HOOFSTUK III 'N PERSOONLIKHEIDSONTLEDING VAN CICERO

Similar documents
Teks van die Week: Psalm 77: 8 10, 12 13

AB BLOKFLUIT / RECORDER

Inhoudsopgawe. Met God in pas. Leef in God se liefde. Jesus se laaste opdrag. Bewerker van wonderdade. In donker tye. n Tyd vir stilword

Vier seisoene kind (Afrikaans Edition)

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

BASIC EMOTIONS IN TSHIVENDA: A COGNITIVE SEMANTIC ANALYSIS MATODZI REBECCA RAPHALALANI

Trying to conform? Livestock conditions a key world issue, says FAO. Men s Fashion. Women s Fashion

Konsepvraestel Sample Paper

O'REILLY. hulle het die fasiliteite om die band weer skoon te maak. We sent the tapes with regard to which no significant

I bruise easily, So be gentle when you re handle me

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

MAURIZIO MACHELLA Arranger, Interpreter, Publisher

AP - ORKESTE / ORCHESTRAS

AP - ORKESTE / ORCHESTRAS

THE HARMONISCHE SEELENLUST (1733) BY G.F. KAUFFMANN ( ): A CRITICAL STUDY OF HIS ORGAN REGISTRATION INDICATIONS. by Theodore Justin van Wyk

Category 5: Speech and Drama

Improvisation through Dalcrozeinspired activities in beginner student jazz ensembles: A hermeneutic phenomenology

INSTRUMENTAAL AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

INSTRUMENTAAL AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

Ondersoek vier verskillende style in musiek *

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

GRADE 12 LEARNER SUPPORT PROGRAMME

BRIL LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

9788 LATIN. 9788/03 Paper 3 (Unseen Translation), maximum raw mark 100

LUCIUS ANNAEUS FLORUS: 'N ANALISE VAN STRUKTURELE TEMAS 'N NUWE PERSPEKTIEF* deur Jan Scholtemeijer (Universiteit van die Noorde)

Die impak van mise-en-shot op die interpretasie van oudiobeskryfde film

Please note that not all pages are included. This is purposely done in order to protect our property and the work of our esteemed composers.

Departement Filosofie Universiteit van die Vrystaat Bloemfontein

DIE INTERPRETASIE VAN CHARLES E. IVES SE CONCORD SONATE VOLGENS SY ESSAYS BEFORE A SONATA

Navorsings- en oorsigartikels / Research and review articles

INSTRUMENTALE AFDELING INSTRUMENTAL SECTION

Woordfees 2018 Skrywersfees

Filosofie en die skrifkultuur 1

DIE ROL VAN DIE TAALWETENSKAP IN DIE ONTWIKKELING VAN DIE LITERATUURWETENSKAP

6 tenses. 6 tijden mix. Present Simple Past Simple Present Continuous Past Continuous Present Perfect Past Perfect

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 DRAMATIC ARTS

Taal as ingang tot die wêreld: reis, verbeelding, herinnering en identiteit na aanleiding van Breytenbach se A Veil of Footsteps

Theological Bibliography

HOOFSTUK 4 DIE IMPLEMENTERING VAN DIE KARIKATUUR IN DIE LITERATUUR

2 TONALITEIT AS RELATIEWE BEGRIP. 2.1 Inleiding

GRADE 12 SEPTEMBER 2014 DANCE STUDIES

n Ondersoek na die kunstenaarskap in Die swye van Mario Salviati binne die konteks van die magiese realisme

AX KOORFEES / CHOIR FESTIVALS

LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT

GCE Classics: Latin. Mark Scheme for June Unit F361: Latin Language. Advanced Subsidiary GCE. Oxford Cambridge and RSA Examinations

1988: 170). Die narratiewe verklaring verduidelik dan "hoekom" 'n situasie of 161).

Jean Mouton. (before ) Quis dabit oculis? This edition prepared for The Tallis Scholars. Gimell

KONFERENSIEVERSLAG : "TEN DENSE VAN TAGTIG; TEORIEE EN PRAKTYKE IN DIE KUNSGESKIEDENIS" (RGN, 7 OKTOBER 1989)

KEHS : GRADE 8 TEXT BOOKS 2017 NAME OF CHILD SUBJECT TEXT BOOK PRICE QTY AMOUNT INCLUDED

LAAT-STYL BY J. S. BACH EN BEETHOVEN AAN DIE HAND VAN DIE GOLDBERG EN DIABELLI VARIASIES ANNE FRANÇOISE LAMONT

KABARET AS SOSIALE EN POLITIEKE KOMMENTAAR: N ONTLEDING VAN DIE AANWENDING VAN DIE KOMIESE, SATIRE EN PARODIE

Redaksioneel Wat woorde beteken: n Voorwoord

Anderbereddering: Met Adorno by die hartslag van die postmoderne intellek

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Kees Schoonenbeek Arranger, Composer, Director, Publisher, Teacher

HIDDEN MARKOV MODELS FOR TOOL WEAR MONITORING IN TURNING OPERATIONS

GCE Classics: Latin. Mark Scheme for June Unit F361: Latin Language. Advanced Subsidiary GCE. Oxford Cambridge and RSA Examinations

Reflections on a Christian view of human communication

Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over

Kabaret in Suid-Afrika: Kabarett of Cabaret?

