid en onduidelikheid. Hiermee het W61fflin 'n meer wetenskaplik-begripmatige en geordende manier ontdek om die uitdrukking en vormgewing van kunswerke te bepaal en daarmee die grondslag gele vir wat in die vakliteratuur bekend staan as die "formal istiese metode". Afbeelding 5. J.H. Pierneef: Louis Trichardt. Olieverf, 1931 - '32. (Bruikleen: Kunsmuseum, Johannesburg). 12

Die veralgemening in die titel van WOlfflin se boek tot "kunshistoriese grondbegrippe" in plaas van grondbegrippe in die kuns van die Renaissance en Barok, suggereer 'n algemene geestelike wetmatigheid, wat sy begrippepare as woordvorme nie besit nie. Gevolglik het Wolfflin deur die formalisering van die kunsbegrip heelwat kritiek uitgelok. AIhoewel naamlik elke volgende periode van die paradokse uit vorige periodes oorneem, vind daar telkens ook 'n sintese plaas waaruit dan weer nuwe paradokse ontwikkel en waardeur ook elke periode hom op 'n unieke wyse uitdruk. So vind ons in die 19de eeu dat die "Iineere" en die "skilderkunstige" in die werk van J.A.O. Ingres en E. Delacroix polariseer en nie opvolgende maar gelyktydige manifestasies is - en dit terwyl die skilders beide relatief "vlak" werk! Van 'n stylontwikkeling in die sin van die Renaissance na die Barok is daar in die 19de eeu gevolglik geen sprake nie, terwyl die teenstelling van "vlakheid en diepte" deur 'n meer rasionele houding teenoor die natuur verval. Trouens, ons kry in die 19de eeu met nuwe teenstellings te doen, 5005: "fantasie" en "werklikheid"; "vorm" en"betekenis"; en ten slotte ook met "styl" teenoor "struktuur". Wolfflin se veralgemening is waarskynlik juis die gevolg van die feit dat hy 'n knap formal is was. As sodanig wek sy raak tiperings van kunswerke slegs bewondering opt As teoretikus was hy egter "blind" vir die verskuiwings wat daar ook tussen "vorm" en "betekenis" in ons begrip plaasvind en was hy "eensydig" ondanks die tweeledigheid van sy begrippepare. Eintlik het Wolfflin sy begrippepare dus as logiese teenstellings behandel-wat hulle as visuele verwysings en as subjektiewe (simboliese) begripsvorme nie is nie. In 'n logiese teenstelling bly die proposisie behoue, ook in die ontkenning daarvan, terwyl dit in die paradoks of "oenskynlike teenstelling" van ons begrip as grondslag vir kreatiwiteit juis wei verander! Vir die kunshistoriese metode impliseer dit die noodsaak van 'n tweeledigheid en 'n wisselwerking as uitgangspunt, in plaas van 'n enkelvoudige gerigtheid op verandering. AANTEKENING 1. Herakleitos se "eenheid van teenstellings" is ook onderliggend aan Tao. B. Willes (1987: 65) stel in die verband "So yin and yang are not merely alternating rhythms of nature - they depend on one another. Each is the of the other. [...]. Applied to psychology, this condition implies a complementary, interdependent quality of the rational and intuitive faculties." LlTERATUURVERWYSING Berman, E. 1970. Art and artists in South Africa. Kaapstad: Balkema.. Nilant, F.E.G. 1974. Die hout-en linosnee van J.H. Pierneef. Kaapstad/Rotterdam: Balkema. St6rig, H.J. 1969. Geschiedenis van de filosofie. Oeel1. Utrecht/Antwerpen: Spectrum. Willes, B. 1987. The Tao of Art. Londen: Century-Hutchinson. W6lfflin, H. 1960. Stylbegrippen in de Kunstgeschiedenis. Utrecht/Antwerpen: Aula-boeken. (Oorspronklike titel: Kunstgeschichtliche Grundbegriffe). 13