Die interpretasie en uitvoering van Stefans Grove se Afrika Hymnus 11

EKSAMENAFBAKENING GRAAD 4 - NOVEMBER x Tafels. Kwartaal 4

Die laaste skrywer binne die estetiese reaksie teen modemiteit waarby ek stilstaan, is die Franse

COLLABORATION IN SOUTH AFRICAN ENGINEERING RESEARCH. R. Sooryamoorthy

Wiskunde Geletterdheid Graad 11 Vraestelle En Memo

Die Eiland: 'n Distopiese Jeugroman (Eilandserie Book 1) (Afrikaans Edition) By Jen Minkman

AN RFBAND-WIOTH SWITCH FOR MULTIMEDIA TRANSMISSION

Monday 2 June 2014 Afternoon

MONUMENTE EN GEDENKTEKENS OP WEERMAGSTERREINE

Three Latin Prayers. Music by Christopher J. Hoh Traditional texts. Angele Dei prayer to the guardian angel

Nox, et tenebrae, et nubila confusa mundi et turbida, lux intrat, albescit polus, -Prudentius, Morning Hymn

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA /ES (GAUTENG AFDELING. PRETORIA)

Stars FILE 7 STARS KGT 2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

University of Pretoria Yearbook Total credits 480 Contact Prof AF Johnson +27 (0)

Joel Martinson (Choral score) Selah Publishing Co., Inc. Hn. J œ œ œ œ œ œ. j œ. 8 5 Choir: (Women or Men) for review only. ni- mi- pax.

Die karnavalisering van geskiedskrywing in die roman Sirkusboere. Marsha Bernely Luané Barnes BRNMAR063

Oor die Estetika van Kos en die Kookkuns 1

THE ROLE OF MUSIC, PERFORMING ARTISTS AND COMPOSERS IN GERMAN-CONTROLLED CONCENTRATION CAMPS AND GHETTOS DURING WORLD WAR II WILLEM ANDRE TOERIEN

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

DIE VERBAND TUSSEN AGGRESSIE EN HOUDING TEENOOR VERSKILLENDE MUSIEKGENRES BY STUDENTE. deur. Mianda Erasmus

GRAAD 12 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Stolen from his publisher s website with equal disregard to copyright law:

PARADIGMATIESE VERSKUIWINGS IN DIE SUID-AFRIKAANSE KUNSGESKIEDSKRYWING

SOSIO-POLITIEKE VERSET IN DIE AFRIKAANSE DRAMA

n Kritiese ondersoek na die funksie van biomusikologiese gegewens in Wilken Calitz se 2092: God van Klank

Breyten Breytenbach as openbare figuur

Laat waai met jou gawes

Bombardier BRAND IDENTITY GUIDELINES AT A GLANCE The Evolution of Mobility

vragen en ontkenningen

OORWEGINGS BY DIE REALISERING EN DOKUMENTERING VAN N DUET- OF DUO- ORRELTRANSKRIPSIE VAN FAURÉ SE REQUIEM (OP. 48)

GREY KOLLEGE SEKONDÊR 'N SUID-AFRIKAANSE PARALLELMEDIUMSKOOL VIR SEUNS AANSOEK OM TOELATING

Humor in kinderverhale in die tersiêre en intermediêre fases van taalonderwys

University of Cape Town

GRAAD 12 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12

Samenvatting door Sietske 3062 woorden 4 augustus keer beoordeeld. 3A The world of work

A JUST AND LIVELY IMAGE PERFORMANCE IN NEO-CLASSIC THEATRE CRITICISM AND THEORY

TEORETIESE BEGRONDING 'n Verkennende ondersoek oor nasionalisme met perspektiewe vanuit postkoloniale kritiek en Neo-Marxisme

Projeksie en die toepassing van die projeksiebeginsel

Transcription:

28 HOOFSTUK III 'N PERSOONLIKHEIDSONTLEDING VAN CICERO Anders as in die geval van Clodius beskik ons oor baie meer inligting oor Cicero, omdat lg. so prominent was as spreker, skrywer en staatsman. Ons meeste inligting kom uit Cicero se pen self. Selfs Cicero se toesprake in die hof, senaatsaal of forum is nie beperk tot onpersoonlike argumente en diskussies nie. Petersson beweer in hierdie verband soos volg: "In the case of Cicero even the most impersonal of his works are largely autobiographical." 1 'n Persoonlikheidsontleding van Cicero sal vir ons doel, beperk word tot sy verhouding met Clodius. Tog beweer Otto Seel tereg dat Cicero se persoonlikheid ook in 'n groat mate weerspieel word in sy stryd teen Catilina.2 Omdat ons oor soveel briewe en ander korrespondensie wat soms persoonlik van aard is, beskik, stel dit ons in staat om feitlik binne i n Cicero se hart te kyk. Omdat hierdie briewe nie bedoel was om gepubliseer te word nie, aanvaar ons dat Cicero hier geskryf het volgens oortuiging. Die kanaal wat Cicero gekies het tot politieke eer was die retoriek, maar dit was in 'n groot mate hierdie retoriek wat 'n vete met Clodius uitgelok het. 3 Quintilianus praat van Cicero as "vir bonus dicendi peritus, perfectus orator." 1. Op. cit. Petersson p. 2. 2. Otto Seel p. 8~. 3. Sien Hoofstuk IV.

Die feit dat Cicero as "nevus homo" die "cursus bonorum" betree het 4 moes 'n groot invloed op sy verhouding met Clodius wat van adellike geboorte was, gehad het. Cicero as "nevus homo" het besef dat die adel begerig was om hulle sirkel geslote te hou: "non idem licet mihi quod iis qui nobili genere nati sunt, quibus omnia populi Romani beneficia dormientibus deferentur." "Hulle behandel my" se hy, "quasi natura et genere disiuncti sint." 5 Uit hoofde van sy afkoms was dit hierdie "nevus homo" se ideaal om die hoogste sport te bereik en om bewondering te wek, vriende te werf en nie vyande nie. Omdat Cicero nie oor militere mag en roem beskik het nie, was sy saak des te moeiliker om toegang tot die "cursus honorum" te verkry. Boonop het Cicero nie altyd die erns van militere mag teen poltieke mag besef nie - miskien omdat hy self nie 'n militaris was nie. 29 Cicero sou blykbaar nie die stryd teen Clodius aangeknoop het, as dit nie vir laasgenoemde se afstootlike karakter was nie. Cicero, die vriend van kunste en vrede, is deur die toeval geplaas in een van die stormagtigste en moeilikste tydperke van die Romeinse geskiedenis - 'n tydperk waar Cicero vir homself as motto geneem het "otium cum dignitate" - twee ideale wat haas onmoontlik tydens rewolusies en anargie, waarin Clodius 'n voorbok was, verenig kon word. Volgens Boissier het Cicero sy "dignitas" opgeoffer t.w.v. "otium", 6 maar ons meet onthou dat hy later nie alleen "otium" opgeoffer het nie, maar selfs sy lewe t.w.v sy "dignitas". 4. Cf. Thompson p. 68; Havell p. 452; Dorey p. 2; L.R. Taylor p. 266. 5. Op. cit. Cic. De Officiis 2, 45; cf. Smith p. 25. 6. Cf. Boissier p. 224.

Cicero het gepoog om die politieke tradisie voort te sit en om die grondbeginsels van die optimates te verdedig nl. religiones; auspicia; potestas magistraturn; senatus auctoritas; leges; mos maiorum; iudicia; iurisdictio; fides; provinciae; socii; imperii laus; res militaris; aerarium." 7 Cicero se strewe na 'n ideale "res publica" was gebaseer op "concordia ordinum" onder die outoriteit van die senaat "which dominated his actions during his term of office and there after "concordia ordinum" was one of his favourite phrases." 8 Die volgende is vir Cicero belonings van 'n sertatoriale loopbaan: locus, auctori tas, domi splendor, apud externas nationes nomen et gratia, toga praetexta, sella curulis, insignia, fasces exercitus, imperia; provinciae."9 Volgens Cicero moes die proletariaat en besigheidsmanne hulle status handhaaf in die samelewing en die regering van Rome en die Ryk aan die optimates oorlaat: "This was in fact the essence of his 'concordia ordinum' and 'cum dignitate otium." 10 30 Vir Cicero het alles gedraai om die belang van die "res publica": "nam si, quum mihi furta, largitiones, libidines obiiciuntur, ego respondere soleo meis consiliis, periculis, laboribus patriam esse servatarn. Ego vero etiam rei pub licae semper interesse putavi me illius pulcherrimi facti, quod ex auctoritate senatus, cousensu bonorum omnium pro salute patriae gessissem, splendorem verbis dignitatemque retinere, praesertim quum mihi uni in hac re publica audiente populo Romano opera mea hanc urbem e t hanc rem publicam esse salvarn 7. Op. cit. Cic. Pro Sestio 46; cf. Ad. Fam. I 9, 21. 8. Op. cit. Haskell p. 136; cf. Strachan Davidson p. 165; Hammond p. 107. 9. Cf. Rawson p. 18. 10. Op. cit. Thompson p. 42; cf. Tyrell en Purser p. ~3.

iurato dicere fas fuisset."~ 1 "conservatorem patriae." 12 Hy het homself gesien as Telkens herinner hy sy toehoarders daaraan dat hy die staat gered het: " decrevit (senatus), ut omnes qui rem publicam salvam esse vellent ad me unum defendendum venirent, ostenditque nee stare potuisse rem publicam, si ego non fuissem, nee futuram esse ullam, si non redissem." 13 31 Die patriotisme van Cicero was bepaald die belangrikste rede vir die vete tussen hom en Clodius. Phili ppica gee Cicero vir ons sy ideaal waarvoor i.-:..y hele lewe lank geveg het: "defendi rem publicam adolescens, non deseram senex: non pertimescam tuos. In sy sy contempsi Catilinae gladios, Quin etiarn corpus libenter obtulerirn, si repraesentari morte mea libertas civitatis potest, ut aliquando dolor populi Romani pariat quod iamdiu parturit Duo modo haec opto, unum, ut moriens populum Romanurn liberum relinquam; hoc mihi maius a diis immortalibus dari nihil potest: alterum ut ita cuique eveniat ut de republica quisque mereatur." 14 Soos Balsdon ook tereg opmerk: "the republic which, with its traditions, Cicero loved as well as he loved l ~fe ~tsel." 15 D"t t h" d" a 1 1 d ~ was een ~er 1e 1 ea e wat C o ius gebots het en waarom hy in Cicero se o~ was. 'n bedreiging Cicero se dat enige een wat 'n vyand van die staat is, ook sy vyand is: ".. nemo his annis viginti rei publicae fuerit hostis, qui non bellum eodern tempore mihi quoque indixerit." 16 11. Op. cit. Cic. De Domo Sua 35. 12. Cf. Cic. De Haruspicum Res pons is 27. ~3. Op. cit. Cic. De Domo Sua 28; cf. Cic. De Domo Sua 24; In Pisonem 22; De l-iar. Resp. 2. 14. Op. cit. Cic. Philippica II 46. 15. Op. cit. Balsdon p. 185. 16. Op. cit. Cic. Phil. II 1.

Laat ons enkele voorbeelde gee waar Clodius se dade 'n aanslag was op Cicero se "res publica": 32 Nadat Cicero 'n opsomrning van al Clodius se wandade gegee het, se hy: "Infinita sunt scelera, quae ab illo in patriam sunt edita." 17 Clodius se omkopery tydens die Bona Deaverhoor laat Cicero tot die volgende gevolgtrekking kom: "exagi ta'tus senatus, alienati equi tes Romani quod erat 'qui ob rem iudicandam'. Sic ille annus duo firmamenta rei publicae per me unum constituta evertit; nam et senatus auctoritatem abiecit et ordinum concordiam disiunxit."18 Hierdie omkopery was ook 'n bedreiging vir Cicero se prestige wat hy deur sy konsulaat opgebou het: "auctoritate consulatus mei fixus et fundatus videbatur, elapsum scito esse de manibus uno hoc iudicio... " 19 Cicero sien sy getuienis tydens die Bona Deaverhoor as 'n daad terwille van die staat; "fabula Clodiana, in qua ego, nactus, ut mihi videbar, locum resecandae libidinis et coercendae iuventutis, vehemens flavi et omnis profudi.viris animi atque ingeni mei, non odio adductus alicuius sed spe corrigendae sed sanandae civitatis." 20 Netsoos Lentulus en Catilina is Clodius deur omkopery vrygelaat as vyand van die staat: "hunc tertium iam esse a iudicibus in rem publicam imrnissum." 21 Ook was Cicero se verdediging van Milo gebaseer op sy standpunt d a t Milo se daad "pro re publica" was. Toe Cicero hoor van Clodius se plan om tribuun te word, is hy aanvanklik nie bekomrnerd nie, want hy roem nog op die sukses van sy konsulaat, maar hy het darem die "res publica" in gedagte as hy skryf: neque magno ~ 7. Op. cit. Cic. De Har. Re s p. 27; cf. 28; cf. Cic. Pro Se stio.19. 18. Op. cit. Cic. Ad At t. I 18, 3; cf. Ad. Att. 1. 19.6; 1. 17. 8. 19. Op. cit. Cic. l'~ t t. I 16,6. 20. Op. cit. Cic. At:t. I 18, 2. 21. Op. cit. Cic. Att. I 16, 9.

opere dixi esse nobis laborandum, quod nihilo magis ei liciturum esset plebeis rem publicam perdere quam simi- 1 ibus eius me consu 1 e pa t r1c11s... esse t 1. t " 22 lcl urn. Cicero in sy daaropvolgende briewe aan Atticus spot selfs met Clodius se "transitio ad plebem" en hy is vol vertroue dat hy hom teen Clodius sal verdedig", 23 en hy hoop dat sy "patria" agter hom sal staan: "patria propitia sit", 23 want hy het reeds baie gedoen vir die staat: "habet a nobis, etiam si non plus quam debitum est, plus certe quam postulatum est." 23 Wanneer Cicero hoor dat Clodius tribuun geword het, sien hy Clodius se doel daarmee: "ut everteret civitatem." 24 33 Hoe groter Clodius se vyandskap teen Cicero groei, des te meer wanhoop Cicero oor die "res publica": publica nihil desperatius, 11s quorum opera nihil "re maiore odio", 25 maar Cicero maak nog staat op die goeie wil van die volk: "nos, ut opinio et spes et coniectura nostra fert, firmissima benevolentia hominum muniti sumus~" 25 Volgens Cicero was die eintlike rede vir sy verlating van Rome voordat hy offisieel verban is, nie uit vrees vir Clodius nie, nie deur 'n skuldgevoel nie, nie omdat hy nie beskerm is nie, nie dat hy bang vir die dood was nie, 26 maar dat "me vidisse, si vicissem, tenues rei publicae reliquias, si victus essem, nullas futuras... remque publicam ronciderp. unius discessu quam omnium interitu occidere malui." 27 Cicero het gehoop dat hy weer met die hulp van "vivis viris for- 28 tibus" sou terugkeer. 22. Op. cit. Cic. Att. II 1' 5; cf. 23. Cf. Cic. Att. II, 9, 3. 24. Op. cit. Cic. De Demo Sua 13. 25. Op. cit. Cic. Att. II, 25, 2. 26. Cf. Cic. De Domo Sua 35. 27. Op. cit. Ibid. 36; cf. Cic. Pro seram... rei publicae". 28. Cf. Cic. Pro Sestio 20. 12, 1. Sestio 30: "Ce s-

Die onderdrukking van die republiek tydens sy verbanning word deur Cicero toegeskryf aan Clodius en die konsuls Gabinius en Piso: "An, boni civitatem esse incolumem toties iudicassent, oppressam taeterrimo latrocinio cum duobus sceleratissimis consulibus rem publicam teneres, domum eius, qui patriam a se servatam perire suo nomine noluisset, per pontificem aliquem dedicasses, posset recreata res publica sustinere?" 29 34 Clodius se skending van die godsdiens word ook as 'n aanslag op die rus en vrede van die "res publica" gesien: "tu, procella patriae, turbo ac tempestas pacis atque otii, quod in naufragio rei publicae tenebris offusis, demerso populo Romano, everso atque eiecto senatu, dirueris, aedificaris, religione ornni violata religionis t t 1130 amen nom1ne con am1nar1s.. Cicero is 'n voorstaander van "concordia": "Sit discordiarum finis aliquando; a diuturnis dissensionibus conquiescamus," 31 maar Clodius veroorsaak slegs "discordia": "Tollatur haec e civitate discordia." 31 0~ wanneer Cicero die wens uitspreek dat geskille beeindig moet word, s~ hy die volgende van Clodius: "Non sinit 31 eadem ista labes." Clodius word selfs, volgens Cicero, gesterk in sy kwaad deur die getwis van die "optimates"; "Videtis igitur hominem. perniciosis optimatium disd 11s.. exc1 't ar1.... cor 32 Clodius, die prins van die bendes, is vir Cicero 'n vyand van vreedsame regering: "cui salus esse in otio 29. Op. cit. Cic. De Domo Sua 47. 30. Op. cit. Ibid. 53; cf. Cic. Pro. Sest. 7; Cic. De Prov. Cons. 10. 31. Op. cit. Cic. De Har. Resp. 2') Lo t cf. De Resp. 1, 32. 45. Op. cit. Cic. De Har. Resp. 24.

nulla posset" 33 en ook "Hanc" isturn (Clodium) otii et pacis hostem " 33 Vi r Cicero self bestaan daar egter " spes o t' 11 e t concor d' 1ae. " 34 " Ot1'um" het ver- dwyn tydens Cicero se verbanning, so ook die "dignitas"; "in republica ab aliis oppressa, ab aliis deserta, ab aliis prodita." 35 Cicero sien Clodius se dade nie uit haat vir hom (Cic.) self nie, maar "odio severitatis, odio dignitatis, odio rei publicae" 36 en "Quod mihi odium cum P. Clodio fuit, nisi quod perni Ciosum patriae civem fore putabam, qui turpissima libidine incensus duas res sanctissimas religionem et pudicitiam uno scelere violasset." 37 Cicero se optrede teen Clodius is in belang van die Staat: "ego in illo oppugnando rei publicae plus quam otio meo." 37 35 Die vete tussen Cicero en Clodius het gewoed in die skaduwee van die Triumviraat. Daarom moet ons kyk wat Cicero se verhouding met hierdie liggaam was. Die Triumviraat was deeglik bewus van Cicero se politieke status en waarde. 38 Daarom het die lede van die Triumviraat pogings aangewend om Cicero se steun, samewerking en guns te wen. Cicero het egter besef dat 'n alliansie met hierdie liggaam 'n skending van sy politieke ide ale sou beteken, alhoewel hy sekere voordele daarin sien. 39 Rawson beweer dat Cicero geglo het dat die goeie gesindheid van Pompeius en Caesar hom teen Clodius sou beveilig,40 maar in sy Pro Sestio erken Cicero dat Clodius se dade teen hom geskied het met die goedkeuring van T.. t 41 r1umv1raa. 33. Op. cit. Cic. De Domo Sua 5. 34. Cf. Cic. De Domo Sua 6. 35. Op. cit. Cic. De Domo Sua 1. 36. Op. cit. Cic. De Har. Resp. 3; Cf. 22. 37. Op. cit. Cic. De Prov. Cons. 10. 38. Cf. Rawson p. 131. 39. Cf. Cic. Att. II 3, 4; cf. Thompson p. 70; Dorey p. 15; cf. Smith 214 en 1~2; Heitland p. 123. 40. Cf. Rawson p. 135; cf. Cic. Att. II 19, 4. 41. Cf. Cic. Pro Sestio 17.

Aanvanklik vlys Cicero die aanbiedinge van die Triumviraat van die hand. aan op sy personeel: So bied Caesar vir Cicero 'n pos 36 ncaesar me sibi vult esse legatum." Cicero se reaksie is: "puqnare malo" want "certi sumus perisse omnia." 42 Cicero troos homself nog met die versekering dat Pompeius aan sy kant is: "Pompeius adfirma.t.non esse periculum, adiurat: addit etiam se pruis l t 11 li 3 K t d occisum iri ab eo quam me Vlo a urn lrl. or aarna erken hy weer: alles verwoes: "Tota periit" want die Triumviraat het "nam iracundiam atque intemperantiam illorum sumus experti, qui Catoni irati omnia perdiderunt."44 Weldra moes hy egter boet vir sy lojaliteit teenoor die konstitisionele saak 1 want dit het tot gevolg gehad dat die Triumviraat vrye teuels gegee het aan Clodius in sy vete teen Cicero. Sy versoeke tot Pompeius om hulp is tevergeefs beantwoord deur beloftes: "mihi periculosum est, credere". 45 Daarbenewens het Cicero besef dat 'n voorwaarde vir sy "concordia ordinum" 'n rekonsiliasie tussen die burgerlike en militere magte sou vereis. Om dit te bewerkstellig moes hy die hulp en goedgesindheid van Pompeius verseker. Dit lyk asof Cice ro se vertroue in Pompeius gekombineer het met sy eie ydelheid wat gegroei het uit sy sukses as konsul en dit het aan hom 'n wanindruk gegee van sy eie politieke posisie. Sy grootste fout in hierdie verband was seker dat hy te veel vertroue in Pompeius gestel het, en boonop blykbaar onder die wanindruk verkeer het dat Pompeius die leier van die koalisie was en nie Caesar nie. Omdat Pompeius later self deur Clodius se geweld en aanslae bedreig is, het hy sy neutrale houding teenoor Cicero betreur en was hy 42. Op. cit. Cic. Att. II ~9, 5; cf. Peters son P 304. 43. Op. cit. Ibid. 20, 2. 44. Op. cit. Ibid. 211 1. 45. Op. ci.t. Ibid. 211 6.

grootliks verantwoordelik vir Cicero se terugroeping uit ballingskap. 37 Met die vernuwing van die bande tussen die lede van 46 die Triumviraat tydens die konferensie te Luca, het Cicero se nuutverworwe verwagtinge wat hy net na sy terugkeer uit ballingskap begin koester het, aan skerwe ~ gespat en besluit hy om hom by die Triumviraat te skaar: "finis sit quoniam qui nihil possunt ii me nolunt amare, demus operam ut ab iis qui possunt diligamur." 47 Rawson voer die volgende redes aan vir Cicero se besluit: "His debt to Pompey and to Caesar for his recall was too deep, his disillusion with the optimates, some of whom were now backing Clodius against Pompey, was too great, the experience of his exile, with continuing fear of ~lodius, was too traumatic." 48 Hierdie besluit was egter vir Cicero 'n bitter pil om te sluk. 49 Cicero het nooit soos Clodius staatgemaak op geweld nie: "At every stage of his existence he hated it because it was repugnant to his temperament." 50 Reeds tydens sy konsulaat laat Cicero al blyk dat hy teen geweld is as hy se dat indien iemand van mening is dat hy sy amp kan verkry deur geweld of rewolusie, hy dit maar kan vergeet solank Cicero konsul is. In een van sy briewe erken hy dit self en noem in die plek daarvan sy wapens: "Non enim i n rebus pugnabamus quibus valere possumus, consilio, auctoritate, causa, quae erant in nobi.s superiora, sed lacertis et viribus, quibus pares 51 non eramus." Cicero het eintlik volgens Livius 'n afkeur in oorlog gehad: "Cicero in castris remansit, 46. Cf. Dorey p. ~ 7; Havell p. 507. 47. Op. cit. Cic. Att. IV 5, 3; cf. Att. IV 6, ~-2. 48. Op. cit. Rawson p. 129; cf. Thompson p. 70; cf. Peters son p. 332. 49. Cf. Haskell 208; Havell 507. 50. Op. cit. Carcopino p. 255; cf. Peters son P 222. 51. Op. cit. Cic. Ad. Fam. IV 7, 2.

vir nihil minus quam ad bella natus." Cicero erken self hierdie gebrek as hy skryf: 38 "Si quisquam est timidus in magnis periculosisque rebus, is ego sum et si hoc vitium 52 est eo me non carere confiteor." Hoewel Cicero self nie geweld gebruik nie, gee hy tydens sy verdediging van Milo toe dat geweld gebruik moet word as 'n vorm van selfverdediging: "... certe illud est non modo iustum verum etiam necessarium, cum vi vis inla~a defenditur." 53 In teorie verafsku Cicero stedelike geweld as hy skryf: "Vis abesto nihil est enim... tam contrarium iuri ac legibus, nihil minus civile et inhumanius, quam composita et constituta republica quicquam agi per vim." 54 Blykbaar was dit uit vrees vir geweld dat Cicero tydens sy verdediging van Milo ontsenu is: " the sight of the soldiers with whom Pompey had filled the forum and the angry shouts of the Clodians so unnerved him, that his speech was a failure." 55 Maar Cicero was darem nie altyd 'n lafaard in hierdie verband nie, want hy was een van die ex-konsuls wat die klipgooiery van Clodius se bendes getrotseer het om'n belangrike vergadering i.v.m. die voedselsituasie in die senaat op 7 September in 56 57 v.c. by te woon. Volgens Smith is Cicero se hoofargument in sy Pro Sestio dat Clodius in 58 deur geweld en intimidasie konstitisionele regering onmoontlik 57 gemaak het. Volgens Allcroft het Cicero een onvergeeflike gebrek gehad nl. dat hy nooit erkentlik was teenoor sy foute nie: "It was probably this self-righteousness 52. Op. cit. Cic. Ad. Fam. VI l4, 1. 53. 54. Op. cit. Cic. Pro Milone 4; cf. Carcopino p. 263. Op. cit. Cic. Leg. III 42; cf. Pro Milone 5. 55. Op. cit. Petersson p. 336 ; cf. Strachan Davidson p. 288; Dorey p. 197; Vide p. 56. Cf. Cic. Att. IV l, 6. 57. Cf. Smith p. 171.

which discouraged his friends from saving him from Clodius." 58 Cicero was nooit hebsugtig of gierig nie en hy het hom nooit skuldig gemaak aan "ambitus" soos sy "inimicus" Clodius nie. Cicero. wa t deeglik beindruk was met Rome se verlede, se konse:rwat iewe beskouinge het direk gebots met Clodius se oppervlakkige gesindheid waar slegs sy eie gewin eerste prioritei~ geniet het. Cicero verteenwoordig die ou orde en Clodius se gedrag is tiperend van die bandelose gees van sy tyd. 39 Cicero se optrede toon duidelik dat hy oor die vermoe beskik het om sy opponent se swak punte te beklemtoon en dit uit te buit ten aanhore van sy toehoorders. beklemtoon hy telkens Clodius se heiligskennis, bloedskande, omkopery, wetteloosheid en geweld. 59 'n Voorliefde vir geld en mag, wat tot soveel sosiale konflikte gelei het, het Cicero nie juis beindruk nie hoogste eerzucht was't niet om groote rykdo~~e So "Zijn te versamelen of te heerschen over zijn gelijken, maar om bewonderd te worden." 6 Cicero skryf self: "me ambitio quae d am a d h onorum s t u d 1um..... d ux1 ' t. "61 Die magtigste wapen van Cicero was sy tong en dis met hierdie wapen waarmee hy die ewige haat van Clodius vir homself op die hals gehaal het: "he could never control his tongue and he lacked, many may have felt - the gravitas proper to a l e ader of the state." 62 Dit is ook geen wonder dat Clodius se we duwee, toe sy die afgekapte hoof van Cicero ontvang het, 'n haarnaald deur hierdie giftige tong gedruk het nie. 63 58. Op. cit. Allcroft p. 260. 59. Cf. Cic. De Ha rus picum Resp. 20, 21; Cic. Pro Sestio 12, 17, 3 5. 60. Op. cit. Ferrero p. 305 ; c f. Boissier p. 38. 61. Op. cit. Cic. Att. I 1 7, 5. 62. Op. cit. Rawson p. 91. 63. Cf. Duruy _III p. 452.

Waar Cicero die hoogste waarde geheg het aan die godsdiens, in so 'n mate dat hy sy terugkeer gesien het as 'n daad van die gode: "Denique ipsi dii inrrnortales, qui hanc urbern atque hoc imperium tuentur ut esset omnibus gentibus posteritatique perspicium divino me numine esse rei publicae redditum, idcirco mihi videntur fructum ipsurn reditus et gratulationis meae <;ld suorurn sacerdotum potestatem iudiciumque revocavisse';, 64 het Clodius van 'n skyngodsdiens gebruik gemaak om sy doel te bereik: "Etenim illos (deos) eo scelere violavit quo u 65 T l b d t c Cl d' nerno antea. ay or eweer a 1cero en o 1us "rivals in piety" was. 66 40 Uit liefde vir sy vaderland poog Cicero om wetsgehoorsaam t.e wees in vergelyking met Clodi.us se wetteloosheid. Cicero beweer dat "Clodium esse qui contra leges faceret." 67 In sy stryd teen Clodius toon Cicero politieke eerlikheid en daar is nooit enige sprake van geweld of omkopery nie. Daar was wel tye waarop Cicero homself skuldig gemaak het aan politieke lafhartigheid: terwyl sake nog gunstig verloop het t.o.v. Clodius se verhoor in die Bona Dea-saak, volg een op die ander brief aan Atticus, maar toe sake teen Cicero se verwagting begin verloop, en Clodius vrygespreek woid, het Cicero nie die moed om die nuus aan Atticus oor te dra nie. Hy troos hornself egter dat die hele aangeleentheid sy politieke posisie versterk het. 68 64. Op. cit. Cic. De Domo Sua 56; cf. De Har. Resp. 28. 65. Op. cit. Cic. De Har. Resp. 3; cf. De Domo Sua 42, - 48, 51 et. 66. Cf. L. R. Taylor p. 87; cf. Seel P 88; De Har. Resp. 27. 67. Op. cit. Cic. De Domo Sua 18. 68. Cf. Cic. Att. I 16, 9 en 11; Dorey P 197.

Cicero se verbanning het ook 'n groot invloed op sy lewensbeskouing gehad. Voor sy verbanning onderskei Cicero tussen goeie "populares" wat die senaat se bel egtes wat emagoe 1s, maar na. d.... 69 lange behartig en s sy verbanning wat deur 'n volkstribune veroorsaak was, is feitlik alle "populares:--vir hom slegte mense. 70 Thompson beweer dat Cicero die "populares " dan.. "turbulenti; seditiosi; improbi; audaces; ciosi; leves; male natura constituti." 71 beskryf as: mali; perni As ons Cicero se siening van Clodius in al sy korrespondensie en toesprake bestudeer, lyk dit asof Clodius aan alle bogenoemde beskrywings beantwoord. Cicero was deeglik bewus van die bloedige anargie en gevare wat op hom gewag het, daarom het hy seker gemaak dat hy wys moes optree na sy ve rbanning om te verhoed dat hy die risiko sou loop om weer verban te word. Cicero se verbanning het hom ontmoedig t.o.v. sy ideale. toon. Sy verbanning het sy onmisbaarheid in Rome b ekle m Cicero glo dat sy verbanning sekere wonde in die "res publica" veroorsaak het as hy skryf: 11 meus discessus rei publicae vulnera inflixit", 72 want die senaat, geregshowe en die forum het feitlik die hele jaar geswyg. Cicero glo dat Rome uit sy fondamente geruk is om hom te verwelkom. 73 Hy sien sy vertrek as die begrafnis van die Republiek: "Mihi i.psi omnino perhonori- 74 ficum (est) discessum meum funus dici rei publicae." Hy skryf ook van sy dag van vertrek as "mihi funestus fuit, omnibus bonis luctuosus.n 74 Tog erken hy dat hy 69. Cf. Cicero Leg. Agr. 1, 23 ; 2, 7-10; Pro Rab 11-15; In Cat. 4, 9. 70. Cf. Cic. Pro Sest. 67; cf. Yavets p. 53. 71. Cf. Thompson p. 44. 72. 73. Op. cit. Cic. In Pis. 14. Cf. Cic. In Pis. 22. 74. Op. cit. Cic. De Prov. Cons. 19; cf. Cic. Pro Sestio 12.

deur sy vertrek d i e Republiek gered het: " Servavi igi- - 75 tur rem publicam discessu meo,"j en hy voer die volgende redes hiervoor aan: "caedem a vobis liberisque vestris, vastitatem, incendia, tapinas meo dolore luctuque de... pu 1. -"75 l. 42 Om te verhoed dat hy as 'n l afaard beskou word, " voeg Cicero by dat hy Rome verlaat het uit liefde vir sy vaderland: ".. furori hominis, sceleri, perfidiae, telis minisque cessisse m, patriamque, quae mihi erat carissima, propter ipsius patriae caritatem reliquissem." 76 Cicero glo ook dat hy met sy verbanning sy straf uitgedien het: "Equidem i am perfunctus sum; nullam vim, nullum i mpetum metuo explevi animas invidorum; placavi odia improborum; saturavi etiam perfidiam et scelus proditorum." 77 Cicero was dus nou oortuig daarvan dat hy met rus gelaat sou word. Clodius se optrede wat gelei het tot Cicero se verbanning het lg. se grootste ambisie nl. om bewonder te word 'n geweldige knou toegedien, want die prestige wat Cice ro as konsul en as spreker opgebou het, het nou aansienlik gedaal: "hoc confirmo, neque t antis bonis esse privatum quemquam neque in tantas miserias incidisse... desidero enim non mea solum neque meos sed me ipsum.n 78 Cicero se politieke masjien wou nooit glad loop nie omdat hy dit wou laat werk het in 'n tydperk toe die meeste politici gedryf is deur motiewe wat van selfsug spreek en politieke mag gerus het op die mag van 75. Op. cit. Cic. Pro Sest. 22. 76. Op. cit. Cic. Pro Sest. 2 4. 77. Op. cit. Ci c. De Domo Su a 17. 78. Op. cit. Cic. At t. III 151 2.

43 die swaard. Sy hoofdoel was om die Republiek te bewaar teen die oorheersing van manne wat metodes sou gebruik en ambisies sou nas-treef wat miskien di t waarin hy geglo het, kon verwoes. Hy het grootliks gestaan vir die behoud van reg op besittings (iets wat Clodius geminag het), die gesag van die wet teenoor Clodius se wetteloosheid, en die vrye werking Villl die Republikeinse instellings; hy was gekant teen "dominatio" hetsy van een man of 'n groep mense. Volgens Stockton 79 was Cicero soms vermetel en roekeloos weens sy groot selfvertroue en 'n geloof in sy eie status wat hom nooit lank ontgaan het nie. Hierdie karaktertrek het Cicero gevaarlik gemaak vir homself en vir sy opponente. Cicero, die mededinger van Catilina, die slagoffer van Clodius en die speelbal van Caesar moes weemoedig toekyk hoedat die ligte op pad na sy ideale vir 'n Republiek een vir een uitgedoof word. Volgens Boissier het Cicero nooit die grootste erns van gevaar besef nie - in die swartste dae het hy altyd vir Catilina, Caesar en Clodius beskuldig en hy was van mening dat 'n corwinning oor hierdie drie persone die redmiddel vir alles sou wees. 8 Cicero se vermoede was nie heeltemaal korrek nie, want Catilina en Clodius was maar net die simbool van 'n dieper kwaad wat nie genees kon word nie. Tog was Cicero, ten spyte van die ernstige krisis waarin die Res publica verkeer het, bereid om dit tot die laaste te verdedig. 79. Cf. Stockton p. l67. 80. Cf. Boissier p. 67.